Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3  (Read 1098 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« on: August 19, 2012, 03:29:55 pm »
Lees Deel 2 hier: http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=105160.msg2052595#msg2052595

O, straf!  Ek moet so 3 of wat kilometer op die N3 ry om in Harrismith uit te kom.  Dis Vrydag en almal wat n kar het en dit nie kan bestuur nie, is op die pad.  Ek ry om deur die dorp te kom en weer op die oop pad.  In daai stuk van die Verkykerskop/N3 aansluiting tot die Harrismith/Puthuditjaba aansluiting (so 5km in totaal) het een donner in n Nissan Crosstrail oor n stopstraat gery en my amper poerdes gemaak en twee donker groenes in n militere polisie Astra so naby aan my agterlig gery dat ek kon sien daar sit nog KFC tussen hul tande.  Ek tel tot by 10 en ry daai motorfiets dat ek onder die klomp mal hase se voete kan uitkom.  Ek is nog te jonk om te dood.

Lyk my Vrydag ry almal f uit Puthuditjaba uit f na Puthuditjaba toe.  En f hulle ry asof die Satan self op hulle sterte is, f hulle ry asof hulle aan die Total Economy Run deelneem.  Maar dis nie lank nie en ek ry die betreklike stille waters van Golden Gate Nasionale Park binne.  Die Checkpoint is n grap omdat, die bordjie wat geen deurgang vir trokke aandui, bloot geignoreer word, as jy van Puthuditjaba is dan hoef jy nie te stop nie en die regulasies word lukraak toegepas.  Ek ry maar deur.  Die sandsteenkranse is mooi verby.  Die Here se skepping orals te sien, n gratis vertoning wat nie woorde het om te beskryf nie.

Ek verkyk my so aan die natuurskoon dat ek op een skerp draai nie my draai kry nie en noodgedwonge oor die regterbaan moet ry.  Gelukkig het ek stadig gery en my beskermengele kon bybly want daar kom n SAPS bakkie van vooraf en hy briek en ek ry oor op die ander skouer van die pad.  Dis amper, eintlik t amper na my sin.  As die bestuurder geslaap het was ek bokveld toe gewees.  Nouja, ek bring die harttempo weer onder beheer en ry maar verder, die slag hou ek my o maar op die pad.  Net voor Glen Reenen se kampterrein sien ek n GS1200 langs die pad staan en n ou wat sommer so sit en die verte in staar.  Ek stop en groet.  Nee hy is nie n WD nie maar het sommer bietjie kom ry waar hy hom kry.  Ons gesels bietjie en ek laat weet dis nou koffietyd volgens my horlosie.  Ons trek toe daar op n plek in, die stofie kom uit en gou drink ons n vinnige boeretroos.  Hy is Fanie van Fannerbyl wie se maters hom gedrop het en toe ry hy maar sonder hulle.  Met so n gees kan mens mos werk of wat praat ek.


By dorsland at 2012-08-19

Hy is effe besluitloos oor waar hy wil ry en waar hy vanaand wil slaap en ek ry toe maar daar die Sodom en Gomorra van die hedendaagse Clarens in.  Ek word amper deur n X5 BMW, M Klas Benz en die Ferrariklub se uitstappie getrap.  Johannesburg kan dalk oor n naweek lekker wees want ek sien al die yuppies kom hang hier uit.  Dis golfsakke, R80000 se bergfietse, Botox, perdesleepwaens en iPads net waar mens kyk.  Ek wonder vlugtig of hulle bikers toesluit vir los op straat wees.  Dalk maak ons die plek bietjie morsig lyk, ek weet nie.  Maar dis vreemd, Nasa kon maar hulle Marskarretjie hiernatoe gestuur het om vreemde lewenswese te kom bestudeer.  Dis dalk net so duur op Clarens soos die Marsuitstappie maar die resultate sou dalk meer interessant gewees het.  Ek vergaap my aan die gebrek aan enige argitektuur wat die Hillbrow-in-Clarens huisies teen die oorkantste berghange toon.  Sekerlik moes daar geld onder die tafel gewees het om daai bouplanne en erwe opgemeet te kry.  Een van die WDs het al op die forum genoem dat die yuppies van Johannesburg Clarens erg opgefoeter het en nou sien ek dat die man die waarheid praat.  Ek onthou die oulike dorpie (genoem na Clarens in Switserland waar President Paul Kruger ver van sy geliefde volk en land gesterf het) as vol karakter en rustig, mooi, soos uit n prentjieboek.  Maar nou...

