Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery  (Read 1136 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« on: June 23, 2012, 07:41:41 pm »
Na laasnag se lekker ren (so 12mm hier oppie plaas) het die rygogga my weer vanoggend gebyt en moes en noodgedwonge 'n paar kilometer gaan afl.  Die wind het nogal kwaai gewaai - seker so 25 - 30km/u - en elke nou en dan was daar nog so paar druppels ren wat geval het maar ry moes ek maar.

Elk geval, ek vat toe die (grond)pad hier vannie plaas af en ry toe daar verby 4 Artillerie Regiment naby Potchefstroom oppad Eleaser toe.  Die stuk teerpad nadat jy afgedraai het van die R53 ry al langs die sogenaamde Hoveld Nasionale Park aan die suide.  Dis maar net n grap omdat daar ooral plakkers in die park is wat met beeste, bokke, skape en watnog n bestaan probeer skrop. Die hele plek is afgebrand, die grensheining is gesteel en dit lyk maar benard.

Ek ry maar vinnig om op die grond te kom en daar verby te kom na waar die Wes Transvaal se vlaktes mens weer kan laat asemhaal.  Die pad is nou lekker, niks stof nie maar paar lekker moddergate wat keer laat ek slapl.


By dorsland at 2012-06-23

So 5km na die foto was daar n lang stuk goeie snotmodder waar n jong lat sy Isuzu bakkie die veld in gerol het.  Gelukkig is hy OK en sy meisie was al daar (in n Polo wat nie vir daai stuk pad gemaak is nie) om te troos en trane af te vee.  Ek het gestop om hulp aan te bied maar die man se pa was al oppad om te kom help (of om bestuursadvies uit te deel).  Ek het nie langer gebly nie want die pad het my geroep.

So n winter rit kan mens na padkos laat verlang.  Gelukkig het ek my ratpack goed beplan en kry ek toe iets wat die ergste hongerpyne kon stil. Ek dink ek gaan vir my een van daai klein gasstofies wat die staproete manne gebruik, aanskaf.  Dan kan mens die ratpack bietjie meer interessant maak met n koffietjie en dalk sommer beskuit ook.  Nie dogbiscuits nie verstaan, ouma se beskuit.


By dorsland at 2012-06-23

Nadat die dro vleisies bietjie minder gemaak is, ry ek verder, lekker rooisand wat goed vasgepak is na die ren.  Lyk my die kant toe het dit meer geren want die pad is plekplek lekker nat.  Maar die beste is die vars lug.  Ai man, kan die winterveld daarem lekker ruik na so n renbui.  Dis sommer lekker om in die veld te wees, natuurlik op die motorfiets n.

Net na ek op die spoorlyn se dienspad kom sien ek die natneuse wat uit 'n waterplas suip.  Loop sommer so los rond.  Nou nou is hulle deel van die ratpack se biltong.  Ek hou maar verby.  Tien jaar hardepad vir veediefstal is nie vir my te aanloklik nie.  Maar wag, veediewe kry maar so R300 boete dan is hulle weer los op straat.  Ag wat, ek is al verby en ek ry in elk geval nou te lekker; draaie, los gruis, waterpoele, oorrie spoorlyn, annerkant af, daar gat ek al weer. Anderdag dan vul ek die biltong weer aan.


By dorsland at 2012-06-23

Dis so 'n kort stuk teerpad dan ry ek vir die eerste keer oor die Vaalrivier die Vrystaat in. Die rivier loop mooi, daar is 'n ou met so 'n geel "oilskin" wat lyk asof hy op 'n kaai in die Kaap hoort, wat visvang.  Hy groet ewe vriendelik toe ek verbyry.  Die bruggies oor die Vaal het maar seergekry met die vloede die afgelope paar jaar maar vir nou staan di een nog en dan is dit VRYSTAAT!


By dorsland at 2012-06-23

Hoe lyk daai XR vir julle?  Ag OK daar is nou paar manne hier wat my sal koggel maar hy ry vir my lekker op die grondpad.  Pasop net vir langpad teer ry.  Veral soos vandag as die wind so waai.  Hy moes eintlik 'n sitplekgordel gehad het sodat die wind mens nie afwaai nie  ;D  Ek het laasweek vir hom IMS voetstutte opgesit en nou is dit baie meer gemaklik om windgat te wees en te staan en ry.  

