Die diepe waters van die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

LuckyStriker

Bachelor Dog
Joined
Jan 24, 2006
Messages
10,160
Reaction score
18
Location
Bellville
Bike
BMW G650 X-challenge
This story is more than a year old. I think I posted it on the old BikeSA forums and some of you have already read it. Unfortunately that Bullitin Board was taken down and the database was forever lost. I post it again because some of you enjoy hearing about the sufferings of others. Butch, scribble and a few others will be riding the route this weekend, so there are one or two technical tips at the end of my tale for their benefit.
For those of you who have already suffered through this story, you are excused. As for the rest of you...there will be a test at the end of the period.

PS. There are no pictures. It was only meant to be a quick daytrip so I did'nt think to take a camera along


10 April 2005

Ek het 08:00 die komberse afgeskop en dadelik by die venster uitgeloer. ?n Heerlike sonskyn dag!

Die plan is om na Ceres te ry via Bainskloof pas. Vandaar na Calvinia op die Ceres-Karoo pad. Blykbaar die langste ononderbroke grondpad (meer as 200km) in Suid Afrika.
Ek trek my nuwe waterbestande baadjie aan. Dit is sonnig daar buite maar die weer draai maklik. Eintlik wil ek net my nuwe toerusting toets.
Ek tap my ?Camelbak? vol ?game? en gooi dit oor my rug. Ek swaai my been oor my GS se saal en druk die rooi knoppie.

map16gs.jpg

Die beplande roete

Stellenbosch, Agter-Paarl en Wellington kom en gaan. Mitchell?s pas is mooi soos altyd.
Ek skiet deur Ceres en wik en weeg of ek moet brandstof ingooi. Nee wat, ek het genoeg in die tenk. By die Sutherland/Calvinia vurk is die tenk egter half.
Calvinia is 211km v�ªr en Sutherland 150km. Ek behoort Calvinia te haal maar ek sal dit bitter fyn moet sny. Ek besluit om eerder vir Sutherland te mik. Ek het nie lus om sonder petrol te staan nie.

Die paaie is Fantasties. Die grond is hard en ferm en ek het nie eens nodig om die banddruk te verlaag vir ekstra greep nie. Nou en dan is daar ?n knikkie in die pad wat net genoeg is om die GS te laat opstyg. Een spesifieke driffie skiet my hoog uit en ek sweer ek is halfpad maan toe. Die honderd kilometer grondpad is te vinnig verby en skielik bevind ek my op die laaste 50km teer na Sutherland. Ek het darem beide die Rooikloof en Verlatekloof passe om na uit te sien.

Die lug raak donker rondom die berge voor Sutherland. Grys wolke hang oor die pieke en gordyne van digte re�«n versper die poort. Die eerste druppels val hard en onmiddellik. My denim verkleur van lig blou na swart en my helm stoom toe.
Die pas se skerp, skelm draaie laat my twee keer dink en ek ry stadiger. Nou begin dit r�ªrig sous!
Ek vee die druppels van my visier af en voor my maak die water drogbeelde in die lug. Die re�«n kom van bo, links, regs, onder... die wind pluk my rond en my kop skud soos ?n besetene sin. ?n Straal yskoue water glip teen my ruggraat af en ek gril onwillekeurig. Wat de hel gaan hier aan man!?

Druipstert kom ek in Sutherland aan. Ek bewe van die koue terwyl die re�«n triestig soos mis neerdaal rondom my. Daar is nie ?n enkele mens op straat nie. Die dorp is nat. ?n Doodse stilte.
Die GS rommel saggies onder my terwyl ons die strate fynkam vir ?n petrolpomp.
Eindelik kry ek drie pompe wat soos ?Engelsmanne by ?n bushalte? drie meter van mekaar langs die pad staan.
Daar is nie ?n enkele siel aan diens nie en die pompe is gesluit. Weereens toer ons die strate. Skielik gewaar ek ?n man in ?n pakhuis inglip en ek ry oor daarnatoe. Ek klop aan die groot metaal deur totdat hy oopmaak.
?Hello meneer?
?Goeie middag, kan jy my dalk s�ª waar ek kan petrol kry??
?Hys daariekant meneer? die vinger wys dwarsdeur huise in die rigting van die geslote pompe
?Maar hys toe meneer. Die witman bly oorkant die pad met die sluitel?
?Kan ek �ªrens geld trek??
?Nee meneer, dis Sondag, die bank is mos toe?
?Ok, dankie hoor. Lekker dag?
?Ok meneer?