Ek kry vir my slaapplek vir die aand, ry so n draai deur die dorpie en vergaap my aan die winkels en kunsgallerye en restaurante en die Protea Hotel en die pryse. Hel!  Ek grawe my toe by so n eetplekkie in en bekyk die wreld om my.  Menskyk is mos lekker.  Dis ook nie lank nie en ek hoor hier kom die Ferrari manne.  Hulle trek hom so eerste rat daar van die hoofpad af tot hier vlak verby die Protea Hotel.  Kan n Ferrari nou sing!  Ek ken nie die modelle so mooi nie maar sien daarem wat ek dink is n 308 GTS, n 208 GTB en n paar nuwere duurder modelle.  Almal behalwe een is rooi, di n gele.  Dit pas mooi by die bestuurder se helder geel renskoene wat hy dra.  Dis n mooi (en duur) vertoning.  

Terwyl ek daar sit kom ou Fanie van Fannerbyl - staande - die hoofstraat af tot by die brouwery vlak anderkant my.  Lyk my hy het besluit daar word vanaand gekuier.  Ek eet maar klaar en gaan na die gastehuis toe waar ek vanaand slaap.

Hier is daar drie sulke vriendelike Great Danes, een is nog n jong hondjie en baie spelerig.  Ek speel hom bietjie p maar hy soek nog. Naderhand is ek op.


By dorsland at 2012-08-19

Volgende oggend is ek darem vroeg innie pad na n lekker ontbyt. Dis bewolk en koud en ek trek toe n T-hemp onder my ryhemp aan.  Die heated grips gaan nou lekker wees.  Ek gooi vol in Clarens en vat toe die pad, rigting Plaastoe.  Die Bethlehem/Lindley pad se padwerke staan ook al hoe lank maar die Stop-en-Ry is goed ingegrawe.  Ek ry maar deur en vat die skouer as aankomende verkeer dit noodsaak.  Mens kan langbaard groei deur by elke Stop-en-Ry te wag.  By Lindley ry ek in en stop om foto's by die indrukwekkende kerk te neem. Ek sien weer dat die Here sy hand oor sy kerk hou terwyl alles om hulle so tot niet gaan.  Lindley het baie mooi ou geboue.  Baie van hulle se sandsteen blokke het al met die Plasconborsel kennis gemaak wat jammer is, maar die eie boustyl van vroe Suid-Afrika is daar.  Ek dink terug aan Clarens se gedrogte daar teen die berge.


By dorsland at 2012-08-19

Ek ry uit op die Lindley/Edenville grondpad.  Wat n lekker pad.  Behalwe vir die eerste sowat 300 meter se sinkplaat is hy mooi onderhou, omtrent geen klippe en lekker vir vinnig ry.  En daar is geen verkeer nie.  Die wind waai n barshou, gelukkig is dit meestal van agter af en ek geniet my gate uit.  Die winterveldvlaktes van die Vrystaat het n eie bekoring en ek voel soos n vol wat vlieg.  Ek kry sommer van vooraf lekker as ek die plaasname so lees:  Smoorvlei, Smaldeel, Vlaklaagte.  In di wreld is bome maar bitter skaars en ek kry n taaibos wat so langs die pad staan, al een vir die laaste 30, 40 kilometer.  Ek stop summier, pluk my stofie uit en kort voor lank is daar boeretroos in my beker.  Ek sit die stofie so in die pad waar daar nie ongeluk van brande kan kom nie.  Die enigste voertuig op daai hele oggend se rit ry toe daar verby. n Boer en sy gesin met sleepwa agter die Hilux, seker op pad Lindley toe.  Hulle bekyk maar net die malhaas biker wat so sy stofie innie pad opslaan.  Hehehe


