Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Laeveld toe !!!!!!!  (Read 31820 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,330
  • Thanked: 4 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Laeveld toe !!!!!!!
« on: January 13, 2015, 02:35:34 pm »
Om mee te begin, my ouers is al aan die ou kant en kan nie meer alleen die lang pad vat nie en a.g.v my pa se hardkopigheid wat somer reg deur die nag sal wil ry sonder om oor te slaap deel ek elke jaar  my groot verlof op in twee.  Ek vat dan die twee ou mense Nelspruit toe na my suster en dan ry ons daar rond vir 'n paar dae en kom dan terug waar ek dan weer my ding doen.

Die jaar was niks anders behalwe dat Nadine eers nog 'n ruk moes werk terwyl ek op Nelspruit toe was. Ek het beplan om met die fiets te gaan rond ry sodra ek terug is maar kon nog nie vas besluit waarna toe nie, Namibia was aanvanklik in die beplaning maar ek was die vorige Desember met die fiets daar en het toe maar van plan verander.

So na 'n paar dae se rond ry in die Laeveld, Moz en Kruger Park het ons die pad terug gevat George toe, ons het die 26 ste op Nelspruit vertrek en gery tot op Kimberley waar ons oor geslaap het, die 27 ste het ons George toe gery en af gepak, my gat was kriewelrig en ek wou nou op my fiets klim en gaan ry en dus het ek toe somer die 28 ste (my verjaarsdag) dinge in plek gekry en my fiets gepak.

Nadine was toe ook al op verlof en was self reg vir die rond ry al was sy op die stadium nog onder die indruk dat ons Nam toe gaan.  Na ons alles gepak het het en 'n gedeelte van my verjaarsdag saam my ouers spandeer het het die pad geroep, 15H00 het ons gery al weet ons ons sou nie vÍr kon ry vir die dag nie maar dit was die begin en 'n goeie opkikker vir die vakansie feeling.

Die beplaning was nie om 'n roete te doen nie maar eerder om weg te kom met die fiets, ek het maar beplan waar ons gaan slaap ens soos ons ry maar die hoof doel was om eers in Mpumalanga te kom en dan daar rond te ry.



Foto's en die res sal volg.
« Last Edit: January 21, 2017, 09:37:00 am by Jakkals »
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Draadwerk

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 7,945
  • Thanked: 58 times
  • My job? Just something I do between rides....
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #1 on: January 13, 2015, 02:47:45 pm »
Sub
 

Online Noneking

Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #2 on: January 13, 2015, 02:53:29 pm »
🐌🐌🐌
2007 KTM 990 S
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,330
  • Thanked: 4 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #3 on: January 13, 2015, 03:03:11 pm »
So trek ons toe die 28 ste Desember om 15H00 weg op George en ry so ent in die Karoo in tot by ons eertse oor nag plek, van daar het ons die volgende oggend die pad gevat tot by ons volgende oornag punt wat Standerton was.

Eerste oornag punt net voor Graaf Reinet, Fiets is gepak en reg vir die lang pad.

Volgende oggend om 05H30 weg getrek vanaf Graaf Reinet en af gedraai by Gariep en via Hobhouse, Clocolan met verkeie ander af draaie gery tot op Standerton.

Op die roete het ons ook op Brakpan gestop maar niemand daar ken die ou wat my en sy dogter se pension geld so op mors nie, beter bekend as Woody 1 op die forum.  :xxbah: :biggrin:

Watse tipe boer sal nou sy plaas Brakpan noem ?  :pot: :peepwall: :imaposer: :imaposer:

« Last Edit: January 13, 2015, 03:34:20 pm by Jakkals »
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,330
  • Thanked: 4 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #4 on: January 13, 2015, 03:09:18 pm »
Nog so paar van dag een.

Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Oupa Foe-rie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,847
  • Thanked: 5 times
  • Oom Foe-rie was hacked by a Mod.
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #5 on: January 13, 2015, 03:28:02 pm »
Ek's in Jakkals............... jy kan maar gooi ........... :thumleft:
Yamaha XT1200Z ........... Take your soul everywhere and back
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,462
  • Thanked: 311 times
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #6 on: January 13, 2015, 03:42:44 pm »
Hey, jy moet darem eers toestemming vra voor jy in my huisie oornag in Graaff Reinet.   :biggrin:

Gooi Jakkals, wag al lank vir die een.   :thumleft:

« Last Edit: January 13, 2015, 03:44:41 pm by Vis Arend »
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,330
  • Thanked: 4 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #7 on: January 13, 2015, 03:59:31 pm »
Amper vergeet ek die een, dit was nogal snaaks al het sekere mense nie so gedink nie,

By Warden ry mens 'n stukkie op die N3 en dan klim jy van hom af en gaan dan met 'n brug oor die N3 op die roete wat ek gery het.

Ek het gesien toe ek op die N3 was dat daar van daai manetjies  wat jou vir spoed vang onder die brug sit en die mense betrek, so beluit ek toe om somer bo die brug te stop vir 'n smoke brake en so ook heel duidelik te wees vir die aankomende verkeer onder op die N3.

Dit was baie duidelik gewees hoe die verkeer ewe skielik spoed verminder en terug val agter die ander voertuie sodra hulle my bo op die brug sien staan.  Duidelik het hulle my aan gesien as 'n verkeers beampte met 'n kamera, min wetend van die regte verkeers beamtes onder die brug wat hulle voor lÍ.

Laater het een van die beamtes onder die brug agter gekom iets is nie reg nie en ondersoek kom in gestel, ek was bo op die brug en hy onder waar hy my aandag probeer trek het met geluide en hand gebare maar ek het gemaak of ek hom nie sien nie.

Hy het toe laater halfpad teen die kant van die brug uit gesukkel tot dat hy hoor aftstand van my was en toe vir my gevra of ek 'n probleem daar bo het,  ek laat weet toe nee maar dat ek rus en 'n smoke brake vat en somer my fiets se wiele deur gaan want iets voel nie lekker nie.

So rook ek toe maar nog twee sigarette bo op die brug en bekyk die voertuie op die N3, in die tydperk het die manetjie onder die brug drie keer uit sy gemak stoel op gestaan om te kom kyk of ek nog bo op die brug staan. :imaposer: :imaposer:

Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,330
  • Thanked: 4 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #8 on: January 13, 2015, 04:29:50 pm »
Hey, jy moet darem eers toestemming vra voor jy in my huisie oornag in Graaff Reinet.   :biggrin:

Gooi Jakkals, wag al lank vir die een.   :thumleft:



So dit is uncle Vis wat daai bed so hol gelÍ het met daai lang lyf van jou.  :imaposer: :imaposer:
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline cocky

  • Ryyyyyy net ASFB.
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,396
  • Thanked: 206 times
  • DILLIGAF
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #9 on: January 13, 2015, 04:32:10 pm »
Mooi ou bak ore, het jy n uitslaap pas gekry vir die trippie?
Just because your past did not turn out like you wanted it to does not mean your marriage will not be better than you ever imagined it could be.
Die Kaapse Hoender!
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,330
  • Thanked: 4 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #10 on: January 13, 2015, 04:47:29 pm »
Mooi ou bak ore, het jy n uitslaap pas gekry vir die trippie?

Thanks cockerman,

Ek moes die bribe ding doen om uitslaap pas te kry, maar ek hoor almal op George het my gemis. :imaposer: :imaposer:
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Duster

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,364
  • Thanked: 1 times
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #11 on: January 13, 2015, 05:17:49 pm »
Nice Jakkals, moet nou nie dat ons te lank wag vir die res nie, hoor.  Lekker, man, ja lekker!!!
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Garfield

  • Deleted Users
  • Senior Member
  • *
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,640
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #12 on: January 13, 2015, 05:21:16 pm »
Mooi ou bak ore, het jy n uitslaap pas gekry vir die trippie?

