Ok manne, die plan was om Namibië redelik vinnig deur te ry om soveel as moontlik tyd in Angola deur te bring, ons sou dieselfde roete as Metaljockey-se span volg en indien ons dan nog tyd op hande gehad het bietjie verder Noord beur tot by Black Rock en Watervalle in omgewing (soos gepublusiseer in Wegry 'n maand of 3 vantevore) Bob het sy fiets gery tot by my in Vredendal en almal sou fietse hier laai, en die opgewondenheid probeer hokslaan tot ons Vrydag'ogg vroeg sal vertrek.

Wat voorbereiding van die fietse aanbetref het ons almal sprockets en kettings vervang, nie die Gifappeltjie nie ek weet, wheelbearings, batterye die lot is deurgegaan en vervang waar nodig...Nuwe bande met 4mm enduro tubes die lot. En dan natuurlik pakplek vir petrol. Ons het rame gemaak wat op die SW Motech Quickloc rame pas wat 10lt Jerry's alkant vat, 7lt bladders was Nico se panniers vol en Bob het 2 x 20lt Jerry's langs die kant van sy fiets gefit... Ons het man-man tussen 37 en 40lt petrol eksta gedra. Dit verander dinge drasties..


Wat kos aanbetref het ek vir ons vars steaks laat vacuum en hard gevries, dit sou genoeg wees vir 3 aande tot by Fos de Cunene. John West tuna sal ek seker nooit weer met oorgawe kan geniet nie en 'smash'? Wel ek dink ek het my kwota poeier-aartappels in. Ons het tussen 10-12lt vars water per man gedra, ek en Bob het 5lt wyn per fiets gedra(hy gaan my uithaal op hierdie 1) en dan het ons natuurlik bietjie hardehout ook ingepak, en soetes, omtrent 'n f@kken vragskip sê ek julle...
Ons het bietjie teëspoed gehad met die sleepstang, 'grubscrew' was vasgeroes wat redelik speling veroorsaak het en ons is ingekort om 110km/h en stadiger te ry, tot ons 'n Transkei-plan beraam het (nadat die bottel Gin eers uit was) en die outjie met bloudraad opgewen het dat jy hom met 'n cutting-torch sal moet afsny, honkie-dorie daar loop ons lekker 140km/h..

Eerste aand het ons in Keetmanshoop oorgebly. Ons moes volgende oggend die 'Muf naartjie inboek by KTM Windhoek, die afêre het blaasontsteking onwikkel en hulle moes gou 'n klein operasie'tjie teen 'n geringe fooitjie doen..


Net na middag was ons op die pad en het gemik Kamanjab rigting. Die pad het lank geraak en mens moet maar jouself besig hou.

Ek wou nog altyd graag bekfluitjie speel......

....ek is net nooit die geleentheid gegun om te leer nie, my vriende dink ook nie ek het uitsonderlike talent nie!
Die pad het selfs so lank geraak dat daar op hierdie vriend van my geskiet is met 'n kettie...

...deur hierdie aangedrinkte gemaskerde vent..

By Kamanjab Ruskamp aangekom het ons probeer opstock op 'luxeries' soos groente wat ons vir die volgende week nie sou sien nie, lekker groente gestoom en soetmielies gekook, saam met 'n lekker worsie, krummelpap en tamatie-en uiesmoor, voorwaar voortreflik kêrels..
