Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Die Eerste Hidro Elektriese Kragstasie in die Suid Kaap  (Read 1439 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Die Eerste Hidro Elektriese Kragstasie in die Suid Kaap
« on: February 03, 2015, 08:18:23 am »
Tussen George en Mosselbaai lę  Groot Brakriver.  Die plekkie was die eerste dorp in die Suid Kaap om gebruik te maak van 'n hidro elektriese kragstasie, en dit was al in 1924.

Die "godfathers" van Groot Brakriver, die Searles het hydro turbine toerusting en 'n kragopwekker vanaf oorsee ingevoer en 'n kragstasie so kilometer uit die dorp uit by die rivier gebou.

 ‘n 25 kilometer  waterkanaal is ook gebou om rivierwater na die kragstasie  te lei.

12 Jaar later is die oorspronklike kragopwekker vervang met 'n   AEG drie fase  3300V 50Hz, 350kVA alternator, wat hardloop teen  600 rpm.  

Die kragstasietjie word nog steeds goed onderhou en as jy nuuskierig genoeg is kan jy met Groot Brakrivier se museum reel om dit besoek.  ( 044 620 3338).  Wees net gewaarsku, jy gaan so kilometer moet voetslaan tot by die plekkie.  So sorg dat jy gemaklike skoene saamneem en jou helmet iewerste kan los as jy met jou motorfiets Groot Brakrivier toe gaan.

 As jy nou regtig 'n dag hieruit wil maak kan jy  sommer aanhou stap (verby die kragstasie) en die Wolwedans Staproete doen.  Dis 'n baie mooi roete wat jou tot by by die Wolwedans dam gaan neem.   :)  Pak maar vir jou water in want daar is baie trappe wat jy ook moet gaan uitklim.  

Hier is so paar foto's van die kragstasie,afgeneem in Groot Brakrivier se museum.  Ek het nie kans gesien om in my mx  bootse tot daar te stap nie! 
« Last Edit: February 03, 2015, 08:24:14 am by Dusty Rusty »
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Die Eerste Hidro Elektriese Kragstasie in die Suid Kaap
« Reply #1 on: February 03, 2015, 08:19:41 am »
 :)
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline ChristoffGS

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Western Cape
  • Posts: 960
  • Thanked: 27 times
Re: Die Eerste Hidro Elektriese Kragstasie in die Suid Kaap
« Reply #2 on: February 03, 2015, 09:23:42 am »
Die 'oumense' het baie deursettingsvermoë en inoverende idees gehad!
"It's all just about motorbikes, it always has been, it always will be..." - Ewan McGregor
'81 Honda CG125
'81 Honda CX500 - *sold*
'03 BMW F650GS
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Die Eerste Hidro Elektriese Kragstasie in die Suid Kaap
« Reply #3 on: February 03, 2015, 04:25:17 pm »
Dis so waar.   

Sommige van hulle het klein begin en groot geindig.  Die "godfather" van Groot Brak het sy lewe daar begin as 'n tollenaar, om sy inkomste aan te vul (dalk was dit net blote verveeling) het hy leerstewels begin maak en verkoop aan reisigers wie die tolbrug gebruik het ... one thing lead  to another en later maak daar 'n skoenfabriek in die dorp oop.  Grashoppers is een van die skoene wat  in hierdie fabriek "gebore" is.   :)   Vandag staan die besigheid bekend as Boltron Footware, maar sommige mense mag dit onder die ou naam van Watson Shoes nog ken  :)
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/