Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Al om die (droŽ) pot.  (Read 900 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline karooblom

  • Member
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Northern Cape
  • Posts: 82
  • Thanked: 5 times
  • Fox-terrier opsie
Al om die (droŽ) pot.
« on: December 21, 2018, 01:12:39 pm »
So besluit ons klompie Fraserburg biker mice om Sondag 16 Desember bietjie te gaan rondry, sommer net vir pret en om die gemoed ligter te kry. Almal wil graag Rammelhoek pas by Sutherland gaan ry en aangesien my ou wederhelfte hom net twee of drie weke tevore gery het, besluit ons toe ďso gewil, so gemaakĒ. My swaer stel egter aan almal ʼn ultimatum Ö. eers Kerk, dan motorfiets. Nou wie is ons om nee te se vir Kerk Ö. i mean, dit is goed vir jou siel en gees.

Swaer preek toe want ons dominee is met verlof (ook die dat hy ultimatums stel...sy manier om meer mense in Kerk te kry  ;D). Sy preek gaan oor jou erfenis. Let wel, nie jou erflating nie Ö blyk daar is ʼn groot verskil. Erflating is iets tasbaars maar erfenis is die ontasbare, die spore van ons voorgeslagte in ons hele menswees, in hoe ons is en hoe ons dink. Ons lewende erfenis. Hy laat my toe nogal kwaai wonder wat is my erfenis wat ek nalaat aan my gesin en die mense rondom my. Sal ek eendag ʼn glimlag op mense se gesigte laat of eerder dalk ʼn bitter smaak in hul monde? Mens  :dink: nie altyd aan sulke dinge nie.
What others think of me is none of my business!
 
The following users thanked this post: GIDEON

Offline karooblom

  • Member
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Northern Cape
  • Posts: 82
  • Thanked: 5 times
  • Fox-terrier opsie
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #1 on: December 21, 2018, 01:14:11 pm »
Na Kerk kom ons almal toe by die kafee bymekaar. 6 fietse, 8 mense. Met die bymekaarkom slag is daar al sommer moeilikheid. Swaer se clutch kabel het gebreek. Maar soos ons Karoo boere mos maar is, ons maak altyd ʼn plan. Sy plan is om sonder clutch te ry. Daar is mos genoeg maats om die fiets brand te stoot. Probleem opgelos. Ons almal koop eers drinkgoed want die wÍreld is kokend warm en toe is dit tyd vir ry.
What others think of me is none of my business!
 

Offline karooblom

  • Member
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Northern Cape
  • Posts: 82
  • Thanked: 5 times
  • Fox-terrier opsie
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #2 on: December 21, 2018, 01:15:02 pm »
Daar is vooraf besluit ons ry met die Sutherland pad en neem dan die Calvinia afdraai. So vlieg ons toe almal weg, swaer met sy af clutch en al. Ons was skaars op die Calvinia pad toe is daar weer moeilikheidÖ.4 fietse is weg. Ek en wederhelf draai toe maar om om te gaan kyk wat aangaan. Swaer ry aan om Ďn afdraand te soek om teen stil te hou. Ek en wederhelf kry darem later 2 van die vermiste 4 fietseÖhulle 2 het omgedraai om ook die 2 agterosse te soek. Nou die 2 wat toe wegraak, ken nie die distrik juis so goed nie. Ek, wederhelf, Conrad en Hein besluit ďoh wellĒ hulle sal iewers op ʼn dorp uitkom ten spyte van die pad wat hulle gevat het. Hulle 2 weet darem dat ons oppad Sutherland toe is.

