WC - Ride up to The Old School and Thumper Bash & Back

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Ons groep het Donderdag oggend by my huis op Riebeek Kasteel by mekaar gekom en het ons die teerpad gevat tot in Ceres waar ons vol gemaak het. Van-af Ceres is ons oor 'n koue Theronsbergpas tot op die R355 en ons eerste stop was by die Tankwa padstal waar ons 'n lekker warm koffie gedrink het.Ons het toe deur die Tankwa gery en is met 'n lekker droee Ouberg-pas op en bo-op was dit weer lekker koud en hier het die modder begin. Gelukkig was dit net modder slaggate en kon mens hulle nog mis ry as jy nie te vinnig ry nie. Op Sutherland het ons weer brandstof in gegooi en Mev Riebeeker is gou hotel toe om van die koffie ontslae te raak. Nadat ons afgedraai het van die teerpad op die Rammelkop pad het die sports begin! Hier was die pad sommer net een snot bad op die ander. Gelukkig na so 20km se "slip & slide" het die pad droeer geraak en kon ons bietjie spoed gee.
Ons het in Merweville in die Springbok Lodge oor geslaap waar ons die aand lekker gekuier en gebraai het. Vrydag oggend het ons aangetree by die mooi kerk in Merwevile vir 'n foto of twee en hier het Fixer ons gegroet, want hy moes weer terug huis toe aangesien sy vrou siek is.
Ons ander het gery tot in Prince Albert waar ons weer koffie gedrink het. Van hier is ons volgende stop Meiringspoort en dan deur tot in De Rust waar ons weer gestop het vir ete. Toe het ons die mooi paaitjie al teen die berg af gevolg tot by die Kango grotte en vandaar na die voet van Swartbergpas waar ons weer die grondpad gevolg het tot in Calitzdorp.

Hier is my foto's van die trip.
 

Attachments

  • ru 2.jpg
    ru 2.jpg
    339.1 KB · Views: 311
  • ru 1.jpg
    ru 1.jpg
    264.1 KB · Views: 304
  • ru 5.jpg
    ru 5.jpg
    281.5 KB · Views: 300
  • ru 4.jpg
    ru 4.jpg
    300.2 KB · Views: 298
  • ru 3.jpg
    ru 3.jpg
    276.8 KB · Views: 307
Top