Schalk, jy gaan 'n merkwaardige verskil hê tussen die twee wat lewensduur betref. Die E07 gaan jou baie meer kilos gee, veral as jy baie teerpad ry. Die nuwe E-07 lyk bietjie meer aggresief, so kyk gerus na hom.
Ek gebruik die TKC -80 op die 990 & die AT, na ek lank E-07 op die 990 gehad het. Op die AT slegs omdat dit reeds op was maar op die 990 omdat dit meer grip bied op die stofpad in my opinie. Ek gaan egter sukkel om 3,500km uit die TKC te kry op die 990 en op die AT is hulle nie ver van kaput na die Quest nie.