Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Livinstone Lite - Botswana 2014  (Read 6207 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline alwyn_gs

  • Gelände/Strasse - Knight in White Satin (R1200GSA LC)
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,078
  • Thanked: 196 times
  • With my loving wife, Michelle - let's do this!!
Livinstone Lite - Botswana 2014
« on: November 03, 2014, 09:22:45 pm »
Cor van der Merwe, is die skrywer van die artikel... dankie Cor! Gaan net die fotos bysit...

Geinspireer deur die ontdekkings reise van die legendariese avonturier en ontdekkings reisiger David Livingstone is daar besluit om in self ‘n avontuur van ons eie aan te pak. En so het die idee ontwikkel om die Makgadikgadi Panne van Botswana sélf te gaan ontdek. Doelwitte wat gestel is, was om die son te sien sak en om die sonsopkoms te beleef by Kubu- en Kukonje Eilande onderskeidelik...

Die Roete

Roetes is uitgewerk, akkomodasie bespreek (waar moontlik), verlof uitgesorteer (ongelukkig kon Tiaan, wat een van die meesterbreine agter die idee van die trip was, nie verlof kry nie) en begrotings is gefinaliseer met die klem daarop dat dié ‘n “budget trip” gaan wees.

Die idee het ‘n werklikheid geword op 23 Augustus 2014 om 06h15 toe vier van ons (Alwyn, Cor, Dicky en Stry) by die Shell garage by Atterbury bymekaar gekom het.  Daar is koffie gedrink, mekaar se fietse is uit gekyk om te sien hoe daar gepak is en toe word daar weg gespring aan ons eie ontdekkings reis na die Noorde.



 Ons het vir Wesley naby Warmbad gekry om die toergeselskap volledig te maak. Daai pad Warmbad toe was vrek koud gewees en niemand van ons was voorbereid daarvoor nie. Wie gaan nou inners en termiese klere aantrek as jy oppad na die Noorde toe is?!

Alwyn - En baba’s bly my volg…



Die mikpunt vir Dag 1 was om so gou as moontlik oor die grens te kom, maar ons moes natuurlik eers die “mojo” aan die gang kry, soos die GS Cappie sê, en so is Poer se Loop aangepak tussen Nylstroom en Vaalwater.


Livinstone Lite 2014 ;vlnr Spietkop, Wes, Cor, Alwyn, Stry

Dit was ‘n heerlike stukkie grondpad met iets van als: van twee spoor tot dik sand (op daai stadium van die trip was dit dik sand) tot gravel highways met baie mooi uitsigte daarby.





Dicky het een van sy panniers se brackets gebuig, maar dit is vinnig reg gemaak tydens middagete in Ellisras. Die laase entjie grenspos toe is aangepak en die grens is oor gegaan by Martins Drif. Dit was sonder enige problem.


 En ons het ons self ingeboek by die Kwanokeng Lodge ‘n paar honderd meter van die grenspos af. Nadat die tente opgeslaan is het ons na die seekoeie in die Limpopo rivier gekyk terwyl die son sak oor Afrika.


Wies bang…?!



Die Bos TV…
« Last Edit: November 04, 2014, 01:15:15 pm by alwyn_gs »
RR:Sani 2013, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=131550.0, Honeymoon 2014 http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=153612.0
Livinstone Lite 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=162532.0, Om Lesotho 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=168999.0
Skoeters : Knight in White Satin (R1200GSA LC), Military Fuel Tanker (R1200GSA AC 142 690km - decommisioned)
G650XMoto, G650XCountry-pilotted by Michelle
 

Offline Brandt

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,496
  • Thanked: 1 times
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #1 on: November 03, 2014, 09:36:43 pm »
Sub :thumleft:
 

Offline alwyn_gs

  • Gelände/Strasse - Knight in White Satin (R1200GSA LC)
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,078
  • Thanked: 196 times
  • With my loving wife, Michelle - let's do this!!
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #2 on: November 03, 2014, 09:45:43 pm »
Daar is vroeg opgestaan die volgende oggend. Ys is af geskud van die tente (is daar al genoem dat ons “voorbereid” was vir die koue in die Noorde), gasstofies is uitgehaal om koffie te maak, ontbyt wat gewissel het van Instant Oats tot Bully Beef en 2 Minute Noodles (om die fietse ligter te maak), is geëet, en so het die tweede dag begin.


