Wupperthal

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Ektoknbike

Race Dog
Joined
May 4, 2007
Messages
899
Reaction score
0
Location
Oppie plaas Worcester
Bike
KTM 950 Adventure
Dit was een van ons vriendekring se eerste bike-naweke weg. Twee weke voor die tyd was alles al gepak en reg. Daar moet 'n bakkie saam! Dis vir die proviand :eek:ccasion14:

Ons het die Saterdag oggend so 7:00am mekaar by Aan De Doorns Wynkelder gekry. Die weer het gedruig en wou net-net begin reen. Op Worcester besluit die een biker, die pad lyk nie lekker nie, gaan maar saam met die bakkie ry.  Dink dit was maar haar senuwees wat gelol het. ???

So spring ons span in die pad, Ceres toe met die bakkie op ons hakke. In Ceres aan gekom is die bakkie skoonveld. Na 10min, wie ry Ceres in, BMW GS650F met mev bo-op en bakkie kom agter na. Die rede," toe julle so voor ons uit ry, lyk dit te lekker. Draai om Stevan, ek soek my bike."

Ceres in die Spur gebreakfast , Prince Alfred Hamlet deur, Gydo Pass uit tot bo Op-Die-Berg. Toe is dit die grond pad Wupperthal toe.


 

Attachments

  • DSC00268.JPG
    DSC00268.JPG
    237.2 KB · Views: 409
  • DSC00269.JPG
    DSC00269.JPG
    223 KB · Views: 412
  • DSC00270.JPG
    DSC00270.JPG
    206.2 KB · Views: 404
  • DSC00272.JPG
    DSC00272.JPG
    227.9 KB · Views: 394
Top