1200 GS - STANDAARD of ADV ??

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

jb

Pack Dog
WD Supporter
Joined
Sep 12, 2007
Messages
289
Reaction score
26
Location
Pretoria
Bike
KTM 690 Adventure
Dagsê

Bly ek het hierdie forum ontdek - klink of dit die plek is waar mens nuttige kennis van Avontuurfietse en verwante onderwerpe kan opdoen.

Dalk is daar 'n paar ouens wat hulle mening tov die volgende kan deel:

1200GS Standaard of 1200 Adventure

Ek wil graag opgradeer van my 650GS na een van bogenoemde. Wat sou die kriteria wees om te gebruik? Die grootste verskille wat debatteer word is - WINDSKERM - GEWIG - SAAL HOOGTE (ek is kaalpoot so 1.78m) - BRANDSTOF TENK & REIKAFSTAND - EKSTRAS STANDAARD OP ADV.

Ek wil die fiets meerendeels gebruik vir lang afstand toere, met die opsie om darem van die teerpaaie te kan afdwaal. Kairo toe is nie in my beplanning nie, dalk eendag!

Insette word waardeer
 
Top