By dorsland at 2012-08-19


By dorsland at 2012-08-19


By dorsland at 2012-08-19


Ek staan seker so n uur hier oor voordat die rylus my weer oorval.  Ek kappit flou tot in Edenville.  As jy dalk al Eben Venter se Horrelpoot gelees het dan is sy storie nie so vergesog nie. Hier in Edenville is dit reeds bewaarheid, daar bly omtrent niks van die dorp oor nie.  Ook in Heilbron, Lindley en ander plekke waar mens in die platteland kom. Ek dink weer dat as die boere van hul plase verjaag word is die laaste beskawingsskakel in die ketting gebreek en is dit nag vir ons.

Al die pad oor Heuningspruit (nog n mooi naam) tot by die ou N1 aansluiting so 30km suid van Vredefort bly die grondpad baie mooi en ek ry te lekker.  Ek klim hier weer op die teer vir die stuk plaas toe.  Maar manne, die wind waai.  Ek het die hele baan nodig om die fiets in n rigting te hou.  Ek stop na n ruk, net om te bel en hoor van brande by ons.  Nee, alles is nog reg, geen brande nie, die wind nieteenstaande.

Ek ry maar aan, n lekker rit agter die rug.  My boude is nou bietjie deurgesit op die 800 se saal maar dis 'n lekker seer.  Ek sien al reeds uit na n volgende rit.


By dorsland at 2012-08-19







« Last Edit: August 20, 2012, 09:35:24 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Bliknrs

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,207
  • Thanked: 59 times
  • I never finish anyth
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #1 on: August 19, 2012, 04:34:52 pm »
Ek het dit baie geniet, dankie!
 :thumleft: :thumleft:
 

Offline ButchH

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,631
  • Thanked: 46 times
  • Ми тебе тиснути
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #2 on: August 19, 2012, 04:44:48 pm »
Very nice RR thanks for sharing  :thumleft:
GSA 1150
XL 250
GS 1200
 

Offline Samou

Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #3 on: August 19, 2012, 05:24:20 pm »
Dorsland, jong jy mag maar 'n storie vertel. Baie dankie vir die lekker lees  :thumleft:
Ego = 1/knowledge
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,998
  • Thanked: 437 times
    • dustriders.co.za
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #4 on: August 19, 2012, 05:40:19 pm »
Nou al drie dele gelees. :thumleft:
As jy eendag ophou boer is skryf ook n opsie!! :mwink: :deal:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #5 on: August 19, 2012, 06:23:49 pm »
Dankie vir die kommentaar manne.  Ek lees so lekker die ander manne se RRs dat ek graag ook myne wil deel.  En ja, ek raak soms liries as ek so ry, maar ek weet dis deel van elke ou wat motorfiets ry se menswees.  Bly julle geniet dit.

Subie, daai GPS het my opgewen gehad vir 'n baie kort rukkie en toe onthou ek ons het almal eens op 'n tyd sonder selfone en GPS oor die weg gekom.  Siedaar, probleem opgelos.  Wat dink jy?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline PEET WEET

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure S
    Location: Free State
  • Posts: 1,480
  • KTM .. I'F you Hesitate... Accelerate !
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #6 on: August 19, 2012, 07:30:31 pm »
Lekker Maat !!! Was ook daar in Clarens die naweek en saterdag omgery Sani toe !

Ps.. ekt op daai heuwel gebly in die estate  ;D Dorp lyk mooier van hier af as die heuwel vanni dorp af  :pot:
KTM   --  KRONREIF  TRUNKENPOLZ  MATTIGHOFEN
KTM   --   KARLO TIETO MARIO !!