Voor sonop…

Die eindbestemming vir die tweede dag was Kukonje Eiland aan die Ooste kant van die Sua Pan. Ons het teerpad gery deur Palapye, Serowe, Mmashoro tot by Letlhakane waar ons vir oulaas die petrol tenks vol gemaak het.  


Gretig opsoek na grond in Botswana

Ons het gevriesde Rump Steaks by die plaaslike Supermark gekry en toe die laaste ent Kukonje toe aangepak. Ons het van Letlhakane in spanning gewag vir die grondpaaie om te begin, want teen daai tyd was die boude lam gesit op die teerpaaie. Net Suid van die Ntsokotse Pan het ons op die grondpaaie geklim.  Die pad was baie mooi met hier en daar ‘n sand kolletjie.

FINALLY!!!


Oeps…

Ons het weer aangesluit by die A30 teerpad waarop ons skaars ‘n paar kilometres gery het waarna ons Noord gedraai het. Ons kon ‘n koue Coke weg sluk by die plaaslike sjebeen en daarna het die pret begin…


Gravel highways (Alwyn- het die oor bietjie gedraai… sodat dat besef ek moet stop en net chill)


Van daar het ons die eerste werklike sand gekry van die trip. Lekker tweespoor paaidjie met dik sand wat kronkel tussen deur die bosse en bome. Dit was van korte duur en sonder enige voorvalle of valle het ons daarna van die mooiste paaie gery tot by die “ingang” na die eiland.


Hehehe, dink ons storie verteller het van die “voorval vergeet”…

Die natuurskoon was so mooi dat jy jouself kort-kort moes herinner dat jy ook aandag aan die ysterperd onder jou moet gee…


Al langs die Vee draad af…



Ingang na Kukonje Eiland

Ons het ongeveer 6km Wes oor die pan gery voordat ons by die eiland aangekom het

 
Stry


Wes


Spietkop


Cor

Van die panne af gekom, weer bietjie sand




Ons het die mooiste kampplek gekry onder ‘n reuse Kremetart en nadat almal die grootheid van die panne en die natuurskoon ingeneem het is die tente opgeslaan.



Beautiful views



Terwyl ons so groot soos miere gevoel het het ons gekyk hoe die son oor die pan sak.  Daai aand is daar steak gebraai en dis saam met pap en sous geëet. Die stilte en die biljoene stêrre bo ons was opmerklik. Ons was in ongerepte natuur…




« Last Edit: November 03, 2014, 09:50:25 pm by alwyn_gs »
RR:Sani 2013, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=131550.0, Honeymoon 2014 http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=153612.0
Livinstone Lite 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=162532.0, Om Lesotho 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=168999.0
Skoeters : Knight in White Satin (R1200GSA LC), Military Fuel Tanker (R1200GSA AC 142 690km - decommisioned)
G650XMoto, G650XCountry-pilotted by Michelle
 

Offline Tonteldoos

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL1000V Varadero
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,594
  • Thanked: 3 times
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #3 on: November 03, 2014, 10:18:53 pm »
Gooi nog! :deal:
Challenge = Innovation = Change
 

Offline alwyn_gs

  • Gelände/Strasse - Knight in White Satin (R1200GSA LC)
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,078
  • Thanked: 196 times
  • With my loving wife, Michelle - let's do this!!
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #4 on: November 04, 2014, 08:20:47 am »
Daar is vroeg opgestaan die volgende oggend. Die sonsopkoms is in stilte aanskou en ons het weg gespring vir die dag. 


Ons het weer Oos oor die pan gery en daarna weer Noord op oorwegend tweespoor paaie.


Die natuurskoon was ongelooflik. Ons het ‘n droë rivier kruising gehad en daar was ‘n behoorlike stukkie grond gekoop, sommer in kontant betaal.






Cor betaal gou se grond eis…


 



Almal was teleurgesteld toe ons by die teerpad net buite Nata uitkom.  Wimpy brunch is geëet in Nata en daarna het ons die 100km gery tot by Planet Boabab net buite Gweta.
Soos n klomp toeriste, snapping away… the Aardvark museum






Arriveer te Planet Boabab


Was moer warm….

Ons kon nie wag om by die swembad uit te kom nie en ons het van die plaaslike verversings gebruik gemaak om te help afkoel.





