Ai dit is nie lekker maat.
Die ouens wat dit doen kan nie altyd 'n trailer volmaak op die datum wat hulle beplan, een ou kanseleer, een ou verander datums, en dan op die ou einde van die dag sit jy met groot worries oor asof die verkoper hom nog ry of asof hy gesteel gaan word uit jou bike-dom maaitjie se jaard...nog voor jy hom eers besit...dit is maar 'n poef situasie all around en ongelukkig is daar nie 'n superhero tussen die couriers, almal van hulle het al foute gemaak.
Ek het die ander dag my bakkie gelaai, trailer gehak en pel gelaai vir die lang pad Gautenaleng toe om 'n bike op te laai. Ongelukkig was dit nie bedoel en 300km uit het ek 'n bok getref, amper gevrek and my bakkie afgeskryf. Ek moes 2 dae in die huis langs die pad bly en niemand kon my help om die huurtrailer terug te kry. Ek het ALMAL gevra, en dis sommer hang-myself kak want ek help altyd ander, van groot tot klein.
Die ergste though was nie die bakkie verloor, die droom fiets wat toe aan iemand anders verkoop is, die beseerde pel ( sy boetie was ook sommer in 'n hit-n-run binne 2 minute van ons ongeluk) maar die blerrie vrou by die blerrie trailer huur plek wat toe in die grootste pyn in die gat verander wat ek nog gesien het. Sy het die huis waar ek bly 35 keer gebel, my versekering, ma en myself die heeltyd gepester en net die situasie van 'n kak een na 'n unbearable een verander. Op die ou eonde van die dag het die ding net 'n uur later daar beland as wat ek voor betaal het en die vrou het natuurlik gedink dit is als te danke aan haarself. Dit is die goed wat 'n mens nie kan hanteer want in daai moeilike situasie si niemand oor jou welsyn gepla of die groot boelie wat op jou spoor geplaas is maar net oor hulle self en hulle aardse dinge.
Weskus ek ken nie situasie en het nog nie 'n bike courier gebruik. My kennis oor hulle is agv n pel wat baie met hulle te doen kry maar ek wil vir jou se dit is nie maklik om in jou skeone te wees of die courier sin. Ek hoop maar dat jy goeie luck het van hier af, ek dink jy verdien 20 jaar sin, maar wees net bewus dat daar is daai manne daar buite wat een kar ry, 'n zef goose het en net bad luck het most of the time. Om brood van hulle tafel af te haal is nie die manier maat.