THE ORIGINAL WHITE  PANT RIDER   !!!
:paw:
 

Offline katana

  • One day when I grow up, I want to be a
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,898
  • Thanked: 120 times
  • Sheer Smiling Pleasure
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #7 on: August 19, 2012, 07:34:00 pm »
Dankie Dorsland!!  Nou bedink ek my Namibia trippie al weer  ???  Ek wou al lank al Golden Gate weer gaan sien. 

Dankie vir jou moeite  :thumleft:
"The only man that has to remember anything, is the man who tells a lie" Mark Twain
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,143
  • Thanked: 80 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #8 on: August 19, 2012, 07:57:39 pm »
Dankie vir die kommentaar manne.  Ek lees so lekker die ander manne se RRs dat ek graag ook myne wil deel.  En ja, ek raak soms liries as ek so ry, maar ek weet dis deel van elke ou wat motorfiets ry se menswees.  Bly julle geniet dit.

Subie, daai GPS het my opgewen gehad vir 'n baie kort rukkie en toe onthou ek ons het almal eens op 'n tyd sonder selfone en GPS oor die weg gekom.  Siedaar, probleem opgelos.  Wat dink jy?

Op my trippie nou af thumper bash toe het ek net besef ek sal nie die grondpad roetes eintlik sonder n gps meer kan doen nie. Daar is net nie genoeg aktiewe breinselle meer spaar vir geheue nie. Ek dra altyd n kaart saam met my ook net om myself te orienteer waar ek is. Te veel afdraaie in middel van nerens,met geen bordjies nie , waar ek sal moet stop by elkeen om te kyk op kaart waarnatoe nou.  :mwink:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline [PauL]

  • Member
  • **
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Gauteng
  • Posts: 63
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #9 on: August 19, 2012, 07:58:36 pm »
Hoe laat jy die bek nou sommer so op 'n Sondag aand water van lus vir so 'n rit Dorsland.
Dankie man. Het dit nou geniet.  :thumleft:
 

Offline ButchH

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,631
  • Thanked: 46 times
  • Ми тебе тиснути
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #10 on: August 19, 2012, 09:01:15 pm »
Hoe laat jy die bek nou sommer so op 'n Sondag aand water van lus vir so 'n rit Dorsland.
Dankie man. Het dit nou geniet.  :thumleft:



Ja nee kyk hy he geen genade so op 'n Sondag :thumleft:
GSA 1150
XL 250
GS 1200
 

Offline Bokveld

Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #11 on: August 19, 2012, 10:04:16 pm »
     Dankie Dorsland.Dit was lekker om saam met jou te ry.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #12 on: August 19, 2012, 10:12:02 pm »
@ PW nee kyk daai gifsmous bedryf kan heel lonend wees as ek dit so kyk.  As ek geweet het jy bly daar bo teen die hange soos 'n aasvol het ek bietjie die 800 in die rooi in gery toe ek daar verby is dat jy uit die vere kon uit  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline JVR

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: North West
  • Posts: 1,186
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #13 on: August 20, 2012, 07:18:04 am »
Dankie Johan,lekker report  :thumleft:
Life's not short,it is the longest thing you'll ever do.
 

Offline da PEEG

  • "So far, everything that has surprised me has been completely unexpected."
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,987
  • Thanked: 3 times
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #14 on: August 20, 2012, 06:48:35 pm »
Hi Dorsland,

Wat se stofie en koffiepot gebruik jy? Ek soek nou al lank na 'n goeie moerkoffie kontrepsie en stofie wat se vlam nie uitgeblaas word nie - lyk my jy't genoeg wind gehad om jou stofie behoorlik to beproef! (Ek het my ou koffieperkoleerder platgeval met my ongeluk; ek het altyd met hom op my rug gery...)

Help asseblief tog, ek's desperaat.

da PEEG
BMW R1150GSA(Sidecar);  Yamaha XT660R
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #15 on: August 20, 2012, 07:13:44 pm »
Hi Dorsland,

Wat se stofie en koffiepot gebruik jy? Ek soek nou al lank na 'n goeie moerkoffie kontrepsie en stofie wat se vlam nie uitgeblaas word nie - lyk my jy't genoeg wind gehad om jou stofie behoorlik to beproef! (Ek het my ou koffieperkoleerder platgeval met my ongeluk; ek het altyd met hom op my rug gery...)

