Sonder om hier in 'n fisika lesing betrokke te raak dink ek daardie wind waarvan jy praat was die grootste invloed. As die massa eers beweeg het dit geen invloed nie (Newton se eerste wet - jammer, ek kon myself nie keer nie
). Die windweerstand neem toe met die kwadraat van die spoed. Hoe die goed gepak is maak ook 'n groot verskil, baie meer as die gewig. Meer oppervlak vir windweerstand, meer petrol (en natuurlik BAIE meer as jy vining ry).
Ah Newton. Jy neem aan ons ry gelyk pad heeltyd. Nie waar nie.
Vandag in amper geen wind die onmiddellike gebruik gemeet en volgens komper wissel dit teen konstante snelheid van 132 (GPS) km/h tussen 5 l/100 km en 6 l/100km. Die verskil was die energie wat die fiets moes uitoefen om my teen 'n bultjie op te tel, vs. as my massa help, om afdraend te ry.
Maar: ek glo die wind maak oor die algemeen meer saak, as 'n rowwe veralgemening. We can
shit the science science the shit out of this, maar die gemiddeld hang rondom 17 km / l as jy beskaafd ry.