Ewenwel, ons vat toe die pad om vir afclutch swaer te loop inry. Die Karoo is maar plat, maar gelukkig vir swaer het hy toe ʼn afdraand gekry om teen stil te hou. Ons ander kom trek agter hom in en bespiegel eers wat van die 2 boeties geraak het terwyl ons ʼn nattigheid vir die stowwerige kele vat. Nadat ons bietjie gesels en gewonder het oor wanneer die ramp droogte gaan wyk saal ons maar weer op. Die pad in Sutherland toe raak nogal heel interessant en ek en wederhelfte bespiegel so op pad dat dit by ons darem wragtig net so droog is soos in Sutherland distrik (hulle het gelukkig nou ʼn groot besending voer gekry, ons aan die ander kant is nie heeltemal so gelukkig nie en moet maar ons voer aankoop). Langs pad gewaar ons ʼn oom wat besig is om sy mowwe te voer Ö dit kwart voor 1 op ʼn Sondag middag. Die oom se mowwe lyk goed en in my hart is ek toe sommer trots om ook te kan sÍ ons is merino boere, ons sorg vir ons skaap, come hell (droogte) or high water (goeie reŽn). Ek kry eintlik Ďn knop in my keel want die oom se erfenis wys duidelik en ek sit en hoop so in my stilligheid dat hy kinders het aan wie hy sy passie vir sy diere kan oordra. Die laaste stuk pad tot in Sutherland is maar erg skurf (hulle moet daar ʼn bord opsit wat lui Ė haal uit jou valstande en maak jou bra stywer vas). Nodeloos om te sÍ ek was verlig toe ons Sutherland inry.

Nadat ons petrol getap en paar woorde met oom George gesels het besluit ons om iets te gaan nuttig by Jupiter. Ek en swaer se dogter stap solank want ons vroumense het mos altyd bietjie meer tyd in die badkamer nodig. Die kelnerin is verskriklik vriendelik en ek bestel sommer dadelik 2 dry lemonís. Hulle en baie ys het wraggies die trick gedoen om die dors te verdryf. Nadat die manne ons gejoin het, het ons gou besluit wat om te eet. Ons was skaars klaar bestel toe kom dreun daar nog 2 fietse voor die deur en jou wrintie waar is dit ons 2 verlore maats. Hulle 2 het die kat heel aan die gat beetgehad en toe die verkeerde pad gevat. Gelukkig vir hulle het mense hulle langs die pad gekry en toe beduie waarheen hulle moet gaan. Hulle 2 was toe natuurlik so jittery dat hulle sommer net daar by Jupiter wou omdraai en terug ry huis toe. Gelukkig kon die ander manne hulle darem oortuig om verder saam te ry.
What others think of me is none of my business!
 

Offline karooblom

  • Member
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Northern Cape
  • Posts: 82
  • Thanked: 5 times
  • Fox-terrier opsie
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #3 on: December 21, 2018, 01:17:05 pm »
Nadat ons klaar geŽet het, vertrek ons verder op ons reis om die pot. By die regte afdraai vat ons weer die grondpad (wederhelfte hou mos niks van teerpad ry nie). Die pad is goed en ons stoot maar so aan. Ek en wederhelfte gesels maar so oor ditjies en datjies. Daar is nie veel om oor te praat nie (nog minder om af te neem) want ons sien net droogte. Ek vra hom later wat die mense agter die hemelhoŽ geŽlektrifiseerde draad van Roggekloof wil aanhou. Nee seg hy, dit klink vir hom dit is maar net vir bewaring van dit wat alreeds binne is. Vir my lyk dit hulle gaan olifante en leeus daar aanhou. Selfs nie eens Sylvester die leeu sal daar kan ontsnap nie. Later draai ons af op ʼn plaaspad ... pad is nie sleg, is maar jou gewone 2 spoor pad. Ons maak maar so om die beurt die hekke oop. Ek is elke slag bly as dit my beurt is want my agterent en sit het op daai punt al stry gekry.
What others think of me is none of my business!
 

Offline karooblom

  • Member
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Northern Cape
  • Posts: 82
  • Thanked: 5 times
  • Fox-terrier opsie
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #4 on: December 21, 2018, 01:20:04 pm »
Op ʼn stadium verneuk wederhelfte hom so bietjie met sy spoed, plus met sy nuwe hoŽr skerm waarin sy handelbar weerkaats sukkel die ou so bietjie om te sien en die GS vang ʼn sandwal in ʼn draai, en soos ons almal mos weet, GS staan juis vir geen sand. Nou die van julle wat al baie hard geval het, jy sien mos in daai oomblik voor jy val presies hoe die val gaan verloop. Alles is mos so half in slow motion. Dis wat ek gesien het. Ek sien presies hoe ek gaan trek, ek weet presies watter skouer eerste waar grond en klip gaan tref, ek voel die pyn in my arm en nek en ek hoor hoe my GP vir my vertel wat alles gebreek is, ek sien die gesprek met ons bankbestuurder om die skade aan die fiets te herstel, want in die dorre Karoo tussen rooi ysterklip val mens en fiets hard. Met genade van bo en wederhelf se vernuf bly die fiets regop en ons 2 bo op. Ek dink die feit dat ons Kerk toe was het baie daarmee temake gehad. Maar wat my erflating betref, kom ons sÍ maar net gelukkig het my kinders en naastes nie gehoor wat ek alles gesÍ het nie. Ek druk dadelik my comms aan om met wederhelf te praat en te vra wat der aarde het hy nou gemaak, maar ek kry niks uit nie want ek is skoon naar geskrik. Wederhelfte vra nog of ek ok. is maar niks. Ek het maar in my stilte ons Skepper bedank vir sy beskermende hand en ook groot om verskoning gevra vir my taalgebruik. Later toe ons stilhou vra wederhelf weer of ek ok. is, ek seg ďja, maar ry maar bietjie stadiger groot asb. want my senuwees gaan dit nie hou nieĒ. Ek verneem by wederhelf dat hy self bietjie naar geskrik was.

Nadat ons koeldrank gedrink het, vat ons weer die pad. Die slag darem klein bietjie stadiger. Net voor Rammelhoek pas kry 1 van die verlore boeties ʼn klip steek op sy agterwiel en moet ons die eers weer herstel. Ek is maar al te dankbaar want die wÍreld sing van die hitte en ek bly dors. Nadat fotoís geneem en band herstel is, sak ons die pas. Wat ʼn belewenis. Dis steil en hoog en al is dit horing droog, is dit ʼn besonderse view oor die Koup. Wederhelf vertel my van 2 rowwe manne wat 1 slag met 2 lorries en waens vol skaap die berg uit is. In my mening raas hulle koppe erg en moet hulle dalk sielkundiges gaan spreek. Alhoewel wederhelf darem self fly is met lorrie en wa stem hy heelhartig met my saam. Dele van die pas se oppervlak is geteer, om te keer dat rygoed aan die skop raak as hulle klim .... so steil is dit daar.
What others think of me is none of my business!
 

Offline karooblom

  • Member
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Northern Cape
  • Posts: 82
  • Thanked: 5 times
  • Fox-terrier opsie
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #5 on: December 21, 2018, 01:37:29 pm »
uitsig oor Koup
What others think of me is none of my business!
 

Offline karooblom

  • Member
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Northern Cape
  • Posts: 82
  • Thanked: 5 times
  • Fox-terrier opsie
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #6 on: December 21, 2018, 01:40:20 pm »
Onder die berg klim die temperatuur aansienlik en wissel dit tussen 38 en 40 grade. Ek dog nogal ek kan my visor bietjie oopmaak vir wind maar die wind is so warm dat dit jou gesig brand. Ek maak maar weer my visor stilletjies toe. Gelukkig is die Wes Kaap se paaie baie beter as Noord Kaap so ons kan bietjie vinniger vorder. In Merweville gekom koop ons eers koue koeldrank en roomys en geniet dit net daar oorkant die winkel onder ʼn ou bloekom se skaduwee. Ons kry 2 ander manne wat ook per motorfiets travel en besluit het hulle gaan die nag oorslaap. Ons lotjie kuier sommer lekker so op die sypaadjie.

Ons groepie besluit toe om nie die teerpad terug huis toe te neem nie maar eerder ʼn verbindings pad wat vanaf die Merweville Ė Beaufort Wes pad afdraai en aansluit by die Oukloof pad te neem. Een van die groep reken dis ʼn baie goeie plan aangesien sy vrou nie by die huis is nie en al wat hy te doen het is om vir Carte Blance te gaan kyk. Die 2 boeties is OP grondpad gery en besluit om eerder teer om te gaan. Ons klompie groet toe maar en vat weer die pad. Die Merweville Ė Beaufort Wes pad is hemels om te ry al is dit ʼn grondpad. Ek begeer net om so ʼn pad van die plaas af tot in die dorp te kan hÍ. Maar ek weet dat dit nie in my leeftyd ooit sal wees nie.
What others think of me is none of my business!
 

Offline karooblom

  • Member
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Northern Cape
  • Posts: 82
  • Thanked: 5 times
  • Fox-terrier opsie
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #7 on: December 21, 2018, 01:41:51 pm »
Op die verbindings roete ry ons by ʼn plaas verby waar wederhelf gereeld gaan lusern aflaai ... hy wys vir my die tannie se miniatuur perdjies en vertel hoe stout hulle is as daar lusern afgelaai word. Die tannie boer nogal groot en kry heelwat gaste en jagters. Een van ons mede ryers beduie na ʼn huisie waar hy en sy vrou gaan uitspan het, hy vertel ons van hoe lekker dit is. Dit is besonders mooi daar al is die veld toestande daar ook maar betreurenswaardig. Ek seg vir wederhelf as hy weer by die tannie gaan lusern aflaai moet hy so bietjie vir ons ook ʼn 2de honeymoon boek daar by die huisie. Hy sÍ dit hang af van hoeveel koffie ek van nou tot dan vir hom in die bed bring. Ek sal seker van nou af heel wat vroeŽr moet opstaan.

Later hou swaer, wat altyd die voorpunt van ons ry groep vorm omrede sy clutch, stil teen ʼn effe skuinste. Dis die enigste skuinste wat hy kon kry wat in die skaduwee is. Die ou se agteroppie is moeg en honger. Ek is in my siel dankbaar want my gat is deurgesit. Ons klomp vat eers ʼn watertjie en chips en geniet die koelte wat begin daal. Na die dag se hitte wil ek glad nie meer in die son sit nie. Dis ons laaste stilhou op die roete as groep. Ons hou bietjie nabetragting van die dag se rit en sommer alles wat gesien en beleef is.

Ons bondel saal weer op en vat die pad. Terug op Fraserburg het ons maar net so in die verbygaan vir mekaar gewaai en elkeen het sy pad huis toe aangevat. Ek en wederhelf en swaer en sy agteroppie moet nog plase toe terwyl die ander 2 in die dorp agter bly. 420km later was ek bly om weer by my huis te wees met ʼn koue glas sap in die hand en my kidoís om my. Alhoewel daar nie veel was om te sien nie, was daar baie om te beleef en kon ek weer die grootsheid van die skepping ervaar. Die Koup met sy uitgestrekte vlakte, Oukloof se klowe en berge. Ek is net ongelooflik hartseer oor die alewige DROOGTE in ons mooie Karoo.
What others think of me is none of my business!
 

Offline RobC

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 13,575
  • Thanked: 222 times
  • Bloemfontein
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #8 on: December 21, 2018, 01:48:13 pm »
Lekker vertelstyl Karooblom!
 

Offline Nimmo

  • Let your regrets not be the things you did not do.
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 2,748
  • Thanked: 49 times
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #9 on: December 21, 2018, 01:53:35 pm »
Lekker saamgery - goed om te weet daar is WD's in Fraserburg, ry baie daar verby af suid.
Ons hitte en die droogte en WINDE die laaste tyd maak dat mens se siel swaarkry.  :patch:
CT110,XT250,CX500,R100RS,ZZR400,DR650RS,XT350,K100RS,R1100RS,R1100S,K1200RS,XT350,R1100GS,F650GS,F800GS,XL200,TW200, HP2, KTM 990  :amazon:
Sunset Chalets 082 493 8814


NIMMOíS Ride Reports
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,540
  • Thanked: 392 times
    • dustriders.co.za
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #10 on: December 21, 2018, 02:39:47 pm »
Lekker trippie en lekker gelees Lizaan. :thumleft:
Ek het myself belowe ek kom julle kuier sodra daai wÍreld deurslag nat is.......................................ek hoop die reen kom nou gou voor ek ophou bike ry. :(
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Ri

  • Stray DR Collector
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,840
  • Thanked: 447 times
  • DR650 Admirer
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #11 on: December 21, 2018, 02:56:35 pm »
Baie oulik geskryf en pragtige foto's - dankie vir die deel :thumleft:

Ek ken daai naar skrik van amper val... :eek:
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3,190.23 - R1,600 for steel purchase
 

Offline Tom van Brits

Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #12 on: December 21, 2018, 03:45:53 pm »
Lekker RR  :thumleft:
 

Offline Bokveld

Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #13 on: December 21, 2018, 10:03:14 pm »
    Dit was nou sommer n lekker trip.Dankie vir die deel. :thumleft:
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,127
  • Thanked: 29 times
  • East London
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #14 on: December 21, 2018, 11:50:27 pm »
Dankie vd deel. Was lekker om saam te ry,
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,894
  • Thanked: 406 times
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #15 on: December 22, 2018, 08:41:12 am »
Dankie vir die deel en daai man wat so aanhou al is daar nie meer koppelaar nie. :thumleft:
My tipe man daai, met so een kan mens ver saamloop.
Snaaks daai niks kom nooit uit jou bloed nie, ek is al baie jare uit die karoo en verlang nogsteeds na daai dooie hitte, warm wind,koue damwater by die waterpunte langs die pad, wilgebome en bossie skaap se lekker vleis!
Dankie vir die lekker saamry
Dakar 650
SR 500
 

Offline benreaper

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 550
  • Thanked: 42 times
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #16 on: December 22, 2018, 09:10:52 am »
Dit is darm maar net lekker as n man en vrou die motorfiets ry so saam kan geniet.
 

Offline karooblom

  • Member
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Northern Cape
  • Posts: 82
  • Thanked: 5 times
  • Fox-terrier opsie
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #17 on: December 22, 2018, 07:14:10 pm »
Lekker vertelstyl Karooblom!
Dankie RobC

Sent from my Redmi Note 5A Prime using Tapatalk

What others think of me is none of my business!
 

Offline karooblom

  • Member
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Northern Cape
  • Posts: 82
  • Thanked: 5 times
  • Fox-terrier opsie
Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #18 on: December 22, 2018, 07:15:48 pm »
Dankie julle almal. Ek's geen Deon Meyer en het beswaarlik my opstelle op skool deurgekom so dis baie lekker om te weet julle geniet my RR

Sent from my Redmi Note 5A Prime using Tapatalk

What others think of me is none of my business!
 

Offline Merino

Re: Al om die (droŽ) pot.
« Reply #19 on: December 24, 2018, 10:16:02 pm »
En vanmiddag het ek daai splinter nuwe Wareagle screen met 9 cm korter gemaak.   Dit is regtig nie lekker om verblind in die draaie in te gaan nie.  Nimmo ek sal jou graag eendag wil raakloop.  Ek geniet jou RR's altyd baie.  ChrisL die ou karoo het nou genadewater baie nodig.  Dinge begin nou verkeerde kant toe draai vir ons .  Hoop ons sien gou weer mekaar.  Maar my ou seehuisie sal nie gou vir my sien nie. Ons kan eenvoudig net nie hier los nie.  Kom maar Vrydag 28 Desember vir die Swartberg Night Ride dan kuier mens so bietjie.

Sent from my SM-A720F using Tapatalk

Merino