Dis ook nie lank nie en daar is 'n paar koppies (ja julle Kaapenaars het julle berge, maar ons is baie trots op ons koppies, hulle roep ons so oor ons vlaktes nader).  Dis die buitewyke van die Vredefort Koepel, baie mooi.  OK OK hulle kry nie so miskleed oor hulle soos DIE BERG daar naby Kaapstad nie, maar dan is hulle koppe ook nie so plat soos julle berg s'n nie  ;)


By dorsland at 2012-06-23

Hei, kyk, daar is ek ook (koppies in die agtergrond)


By dorsland at 2012-06-23

Nie te lank na die laaste foto toe ren dit weer so klomp druppels en fotoneem moet maar wag.  Dis bitter mooi hierlangs en daar is baie plekke om fotos te neem.  Sal moet terugkom.  Vir nou sak die son al , die wind waai 'n barshou en dit beginne nou koeler raak.  Ek dink weer daai klein stofie gaan 'n wenner wees.  Hier is baie oorstaanplekke waar 'n beker koffie lekker sal kan stoom.

Ek gaan weer oor die Vaalrivier, Noordwes in.  Nog 'n lae bruggie wat skade gekry het.  Daar is groot boomstompe wat nog teen die brugpilare vasklou en orals bo-op die brug kan mens sien dat hier baie water oor hom geloop het.  Sommer sulke stukke van die ryvlak weggebreek en groot stukke beton uit sy kante afgebreek. Binnekort hoef mens nie Third Bridge naby Moremi toe te ry vir 'n brugavontuur nie, jy kry dit sommer hier in jou eie land.


By dorsland at 2012-06-23


Nie te ver hiervandaan, is dit teerpad terug plaas toe en ek kappit flou.  Ja, 'n XR kan dit flou kap as dit moet.  Jy moet net vashou as die wind so waai.  Maar dis 'n storie vir 'n ander dag.  Vandag het ek lekker gery, nie afgewaai nie en weer mooi plekke sommer hier amper op my voorstoep gesien.


 
« Last Edit: June 30, 2012, 05:14:30 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Geotraveller

  • Guest
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #1 on: June 23, 2012, 08:00:54 pm »
Dankie vir die saamry met jou.
 

Offline Sandban(g)k

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,992
  • Thanked: 61 times
  • Bultfontein
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #2 on: June 23, 2012, 08:18:35 pm »
Baie nice RR!  Waar boer jy?
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,144
  • Thanked: 81 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #3 on: June 23, 2012, 08:24:48 pm »
Lekker trippie mooi wereld en lekker bike om dit mee te geniet  :thumleft:

 :ricky:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #4 on: June 23, 2012, 08:28:37 pm »
Baie nice RR!  Waar boer jy?

Dankie.  :thumleft:  Hier tussen Potch en Ventersdorp.  Jy's mos op Kroonstad?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Bashplate

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 674
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #5 on: June 23, 2012, 08:30:10 pm »
 :thumleft: :thumleft: Lyk lekker  :thumleft: :thumleft:
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #6 on: June 23, 2012, 08:36:33 pm »
Sandban(g)k: mens kan seker al die pad grondpad daar na jou kant toe ry?  Het jy enige GPS roetes wat jy kan aanstuur asseblief?  Sal dit graag 'n dag wil ry. 
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Sandban(g)k

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,992
  • Thanked: 61 times
  • Bultfontein
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #7 on: June 23, 2012, 08:39:26 pm »
Sandban(g)k: mens kan seker al die pad grondpad daar na jou kant toe ry?  Het jy enige GPS roetes wat jy kan aanstuur asseblief?  Sal dit graag 'n dag wil ry. 

Ja hier is baie grondpaaie!  Kan n roete vir jou loer op Mapsource as jy wil?  Ek het in die week tot in Parys gery, omtrent 20 km teer, die res grond.  Die roetes naby die koepel is regtig baie nice, kon nie glo ek het nog nooit moeite gedoen om daar te gaan ry nie!
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #8 on: June 23, 2012, 08:53:28 pm »
Sandban(g)k: mens kan seker al die pad grondpad daar na jou kant toe ry?  Het jy enige GPS roetes wat jy kan aanstuur asseblief?  Sal dit graag 'n dag wil ry. 

Ja hier is baie grondpaaie!  Kan n roete vir jou loer op Mapsource as jy wil?  Ek het in die week tot in Parys gery, omtrent 20 km teer, die res grond.  Die roetes naby die koepel is regtig baie nice, kon nie glo ek het nog nooit moeite gedoen om daar te gaan ry nie!

Neewat moenie moeite doen nie, ek dog as jy dalk reeds 'n roete het kan jy hom vir my stuur.  Ons moet dalk so 'n roete beplan dan gaan ry ons hom een of ander tyd?  Ja daar is bitter mooi plekke daar in die Koepel se omgewing. Ek sit nou net en Basecamp beloer hier, 'n vriend van my boer anderkant Reitz en ek dink hy moet gekuier word.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Sandban(g)k

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,992
  • Thanked: 61 times
  • Bultfontein
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #9 on: June 23, 2012, 08:54:26 pm »
Baie nice roetes na die Oos-Vrystaat toe, as jy gaan sal jy meer as n dag daarvan moet maak.... :mwink:
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #10 on: June 23, 2012, 08:54:41 pm »
Sandban(g)k: mens kan seker al die pad grondpad daar na jou kant toe ry?  Het jy enige GPS roetes wat jy kan aanstuur asseblief?  Sal dit graag 'n dag wil ry. 

Ja hier is baie grondpaaie!  Kan n roete vir jou loer op Mapsource as jy wil?  Ek het in die week tot in Parys gery, omtrent 20 km teer, die res grond.  Die roetes naby die koepel is regtig baie nice, kon nie glo ek het nog nooit moeite gedoen om daar te gaan ry nie!

Hoe lank het jy Parys toe gery?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #11 on: June 23, 2012, 08:56:05 pm »
Baie nice roetes na die Oos-Vrystaat toe, as jy gaan sal jy meer as n dag daarvan moet maak.... :mwink:

Ja dis maar altyd die probleem.  Meer as 'n dag weg van die plaas af dan is dit weer chaos as jy terugkom.  En di tyd van die jaar met die brande kan mens dit nie te ver weg waag nie.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline 2StrokeDan

  • I've been to paradise, but i've never been to me....
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 22,038
  • Thanked: 890 times
  • RD350 and Rossi!!!!!!
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #12 on: June 23, 2012, 09:27:14 pm »
Mooi foto's Dorsland! Ek was vir drie maande opleiding in Bike squad by Berede sentrum naby Potch, hoekal daar anderkant 4veld[as ek reg onthou?]
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #13 on: June 23, 2012, 09:33:54 pm »
Mooi foto's Dorsland! Ek was vir drie maande opleiding in Bike squad by Berede sentrum naby Potch, hoekal daar anderkant 4veld[as ek reg onthou?]

Dankie, dit is baie mooi wreld daar en mens neem maklik goeie fotos.  Ja Bike Squad se plek is nie baie ver van my af nie maar deesdae gaan daar nie veel aan nie..  Jy wil nie vandag daar gaan kyk nie as jy die ou dae geken het nie, hou maar liewers jou goeie herinneringe.  Wanneer was jy daar?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline nemodakar

Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #14 on: June 24, 2012, 07:01:16 am »
Lekker saam gery.

Mooi bike en mooi wereld.
 

Offline HB 9

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1100GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,326
  • Thanked: 3 times
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #15 on: June 24, 2012, 07:01:37 am »
Lekker gelees en mooi trippie! Dankie!  :thumleft:
Tread lightly
 

Offline Sandban(g)k

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,992
  • Thanked: 61 times
  • Bultfontein
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #16 on: June 24, 2012, 07:09:29 am »
Sandban(g)k: mens kan seker al die pad grondpad daar na jou kant toe ry?  Het jy enige GPS roetes wat jy kan aanstuur asseblief?  Sal dit graag 'n dag wil ry. 

Ja hier is baie grondpaaie!  Kan n roete vir jou loer op Mapsource as jy wil?  Ek het in die week tot in Parys gery, omtrent 20 km teer, die res grond.  Die roetes naby die koepel is regtig baie nice, kon nie glo ek het nog nooit moeite gedoen om daar te gaan ry nie!

Hoe lank het jy Parys toe gery?

Ek het baie rustig gery, bietjie die natuur waardeer en het so lanklaas skoeter gery dt ek my maar gedra het! Was so 140 km, het so uur en n half na 2 ure gery!
 

Offline dual

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,625
  • Thanked: 50 times
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #17 on: June 24, 2012, 08:14:42 am »
Dit was lekker, ek het al begin vergeet hoe die wereld daai kant lyk  :thumleft:
 

Offline DirtRebell

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,186
  • Thanked: 81 times
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #18 on: June 24, 2012, 09:08:47 am »
Dankie vir doe saamry!

Jy het die vermoe om 'n lekker rr te skrywe.
 

Offline Hanno @ Mad Macs

  • aka Hando . Forum Vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,334
  • Thanked: 29 times
  • http://dsadventure.wordpress.com/
    • Dual Sport Adventure
Re: Vandag stuk grondpad in die lekker vars lug gery
« Reply #19 on: June 24, 2012, 09:17:28 am »
Nice man. Dankie vir die deel.

My gat juk vir ry , maar dit gaan nie binnekort gebeur nie.
Shop 2- 4 . Melcksloot Village . Somerset mall. Somerset West. 021 852 4851