’n Seevakansie op krukke is nie regtig my scene nie en so begin my eerste Desember vakansie by die huis in jare. Ek kan sommer gou-gou sien dat ek en my krukke en my onvermoeë om selfs basiese dinge vir myself te doen, my vrou die mure gaan uitdryf en neem ek die wyse besluit om myself te verdiep in die beplanning van ’n lekker trippie na ’n paar plekke wat al my aandag getrek het in RR’s hier op die forum. ’n Bucket list as jy dit so wil noem.
Verskeie honne gee raad hier op die forum en die grootste uitdaging is wat ons gaan uitlos…...
Beplanning vorder flink en kort voor lank kan ek ’n rowwe idee van die roete aan my vriende voorlê. Om eerlik te wees, verwag ek nie dat iemand sal instem om saam te ry nie. Dit is immers 10 dae weg van die huis en werk en ek begin my al regmaak vir alleenry.
Op die ou end stem my twee staatmakers,
@Carlito (Carl) en
@Ghato (Righard) in om die trippie mee te maak. Die drie van ons het oor die afgelope ongeveer 13 jaar vele trips saam gedoen, maar hierdie sal ons eerste DS avontuur saam wees.
Die beplanning kry momentum en teen Januarie finaliseer ons die roete.
FOTOS GENEEM DEUR CARLITO, Ghato & NONEKING