Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ruiterbos se Percherons  (Read 1860 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Ruiterbos se Percherons
« on: February 10, 2015, 08:35:47 am »
So rukkie terug het ek  in die Tuinroete rondgery en Outeniqua Moon se Percheron perde ontdek. As daar van julle ouens is wie perde liefhebbers is, mag 'n kuiertjie daar die moeite werd wees.  Ag wat praat ek, almal sal van hierdie plek hou!

Ek cut en paste sommer die volgende uit my blog uit oor hulle: (ek is onseker of hierdie onder RR of onder 'interesting Places moet gaan)
 :)

Daar is van die oumense wat s dat jy moet probeer onthou wanneer laas het jy n wit perd gesien as jy hik, dan sal die hik sommer gou verdwyn. Maar wat as jy n wit sprokiesperd sien wie se misteriese skoonheid jou asem wegslaan? Een wie op sy hoewe soos  n ballerina kan trippel terwyl sy maanhare al wuifende saamdans. Daar bestaan sulke wesens. Hulle is Ruiterbos se Outenique Moon Percheron perde.

(foto met spesiale vergunning van Outenique Moon, fotograaf Alexandra Evang)
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #1 on: February 10, 2015, 08:41:58 am »
Hierdie perdeplaas l sowat  200 meter langs die R328, 25 km vanaf Hartenbos, n entjie vanaf die skilderagtige Robersonpas.   n Smal tweespoorpaadjie lei mens met n draai verby die perdekampe se witgeverfde houtheinings voordat dit by die parkeerarea se grastapyt eindig waar twee swaaisterte hul beste pooitjies voorsit om jou te verwelkom.
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #2 on: February 10, 2015, 08:46:19 am »
Met die ontspanne atmosfeer wat op die plaas heers, voel mens in n japtrap tuis op hierdie perdeparadys.   Oppad na die ontvangslokaal ontmoed ek Jenny, my toergids vir die dag. By haar en Luzelle leer ek baie dinge van Percherons.

Hierdie trek-of-boerperd, soos ons maar gewoonlik van hulle praat, is ons laaste verbintenis met die dae toe regte perdekrag nog gebruik was om voedsel te produseer.   Vandat trekkers op plase ingespan word, raak Percherons al hoe skaarser.   Om die probleem te vererger is daar wreldwyd n tendens om hierdie perde na n ligter ras te teel sodat hulle meer gebruik kan word as ry-of-koetsperde.  In Frankryk is Percherons se lot die ergste.  Hier word hulle deesdae geteel vir hul vleis.  Daarom doen Outenique Moon alles in hul vermo  om hierdie ras te beskerm.

Tans hou daar 21  opregte Percherons  vakansie op Outenique Moon.  6 Hiervan is  rescues.  Etes word twee keer per dag bedien en bestaan uit individuele maaltye volgens elke perd se behoeftes.  Gekonsentreerde lusern-en- koringsemel korrels, tesame met n vitamien aanvulling en lusern hooi gee die reuse perde alles wat hul nodig het om in kolossale perde te ontwikkel. (wonder wat Tim Nokes hieroor te s sal h ;) )

So af en toe werk die Permachans darm vir hulle kos deur besoekers te trakteer op waritte.  In die toekoms gaan hulle ook so bietjie meer moet help met die plaas se boerdery.  Dis hoe van die implimente lyk wat in die ou dae deur trekperde gebruik is.
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #3 on: February 10, 2015, 08:47:10 am »
As daar nou een perd op hierdie plaas is wie weet hy is mooi, dan is dit Greystoke.  Hierdie bielie  is so ingenome met homself dat die  Aussies hom die Elvis van Pecherons gedoop het.   Hulle reken Greystoke is een van die beste teelperde ter wreld omdat hy die spier en beenstruktuur het waarin moderne perde tekort skiet. Op twaalf jarige ouderdom weeg hierdie hings meer as n ton en verorber hy daagliks 6 kg gekonsentreerde voerkorrels, n kwart baal lusern plus sy vitamienes.  Ek kan nie anders as om een van sy model fotos hier te plaas nie.  (Met vergunning van Outeniqua Moon. Fotograaf Alexandra Evang)
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #4 on: February 10, 2015, 08:48:40 am »
Tank Girl is een van Greystoke se dogters.  Daar word gereken dat hierdie sewejarige nooi, wie 17.2 hande hoog is en oor n ton weeg, die land se grootste merrie kan wees.  (Op die oomblik word daar geen kennis gedra van n merrie groter as sy in Suid Afrika)  Omdat Greystoke haar pa is sal sy in die nabye toekoms na Robertson vertrek vir haar  wittebrood.

(hierdie is ook n geleende foto van haar. Met vergunning van Outenique Moon.  Fotograaf  Alexandra Evang)
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #5 on: February 10, 2015, 08:51:58 am »
Shadowfax, wie in Januarie drie geraak het , mag dalk net  eendag pa Greystoke  verbysteek as voorste pronker.  Tot dusver is hy die grootste Suid Afrikaanse vul wat uit  n Suid Afrikaanse bloedlyn gebore is.   Huidiglik is hy 18.2 hande hoog en weeg hy ongeveer n ton.  Op sewejarige ouderdom behoort hy die hoogte van 19.2 te bereik.

Wat Shadowfax besonders maak is dat hy n baie ho perd is en die beenstruktuur het van die trekperde van ouds.   Al lyk hy so groot is hy maar eintlik nog n kleuter en word hy tans net touwys gemaak hoe om baie ligte werk te doen.  Verder word daar gekonsentreer om vir die knaap maniere te leer!  Op die oomblik eet hy daagliks 9 kilogram gekonsentreerde korrels, te same met sy vitamienes en n kwart baal lusern.
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline ButtSlider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 858
  • Thanked: 9 times
  • DRESS TO SLIDE BEFORE YOU RIDE
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #6 on: February 10, 2015, 08:55:11 am »
Wow, om die draai van my en ek het nie eers geweet van die plek nie.  :thumleft:

Thanks Dusty. Sal beslis 'n besoek daar gaan afl.  :thumleft:
BMW 800 GSA  \\ Honda XL700V  \\  Honda Blackbird  \\
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #7 on: February 10, 2015, 08:57:05 am »
Dankie Buttsliderm, wag ek wil nog so bietjie vir julle wys! 

 :)

Vulcan, ook een van Greystoke se kinders sal ongelukkig nie in sy pa se hoefspore  kan volg as stoetperd , omdat hy n reun is.    Sy kampmaat Bob doen al vir n geruime tydtjie karwerk.
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #8 on: February 10, 2015, 08:59:41 am »
Hierdie is Lisa se vulletjie, Lyric.  Mens wonder of die oudtjie nie dalk n basterperdtjie is nie, maar dan hoor jy  dat  spierwit Percheron mammas geboorte skenk aan pikswart vulletjies.  In Suid Afrika kry ons of wit (wat Greys genoem word) of swart Percherons.  Swart gebore vulletjies is wit teen die tyd wanneer hulle volgroei is terwyl silwerkleurige vulletjies by geboorte weer swart raak.  Terwyl vulletjies groei na volwassenheid kan hulle deur n siklus van verskeie kleurskakerings gaan,  wat bruin en grys insluit.
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #9 on: February 10, 2015, 09:03:01 am »
Dis asof die aardbol stilstaan en mens van tyd vergeet as jy by Outenique Moon op die sagte gras van kamp na kamp loop en die sagmoedige skoonhede met hul magiese betowering bewonder.  Dis n ras grasieuse reuse, onttroon  op ploeglande deur trekkers.  Met plekke soos Outenique Moon en organiese boere wat weer die hand aan die hef slaan,  kry hierdie perderas weer  hoop op n toekoms.
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #10 on: February 10, 2015, 09:05:20 am »
Ek vryf  Lyric saggies op haar fluweelneus terwyl sy my afsien. Haar asem is warm op my hand en sy  snuif saggies daaraan terwyl sy my met haar sagte bruin o nuuskierig dophou.
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #11 on: February 10, 2015, 09:06:29 am »
Ek klim op my eie rooi ysterperdjie en prrroeeee-proeeee saggies by die grondpaadtjie af voordat ek verder regs draai op die R328.   My volgende avontuur l voor
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #12 on: February 10, 2015, 09:07:32 am »
Hoe om daar te kom:

Ry vanaf  Hartenbos  op die R328 vir sowat 25 Km.  Draai regs vanaf die teerpad op die grondpad en volg die tweespoorpaadtjie na Outenique Moon
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #13 on: February 10, 2015, 09:09:37 am »
Wat  Outenique Moon bied

*n Opvoedkundige toer waar jy met die perde kennis maak, hulle kan streel en selfs op sommiges kan sit.

*Koets/wa ritte.

*n Restaurantjie

*Vir dagbesoekers is daar braai fasiliteite, n swembad, wipmat en speelarea vir  kinders

*Besoekers  kan  ook in die Gastehuis oornag as hulle onder die perde se towerspel  is.

*Vir meer inligting oor Outenique Moon en Percheron perde besoek gerus http://www.outeniquamoon.co.za/
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #14 on: February 10, 2015, 09:10:25 am »
Motorfietsryers is welkom om die plaas te besoek, solank jy nie jou aankoms aankondig met n klomp uitlaatpypknalle nie.  Jy moet dalk gemakliker skoene inpak as jy van op die perde wil sit.  (dis deel op die opvoedkunige toer )  MX stewels mag dalk lol met die opklimslag.
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #15 on: February 10, 2015, 09:27:58 am »
As jy meer wil weet oor Ruiterbos se geskiedenis kan jy ook https://doutrapper.wordpress.com/ besoek. 

Dankie vir die inloer!
xx
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Snafu

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR125L
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,963
  • Thanked: 77 times
  • Brackenfell Bricket
Re: Ruiterbos se Percherons
« Reply #16 on: February 10, 2015, 11:27:49 am »
Baie interresant en pragtige diere!!

Dankie Dusty
Rimtape: Sounds like something in the first-aid kit of a gay-porn movie set. - Jaco