Help asseblief tog, ek's desperaat.

da PEEG

Hi Peeg,

Ja ek het ook lank rondgekyk en gevoel en so aan en toe op hierdie een besluit.  Dis 'n Kovea Alpine Pot eenheid wat baie klein inpak en alles in een het met piezoid aansteker.  Jy's reg, die wind het wild gewaai en daai foto van hom in die pad het die wind hier teen so 30 - 35km/u gewaai en hy kook daai pot water (so 750ml) in minder as 10 minute. Die pot het so 'n bayonet hegstuk wat keer dat die pot van die stoof affoeter en alles, saam met sy gassilinder pas in 'n sakkie kleiner as a 2l Coke bottel.  Hy het ook so 'n klein plastiek beker wat deel uitmaak van die stel en die pot kan mens gebruik om noodles, sop, hawermout pap, mash en ander kos in gaar te maak.  Hy kook ook genoeg water dat twee mense lekker baie koffie kan drink.

Ek het by Trappers in Potchefstroom so R899 vir hom betaal waar die MSR eenheid wat soorgelyk is hier by die R1400 gekos het as ek reg onthou.  Beide eenhede is vir my in elk geval hond duur maar wat sal mens nou maak.  Wat vir my lekker van die nuwe gassilinders is, is dat hulle so 'n klep op het so mens kan 'n half gebruikte silinder afskroef en later weer aanskroef sonder dat al die gas uitlek, baie handig.

Laat weet maar en ek kan vir jou fotos hier oplaai maar ek dink di een is 'n wenner.

Groete daar  :thumleft: 
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #16 on: August 20, 2012, 07:18:43 pm »
Dankie Dorsland!!  Nou bedink ek my Namibia trippie al weer  ???  Ek wou al lank al Golden Gate weer gaan sien.  

Dankie vir jou moeite  :thumleft:

Nee man dis nie moeite nie,  dis vir my lekker!  As ek vir lank genoeg kon wegkom sou ek liewers die Namibi trip doen.  Daar's nie 'n ander plek soos daai land nie.  Jy kan mos altyd later weer Golden Gate en daai omgewing kom ry.  
« Last Edit: August 20, 2012, 07:19:36 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline poplap

  • Member
  • **
  • Bike: Triumph (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 121
    • www.completewrp.co.za
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #17 on: August 20, 2012, 08:11:36 pm »
Jy het 'n baie lekker skryfstyl, hy rrrrrol sommer so van die tong af.
"If we don't change, we don't grow.  If we don't grow, we aren't realy living"
 

Offline Dogless

Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #18 on: August 20, 2012, 08:57:49 pm »
Lekker gelees, baie dankie vir jou storie. Daar's niks so verslawend soos grondpad bike ry nie. Sielekos.

Self ry ek ook 'n 800 en 'n AirHawk kussing maak dinge baie gemakliker. My alie was af na 300km in die saal maar met die AirHawk kan ek elke dag lag lag 600km ry, as ek sou wou.
I'm either on a trip or planning one
 

Offline Meerkat

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Western Cape
  • Posts: 605
  • We live by faith and not by sight.
    • Affordable Tyres Montague Gardens
Re: Daarem nie kaalvoet oor die Drakensberge nie. Deel 3
« Reply #19 on: August 20, 2012, 09:32:19 pm »
11 uit 10!!! Baie dankie vir jou tyd om jou gedagtes en trippie vas te le, word waardeer!
Honda XL185 - Sold
Honda XL200 -Sold
Kawasaki KDX200 - Sold
Honda VF750F - Sold
Kawasaki GPZ750 with 1100 motor - Sold BMW 650 Dakar - Sold Kawasaki KLR250 - Sold Honda XR600R - Sold BMW 650 Dakar - Rebuilt