Ek kan nie praat vir die SE-manne nie.
Eintlik ook nie namens die ander HP2-manne nie. Eintlik net namens myself.
Ek het 'n spils bike gesoek wat betroubaar is en bietjie raar/gesog.
Check.
Eintlik jok ek! My vereistes was as volg nadat ek verveeld geraak het met die immer-capable 1200GS:
1. Tubeless bande
2. Shaft drive
3. 21-duim voorwiel
Daar is net een so 'n bike in die wereld - die HP2
Hy's nie perfek nie, maar dis al wat ek wil he. Jare gelede was ek te arm vir die R80 G/S Kalahari. Ek voel dat die HP2 dieselfde statuur het i.t.v. rariteit. Net effens meer spils.
Ek hou ook baie van die SE, maar ek twyfel of hy dieselfde versamelaarswaarde gaan he oor 10 jaar. SE eienaar sien hulle bikes as tools (uit my subjektiewe oogpunt). HP2-eienaars sien hulle bikes as objets d'art en objects of desire.
Die HP2 is ook 'n bietjie faktap as jy mooi daaroor dink. Maar op 'n benydenswaardige manier. Het hy foute? Baie! Pla dit my? Fokol!
