Hierdie is maar net 'n simtoon van 'n moerse probleem in Suid Afrika. My hobby is om ou bikes op te koop; reg te maak en te ry. Die pryse van parte hier is belaglik; soveel so dat; as ek van plaaslikke verskaffers moes afhanklik wees (nuut en tweede hands), dan sou ek nie die stokpertjie kon beoefen nie. Ek was gevorseer om oorsee na parte te gaan soek. Vir my BMW koop ek my parte in Engeland. Vir my Goldwing, is Amerika weer die plek waar ek koop. In alle gevalle, betaal ek ongeveer een derde van die prys wat hulle hier wil he en dit sluit posgeld/koerier en invoer belasting in.
Dit is nie dat ek anti die SA mark is nie maar; ek het 'n eenvoudige keuse: koop oorsee en kry die bikes aan die gang teen 'n prys wat ek kan bekostig, of loop met die voete. En, dan is die oorseese part boonop nog gewaarborg! Dit is nie altyd iets wat jy van SA tweede handse parte kry nie.
Nog 'n voorbeeld: Soek bullet cam. Kyk spec's en lees toetse op Internet. Besluit op 'package'. In SA; kos die ding na aan R3000.00; en dan moet jy die 'mounting hardware' by koop. Kyk op e-Bay: no name brand; met presies dieselfde spesifikasies; selfde parte; kos R471.00; pos ingesluit. Nee jirre man!
En as die ding breek? Dan kan ek nog 5 vir die prys van die SA prys koop. After all; dis nie brieke nie, maar 'n 'nice to have'.
Moenie dat ek van SA diens begin praat nie .....