Nadat ons seker gemaak het dat die plaaslike slaghuis voldoen aan ons gesonheids standaarde het ons T-Bones vir R28/kg gekoop. Daai aand om die kampvuur het ons met die Wilbur Smith Adventure Riders kennis gemaak…





« Last Edit: November 04, 2014, 08:24:30 am by alwyn_gs »
RR:Sani 2013, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=131550.0, Honeymoon 2014 http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=153612.0
Livinstone Lite 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=162532.0, Om Lesotho 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=168999.0
Skoeters : Knight in White Satin (R1200GSA LC), Military Fuel Tanker (R1200GSA AC 142 690km - decommisioned)
G650XMoto, G650XCountry-pilotted by Michelle
 

Offline DirtRebell

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,124
  • Thanked: 74 times
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #5 on: November 04, 2014, 09:54:50 am »
A lekker report!
Thanks for sharing.
 

Offline mtbbiker

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR-Z 400
    Location: Gauteng
  • Posts: 515
  • Meerkat V2.0
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #6 on: November 04, 2014, 11:02:49 am »
Lekker  :thumleft:
Without goals and plans to reach them, you are like a ship that has set sail with no destination - Fitzhugh Dodson
Project Meerkat:DRZ rally build http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=86025.0
 

Offline Mikie

  • Kyalami - Jozi
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,899
  • Thanked: 95 times
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #7 on: November 04, 2014, 11:42:03 am »
Dont stop now
:paw:

Pronounciation:
M-aai-kie
My-Key
 

Offline alwyn_gs

  • Gelände/Strasse - Knight in White Satin (R1200GSA LC)
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,078
  • Thanked: 196 times
  • With my loving wife, Michelle - let's do this!!
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #8 on: November 04, 2014, 01:15:15 pm »
Dag 4 is weer vroeg begin, want Kubu is in die visier… Ons het al die pad terug gery Nata toe om die tenks weer vol brandstof te laat gooi en daarna 10km buite Nata afgedraai Kubu toe.


Bande is afgeblaas en ons het begin ry. Hier het sand ‘n nuwe betekenis gekry en ons verwysings raamwerk heelwat verander. Skaars ‘n paar honderd meter later en na 4 uit die 5 fietse gelyk op hul sye lê is daar eenparig besluit dat die bande nog afgeblaas moet word.

Eers Alwyn…

En Stry net agter Alwyn… hehehe was baie snaaks… en dan die ander verder terug in die pad!?

Bande weereens afgeblaas en daar gaan ons weer.  Vinnig vining was die “mojo” aan die gang en daar was goeie vordering gemaak.  Ons het in ‘n algemene Suidelike rigting al op die rand van die pan gery.

Alwyn se stukkie Sau Pan in Botswana
Die Military Fuel Tanker het letterlik plat op haar sy gele…


Dankie aan Stry, hy het Alwyn fiets seker meer opgetel as hy self!?


Die pan het soos die see voor ons gelê.






Fotos is geneem en toe begin die spelery. Ons het ook vinnig besef dat jy nie net jou fiets sommer op die side stand kan sit nie.  Jy moet eers die “waters” toets, want die grond is baie sagter as wat jy besef en een van die fietse het besluit om dominos te speel tydens ‘n foto sessie.







Ons het vir kilometers op die pan gery en gespeel totdat ons by die wildsdraad aangekom het waarna ons al langs die draad gery het tot by Makgadikgadi Adventures Camp. Dis nou ‘n oase waaroor mens huis toe kan skryf.







Daar het ons bietjie afgesaal voor ons die laaste ent na die eiland aangepak het. Daar was yskoue bier en jy kan selfs swem vir 15 Pulas. Ons het proviant en genoeg hout gekry en die laaste ent Kubu toe was heerlike twee spoor paaidjies wat kronkel tussen deur die bosse en bome.  Daar was ook genoeg “fesh fesh” om die innerlike kind in Alwyn wawyd wakker te maak.

Laat n mens dink aan die Dakar!


Die Kubu Island Offices



Na ‘n vinnige verkenning om die eiland het ons kamp opgeslaan en gesit en kyk hoe die son sak. Weereens het ons klein geword voor die aangesig van die skepping.

Hoekon ons die trip aangepak het – om Kubu te sien!!!

And we got the T-shirts… Dankie Offroad Touring & Equipment vir die logo's







Oe hoe mooi is die Bos Televisie…

Die aand het ons net bier en wat ookal jy saam gery het van Pretoors vir aandete… Maar weer is daar lekker gekuier... veral Stry het baie staaltjies om te vertel...




En dan Natuurlik n lekker koppie boere troos…
« Last Edit: November 04, 2014, 04:28:34 pm by alwyn_gs »
RR:Sani 2013, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=131550.0, Honeymoon 2014 http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=153612.0
Livinstone Lite 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=162532.0, Om Lesotho 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=168999.0
Skoeters : Knight in White Satin (R1200GSA LC), Military Fuel Tanker (R1200GSA AC 142 690km - decommisioned)
G650XMoto, G650XCountry-pilotted by Michelle
 

Offline alwyn_gs

  • Gelände/Strasse - Knight in White Satin (R1200GSA LC)
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,078
  • Thanked: 196 times
  • With my loving wife, Michelle - let's do this!!
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #9 on: November 05, 2014, 08:13:06 am »
Met die sons onder gaan het ek gaan fotos neem, daai golden hour...  :biggrin:









« Last Edit: November 05, 2014, 08:13:57 am by alwyn_gs »
RR:Sani 2013, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=131550.0, Honeymoon 2014 http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=153612.0
Livinstone Lite 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=162532.0, Om Lesotho 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=168999.0
Skoeters : Knight in White Satin (R1200GSA LC), Military Fuel Tanker (R1200GSA AC 142 690km - decommisioned)
G650XMoto, G650XCountry-pilotted by Michelle
 

Offline Malibu

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: KTM 640 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 11,035
  • Thanked: 23 times
  • Just a girl on a bike!
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #10 on: November 05, 2014, 08:50:15 am »
Oh man.... ;D
They call me Judy or Judes...

You need chaos in your soul to birth a shining star!
 

Offline ButtSlider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 850
  • Thanked: 9 times
  • DRESS TO SLIDE BEFORE YOU RIDE
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #11 on: November 05, 2014, 11:03:33 am »
Wow stunning fotos.  :drif:

Gooi nog :sip:
BMW 800 GSA  \\ Honda XL700V  \\  Honda Blackbird  \\
 

Offline alwyn_gs

  • Gelände/Strasse - Knight in White Satin (R1200GSA LC)
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,078
  • Thanked: 196 times
  • With my loving wife, Michelle - let's do this!!
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #12 on: November 06, 2014, 10:14:48 pm »
Ons was baie vroeg uit die vere die volgende oggend om die son te sien opkom oor die panne.







Kubu Eiland, sekerlik een van die pragtigste plekke in Afrika!

Dan kamp opslaan, die gebeur teen n aansienlike vinniger tempo as die eerste oggend



Is dit, da Stig, nee Big Brother, NEE, DIS DIE STRY!

 Terug al langs die tweespoor paaidjies tot by Makgadikgadi Adventure Camp waarna ons oor die panne in ‘n Noord-Westelike rigting terug Gweta toe gery het.


In n noord-westilke rigting oor die Ntwetwe panne, en die scenery weer asemrowend



Die Fesh altyd challenging. Dis poeierig bo, maar onder is daar diep ruts, waar n mens net moet go with the flow…


Dan is dit weer savannah tipe veld



Dan weer pan, waar die spoed lekker optel. . .

Die laaste 30km Gweta toe het ons weer ‘n nuwe perspektief ten op sigte van sand ryery gegee… Oorwegend tweespoor kronkel paaidjies met dik sand. Die twee 1200s het behoorlik weg gesak in die sand. Die fietse het een na die ander begin val.


Dis waar n mens val as n GSA vassteek soos n steeks donkie in warm Botswana sand


Altyd GS kameraderie…. thanx buddies

Teen die tyd is dit so middag ete, die son sit hoog, en die veil hard op on sneer. Die fietse is van nature swaar, end an is ons gelaai met kamp goed. Die sand dik, en los. “stand up, look up & throttle out” is nie van toepassing nie vandag nie. Bome is ryg teen die pad, end an kronkel die deip tweespoor die hele pad rond…



 
Die Military Fuel Tanker se Throttle Potentio Meter is gebreek tydens een van die valle en daar moes vinnig plan gemaak word.

Die val,

The aftermath:



Ons het al ‘n recovery plan begin uitwerk, maar  “bush mechanic skills” het na vore gekom en met geduld is die drie punte op die potensiometer so gebuig vir n kontak. Dickey was die geduldigste, en het lekker gelag toe daar geclaim is die potensio meter is gebrug! Vir alle praktiese doeleindes kon hy dit geplasitc weld het ook... Maar hy is die verjaardags hero!Super glue en cable ties bly maar ‘n wonderlike kombinasie, net jammer daar was nie genoeg plek vir “blou draad” nie, anders het ons dit ook gebruik…

En dan hou die sand aan,


En aan


En aan





Dan rus ons n bietjie…

En dan hou die sand aan…

Wes bid dat dit moet ophou...

En nog sand


Tot in die dorpie Gweta


Na ‘n lang dag in die sand het ons by Gweta aangekom. Die plan was om daar brandstof te kry en om dan die 200km Wes Maun toe aan te pak, maar tot ons teleurstelling was daar nie petrol nie. Die yskoue bier by die Gweta vulstasie het darem ons teleurstelling gedemp


Het Hier word teen die muur gesit en aan niks gedink, net sand stories uitgeruil. Nie eers n plan probeer maak nie… eintlik baie salig.

Daar is besluit om die aand weer by Planet Boabab gekamp nadat Wesley se onderhandelings vermoë ons van ‘n kamp plek verseker het. Ons het die aand in die restaurant gaan eet om Dicky se verjaarsdag te vier.

Planet Boabab is iets besonders in die aand


 

Die aand nie te lank voor die bos televisie gesit nie… maar ons het darm n bietjie, en vroeg gaan inkruip om die pamterye te laai

« Last Edit: November 07, 2014, 08:52:36 am by alwyn_gs »
RR:Sani 2013, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=131550.0, Honeymoon 2014 http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=153612.0
Livinstone Lite 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=162532.0, Om Lesotho 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=168999.0
Skoeters : Knight in White Satin (R1200GSA LC), Military Fuel Tanker (R1200GSA AC 142 690km - decommisioned)
G650XMoto, G650XCountry-pilotted by Michelle
 

Offline Varkboer

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 263
  • Balls to the walls
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #13 on: November 07, 2014, 04:21:18 am »
Lyk baie lekker spesiaal. :ricky:
Baai Geeles
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 729
  • Thanked: 6 times
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #14 on: November 07, 2014, 11:36:42 am »
Sjoe! julle kan maar sand ry en is duidelik nie bang vir die sand monster nie, en dit met sulke swaar fietse :thumleft:
Toe ons daar deur Botswana is laas jaar was ons so bang vir sand na al ons tuimels in Zambia dat ons maar net op die harde grong gebly het.
Lekker rr en baie mooi foto's :)
Life is great LIVE IT!!
 

Offline COLES

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,043
  • Thanked: 2 times
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #15 on: November 07, 2014, 12:15:06 pm »

great report amazing photo,s

thank u for sharing
 

Offline Kraizee

  • Member
  • **
  • Bike: KTM 1190 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 103
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #16 on: November 07, 2014, 04:27:11 pm »
Respect for riding those heavy hoggs through deep sand :thumleft:
 

Offline Ian in Great Brak River

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,973
  • Thanked: 63 times
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #17 on: November 09, 2014, 09:11:19 pm »
Respect for riding those heavy hoggs through deep sand :thumleft:

Agreed, +1.
1978. It's 6am, mid winter...two up on a XL 185S ... off to my first casino ever with all of R40 and we've got a full tank of fuel, so enough to get there we reckon.... that's determination...

Old bike: '82 Eddie Lawson Replica
Other bike: '05 Honda Varadero 1000
New bike: '16 Honda Africa Twin.
 

Offline ALLEN I

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,976
  • Thanked: 16 times
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #18 on: November 09, 2014, 09:22:58 pm »
Takes guts to take on that deep sand. Respect  :ricky:
Biking since the age of 11 nothing beats the freedom when u out there on u baby. Been doing it over 40 years now  (that's life)
Born a Biker, Live like a Biker, Die a Biker
 

Offline DRAZIL

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,156
  • Thanked: 5 times
  • Alpha et Omega
Re: Livinstone Lite - Botswana 2014
« Reply #19 on: November 11, 2014, 11:25:17 am »
awesome report and photos  :thumleft: :thumleft:
“You know, a long time ago being crazy meant something. Nowadays everybody's crazy.”
Charles Manson