Dag 3 - Clarens - Lady Grey 350km (150km Teer

)
Word wakker in 'n yskoue Clarens en is niks lus om uit die luuksheid van elektriese kombers en dik lae beddegoed te klim nie. Eventueel kom ek aan die gang en begin bike pak. Die HP vol ryp en ek stoot hom in die son om darem die sitplek te ontvries.... Alles gepak en reg om te ry, maar al wat die starter se is kliek-kliek-kliek. Stoot die bike teen bult op en dan af teen steil hoofstraat in rigting van grootpad. Miskien sal hy runstart?? Nee wat, die kompressie is te hoog en ek haal so paar kilos van die TKC 80's af wat nuut was by my vertrek uit Nelspruit. Stop by petrolpomp en maak vol, probeer my gedagtes orden. Fiets het gister so gemaak in Memel na petrolstop, maar direk daarna maklik gevat.... Bel DWERG (ek's bietjie gestremd as dit by die dinge kom). "Dis die battery" dink DWERG. Vra uit by vulstasie of iemand sal help jumpstart? "Ja" se die dame, maar dan moet ek eers jumper kabels by haar koop.

R140 en ry die goed hele trip in my rugsakkie saam.
Op hierdie stadum sal dit dalk goed wees om te noem dat die enigste gereedskap wat ek saamgebring het, die skroewedraaier onder die HP se sitplek is, MAAR die probleem is ek het nie 'n skroewedraaier om die skroef te verwyder om die sitplek te verwyder nie.......

Vorige eienaar het die Torx skroefie met gewone "slotted" skroefie vervang. EK het darem 'n tyre repair kit in baadjie se sak wat ek nooit nodig gehad het nie....... In my defence moet ek darem noem dat in 14 jaar van BMW's ry, het ek nog nooit iets anders as tyre repair kit (en jumper cables) nodig gehad nie.
Hierdie trip was egter my eerste ordentelike DS trip een dinge sou bietjie anders uitwerk...Klein lessies, ek sal nooit weer sonder die basiese tools en cableties en ductape erens heen toer nie!!!
Jump die bike en ry terug in dorp in om sleutels van slaapplek terug te gee. Ek bel rond vir battery, ek gaan nou afgelee plekke ry van hier af en kan nie vasbrand nie?? Na 'n uur op telefoon besluit ek @$%&* dit, ek ry!! Vat teer tot in Fouriesburg. Drink daar koffie en besluit as die bike dadelik vat ry ek verder, anders sal ek my planne moet heroorweeg. Bel huis toe en mis my vrou toe ek haar stem hoor. Kinders mis my en ek vir hulle. Vir oomblik oorweeg ek om die handdoek in te gooi en Nelspruit toe te ry, maar kom gelukkig tot my sinne. Dis nie elke dag wat ek 'n week vir myself het op die bike nie. Ek het nou al 3 ure verloor en besluit om teerlangs tot op Ladybrand te ry. Wat 'n marteling om teen 120km/h op 'n HP2 sonder 'n screen te ry......

Nie vir die laaste keer op die trip ry ek sonder enige nommerplaat of lisensieskyf deur 'n padblokkade sonder om gestop te word.
Gooi petrol op Ladybrand en 'n spietkop stop reg agter my, ek sweer hy gaan my nou kom aanvat oor my afwesigheid van identifikasie op die bike, maar niks?? Telkens op die trip het hulle nie 'n saak gehad met my nie en ek begin later bietjie afgeskeep voel.....Die bike start weer maklik op Ladybrand en ek voel veilig om weer van die teer af te klim en ry fantastiese paaie langs Caledonsrivier teen Lesotho tot by Hobhouse.