Thanks cockerman,

Ek moes die bribe ding doen om uitslaap pas te kry, maar ek hoor almal op George het my gemis. :imaposer: :imaposer:

Die een gaan saam met "Die bloues is vinniger" in die Groot Boek van Stront Praat" geskryf deur ene WD Jakkals.

Die son sit nog hoog, waar is die res?
 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 13,021
  • Thanked: 166 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
    • Social Travel Digital solutions
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #13 on: January 13, 2015, 05:49:58 pm »
Ek ry saam om ook te kyk  8)

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,330
  • Thanked: 4 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #14 on: January 13, 2015, 06:29:29 pm »



Die son sit nog hoog, waar is die res?

Wag maar rustig, sal more die res gooi.  :deal:


Maar moet sÍ, vir my is daar bietjie hartseer by, of moet ek eerder sÍ, 'n "eye opener"  ???
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,330
  • Thanked: 4 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #15 on: January 13, 2015, 06:30:24 pm »
Nice Jakkals, moet nou nie dat ons te lank wag vir die res nie, hoor.  Lekker, man, ja lekker!!!

Thanks Duster.  :thumleft:
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline BEN TAP

  • Member
  • **
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 491
  • Thanked: 4 times
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #16 on: January 13, 2015, 07:33:29 pm »
Nice RR en fotos neef jakkals

One life live it   
 Everybody dies but not everybody lives
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,219
  • Thanked: 695 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #17 on: January 13, 2015, 08:01:17 pm »

Wag maar rustig, sal more die res gooi.  :deal:


Maar moet sÍ, vir my is daar bietjie hartseer by, of moet ek eerder sÍ, 'n "eye opener???


Mens moet maar ligloop vir diť Jakkals.  Kyk nou daar hoe bou hy die spanning op, met die hoop dat almal nou voorry kaartjies sal koop.  ;D Ek sal maar byt, daar sit ek ook nou in die voorste gestoeltes, jy kan maar gooi Jakkalas. 

Arme ou Warden, die dorp se somme gaan nou nie klop nie nadat jy daai arme spietkop se fondsinsameling so in die wiele gery het.  >:D
'Tis the timeís plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,330
  • Thanked: 4 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #18 on: January 13, 2015, 08:18:15 pm »

Wag maar rustig, sal more die res gooi.  :deal:


Maar moet sÍ, vir my is daar bietjie hartseer by, of moet ek eerder sÍ, 'n "eye opener???


Mens moet maar ligloop vir diť Jakkals.  Kyk nou daar hoe bou hy die spanning op, met die hoop dat almal nou voorry kaartjies sal koop.  ;D Ek sal maar byt, daar sit ek ook nou in die voorste gestoeltes, jy kan maar gooi Jakkalas. 

Arme ou Warden, die dorp se somme gaan nou nie klop nie nadat jy daai arme spietkop se fondsinsameling so in die wiele gery het.  >:D

Nee regtig, ek het amper 'n traan gepik, ,,,,,,, baie hartseer gewees.  :deal: ???



Ek voel vere vir daai manetjies, as hulle nog gewerk het en voertuie af getrek het was dit ok maar hulle kruip so weg met daai kameras.  Mens kan van George tot in Jhb 200 km/hr ry sonder om gestop te word maar jy gaan wel 'n oorvol posbus hÍ as jy terug kom.  Wonder hoeveel onskuldige mense het hulle gevang die Desember.
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,361
  • Thanked: 12 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: Laeveld toe !!!!!!!
« Reply #19 on: January 13, 2015, 08:19:00 pm »
Jou ou doring Jakkals , wag donners lank vir 'n rr van jou  :peepwall:

Ek weet jy het nie jou belofte nagekom nie, dis ok, ek wag maar vir die res  :lol8:  :sip: