Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek  (Read 8949 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Online Noneking

Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
« on: September 27, 2015, 03:12:37 pm »
4 jaar gelede l ek vir 3 maande in met gefraktuurde rugwerwels in die bed na n ongelukkie met my trapfiets op my voorstoep (moenie vra nie..) Die boodskap was duidelik: hierdie trapfiets storie is bitter gevaarlik en ek sal dringend n veiliger hobby moet soek.. Enter Dwerg. Hy kom l langs my op die bed tydens n kort besoek om te kom kyk of ek oraait is (soos van n jonger boetie verwag word). Hy maak die laptop oop en stel my voor aan hierdie forum. Ons soek bike in Trade, Buy and Sell en kort voor lank het ek weer 2 wiele.


 In die 3 jaar sedert ek terug is op motorfietse, het ek en Dwerg by 2 of 3 geleenthede kans gehad om saam te ry vir n oggend. Dis n skande en ek ons moes iets omtrent dit doen.

Laaste keer wat ons behoorlik saam gery het

« Last Edit: September 27, 2015, 08:00:48 pm by Noneking »
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #1 on: September 27, 2015, 03:21:14 pm »
Na jare se smeek en soebat besluit Dwerg hy sal bietjie saam sy Ouboet in die Laeveld kom bike ry. Ek is effe benoud oor die ryery saam met kleinboet, hy het aansienlik meer ervaring as ek as dit kom by die hantering van twee wiele van die teer af en my grootste bekommernis is dat hy hom dood verveel terwyl ek met my "groot bike" by die KTM probeer hou.  Die groot dag breek uiteindelik aan ek ons kom ooreen om mekaar op Braaidag in Dullstroom te ontmoet vir ontbyt. Ek is vroeg uit die vere en besluit om die roete waarop ons moet terugry te recce aangesien dit die vorige nag lekker gestorm het in die Laeveld.


















EK vorder flink en terwyl ek koffie drink op Lydenburg kry ek boodskap wat s hulle (Gryshond het hom vergesel tot in Dullstroom) is naby.
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,124
  • Thanked: 74 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #2 on: September 27, 2015, 03:27:58 pm »
Te veel bike vir my maar die HP lyk maar net goed :thumleft:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline COLES

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,046
  • Thanked: 2 times
Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #3 on: September 27, 2015, 03:37:53 pm »
mooi baie mooi
 

Online Noneking

Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #4 on: September 27, 2015, 03:43:40 pm »
Lekker geet en gekuier op Dullstroom en nadat ons Gryshond gegroet het vat ons die pad terug Nelspruit toe. Net buite Dullstroom draai ons af op n lekker grondpad om die bloedsomloop aan die gang te kry. Net genoeg om n ou wakker te hou na die lekker ontbyt en koue verversings.
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #5 on: September 27, 2015, 03:53:31 pm »
Kort stukkie teer tot by Lydenburg waar ons weer die grond slaan. Van hier grondpad tot by Sudwala grotte, stof is dik en daar is baie bobbejane en ape in die pad. Mokobulaanpas en Wonderkloof tot by Sudwala. Fantastiese natuurskoon, mooi uitsigte en die pad is redelik onlangs geskraap. Teen die tyd wat ons by Sudwala aankom is dit bitter warm in die Laeveld en drink ons 'n vinnige bier by die kroeg.






2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #6 on: September 27, 2015, 04:01:43 pm »
Toe ons uitloop by Sudwala  vra ek baie diplomaties vir Dwerg of ek dalk miskien asseblieftog as dit OK is met hom 'n ent op sy 690 kan ry..... Die opklim voel dadelik vreem en ek voel soos 'n reus op die klein fiets. Die warm lug piets my linker binnebeen en ek sweer die sitplek makeer iets, maar Bliksem, daai 690 ry soos 'n ding op spore op die grond. Ons is pas is dadelik vinniger en ek het baie meer selfvertroue op die 690 as die HP2. In die truspieltjie sien ek 'n prentjie wat min of meer soos my avatar lyk....... :pot:

2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #7 on: September 27, 2015, 04:13:45 pm »
Ons ry die laaste ongeveer 30km grond via Mount Carmelpas tot in 'n lekker warm Nelspruit en sluit die dag af met 'n lekker "bosbraai" by my huis.



2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #8 on: September 27, 2015, 04:27:16 pm »
Volgende oggend is ons bietjie stadig uit die blokke en dit is reeds lekker warm teen die tyd wat ons aan die gang is. Hilltoppas rigting Barberton en vandaar Noordkaap grondpad langs die Noordkaap rivier en dan R38 langs Suidkaap rivier na Louisville. 'n Lekker entjie se ry teen Low's Creek rivier en dan Shiyalongubopas tot by uitkykpunt oor die vallei.

















« Last Edit: September 27, 2015, 04:33:13 pm by Noneking »
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #9 on: September 27, 2015, 04:40:16 pm »
Vanaf die uitkykpunt volg ons die bosbou paaie verby Shiyalongubudam tot waar dit aansluit by die Josefsdal teerpad. Groot pret op die eindelose draaie en modderpoele met lekker slides en speel tot ons by die teer uitkom. In Barberton kry ons vir BUD500 en Dookie en hulle vrouens vir brunch voor hulle vertrek Swaziland toe vir die naweek.











« Last Edit: September 27, 2015, 04:43:09 pm by Noneking »
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline SchalkL

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,148
  • Thanked: 70 times
Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #10 on: September 27, 2015, 04:49:36 pm »
Jissie dit lyk lekker. Beplan bietjie weer daai trippie innie nuwe jaar dan vat jy 'n paar van ons saam.  :3some:
Sometimes you don't need a plan, just balls :)
I'd rather ... be riding my motorcycle and thinking about God than sitting ... in Church and thinking about my motorcycle.
 

Offline fcprinsloo7@gmail.com

  • Main MOEGOE...
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR-Z 400
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,059
  • Thanked: 54 times
Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #11 on: September 27, 2015, 04:53:49 pm »
Lieflik! Ek kom dinsdag dullstroom en omliggende areas beter leer ken. Nice trip! Dankie vir die skryf!
 

Online Noneking

Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #12 on: September 27, 2015, 04:56:45 pm »
Van Barberton ry ons na Kaapsehoop waar Dwerg dadelik ongelukkig lyk toe hy sy helmet afhaal. Die Akrapovic op sy KTM se rivets het los vibreer, carbonfibre endpiece is verlore en die titanium is gekraak. Die KTM maak 'n helse lawaai en hy s net daar die naweek is verby...... :eek7:

2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #13 on: September 27, 2015, 05:05:41 pm »
Hierna volg 'n middag van rondjaag tussen bikeshop en werkswinkel.......

Ek oortuig Dwerg om na naaste bikeshop te ry om vir hulp te vra. Mier by Two Cousins Bikeshop verwys ons na Havoc Racing net buite Witrivier. Juan maak die pyp reg so goed hy kan terwyl ek en Dwerg ons vergaap aan al sy projekte, insluitend 'n BMW K1600GTL motor wat in 'n chopper gebou word! :3some:









Juan roskam vir Dwerg omdat hy nie lube op sy ketting gebruik nie en in die proses sien ons die KTM se sprockets is op hulle laaste. Met so bietjie paaiwerk word Dwerg oorreed om die sprockets te vervang sodat ons Saterdag saam met Thomas Bhm van Sabie Valley rider Academy na Mariepskop kan ry. Ons ry terug na Two Cousins waar daar gou voor 5 uur 'n stel sprockets en ketting op die 690 gesit word.








Gun Gum van Midas om die klein gaatjie toe te smeer op die Akra






Ons sluit weer die dag af met 'n lekker bosbraai......




« Last Edit: September 27, 2015, 05:10:01 pm by Noneking »
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #14 on: September 27, 2015, 05:20:09 pm »
Saterdag is ons weer vroeg om vir Thomas Bhm (GS Trophy) en twee ander manne, Graig (KTM 990) en Addie (GSA LC) (nie seker of hulle WD's is nie) op Hazyview te ontmoet. Na 'n paar lekker koffies is ons oppad Mariepskop toe. Eerste entjie teer rigting Graskop en ons stop om bande af te blaas waar ons op die grondpad klim.







2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #15 on: September 27, 2015, 05:25:27 pm »
Weereens beeldskone roetes deur die Laeveld







2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #16 on: September 27, 2015, 05:27:16 pm »





2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #17 on: September 27, 2015, 05:29:07 pm »





2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #18 on: September 27, 2015, 05:31:24 pm »
Te veel bike vir my maar die HP lyk maar net goed :thumleft:

 :3some:


Lieflik! Ek kom dinsdag dullstroom en omliggende areas beter leer ken. Nice trip! Dankie vir die skryf!

Kyk bietjie na daai grond loops rondom Dullstroom - baie pret!
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Online Noneking

Re: Petoorse op Laeveld patrollie
« Reply #19 on: September 27, 2015, 05:31:50 pm »
Jissie dit lyk lekker. Beplan bietjie weer daai trippie innie nuwe jaar dan vat jy 'n paar van ons saam.  :3some:

 :thumleft:
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0