Die witman oorkant die pad het inderdaad die sleutel. ?n Skraal middeljarige maak die deur oop en ek merk onmiddellik sy ?sidies? op... mensdom, is dit hoe ek lyk? Miskien is dit tyd dat ek myne skeer. ?Wag? s�ª hy vir my voordat hy agter die voordeur verdwyn. Ek loop terug pompe toe waar die GS staan. Kort voor lank kom ?sidie?-man oor die pad aangeskoffel. Hy dra ?n styf toe geknoopte ?German Army Surplus? parka. Sy pantoffels en spierwit bene verklap dat hy dalk in die bed voor die kassie was.
Ek het slegs R40 in my beursie en wonder of hy my gaan vloek omdat ek hom in die triestige, koue re�«n laat werk vir peanuts.
Hy lyk verbaas toe ek hom vertel van waar ek kom en waarna ek heen op pad is.
?Dis mos grondpad? s�ª hy, twee keer.

Dit is presies 160km tot in Calvinia, die brandstof behoort my maklik deur te sien. Die ligte re�«ntjie kry nie ent nie en kleef teen my vas vir die volgende halfuur. Minute later is die lug skoon en die wolke trek effens oop.
Alles ruik skoon en my GS galop bekwaam deur die leegtetjies met hul oranjegeel stroompies.

Skielik sak daar ?n harde bui re�«n neer wat my na die baadjie se kraag laat gryp. Dit re�«n. Dit re�«n soos ek dit selde sien. Sulke groot, harde druppels! Dit hael, dit hael en dit re�«n ter gelyke tyd.
Die kilometers tik verby en die pad is besig om voor my o�« in ?n rivier te verander! Kort-kort verloor ek die agterent so bietjie wanneer die GS se bande vashouplek verloor op die deurdrenkte klei grond. Nie een maal val ons om nie. Ons staan sterk en ek voel so windgat soos ?n pou.

Die leegtetjies se strome word sterker maar ons volhard. Die pad word al hoe meer glibberig en ek weet dat net geluk en die genade van bo my regop hou.
Ek moet die bande se drukking verlaag maar ek sien nie kans om in die re�«n te stop en werk nie. Ek geniet dit nog te veel en maak ?n belofte aan my self om die bande af te blaas sodra ek een keer geval het.
Gelukkig hoef ek nie die belofte te eerbiedig nie want alles verloop puik. Ek het die truuk om in modder te ry agtergekom. Hou jou hand op die kraantjie, moenie versnel nie, moenie ?panic? nie en kyk reguit voor jou.

En so ry ek gly-gly deur die vlaktes. Nou en dan is daar lang stroke growwe pad waar ek kan jaag om tyd op te maak.
Skielik hou die re�«n op. As ek omkyk sien ek die digte re�«n soos ?n dik gordyn agter my hang. Dit laat my aan daai ?Cecil B. DeMille? fliek dink: ?The Ten Commandments?... daai toneel waar Moses en die Israelies deur die dooie see vlug met die Palistyne kort op hul hake.

Die son skyn vrolik en die pad is droog. ?n Ent aan sien ek ?n vlak driffie vol wit saadjies. Ek ken hulle goed. My aanstaande vrou (wat vir Parke gewerk het maar nou vir die Universiteit) het my al mooi geleer van plante en selfs op 100 meter weet ek hoe daai donserige Kapokbossaad in my hand sal voel. Hulle het natuurlik met ?n vloed in die kloof afgespoel en hier in die pad naby die draad kom l�ª. Dit is verbasend hoe baie van die goed daar is, ?n plaat van so 30meter breed strek voor my uit. Ek kan nie eens die pad se oppervlak sien nie en ek besluit om deur dit te jaag en ?n skouspel van vlie�«nde donsies te ontlok.

Eeeeeeeeeeaaaaaawwwwww-uuuuuuuuuggggggghhhhhhh!

Die GS skuur tot stilstand in die spierwit plaat. Dis nie saadjies nie maar haelkorrels! Die korrels is so groot soos albasters en kliphard. Die agterwiel spin in die rondte maar ons is bewegingloos. Ek klim van die motorfiets af en skuifel kniediep deur die korrels. Dit is nie nodig om die GS op die staner te plaas nie, die massa hael hou my fiets kiertsregop!
?n Kamera! Hoekom het ek nie ?n dekselse kamera nie! Ek ry nooit weer �ªrens heen sonder ?n kamera nie.
Die ploeg spoor van die GS is stadig besig om toe te sak. Sekondes later is daar geen sigbare uitkomkans nie. Die BMW is vas en geen mate van ruk en pluk kry haar aan die beweeg nie.
My moed begin sak toe ek sien hoe diep ek en hierdie gemors sit. Ek verken die omgewing en sien dat die hael gletser groot is maar op sommige plekke redelik vlak is.
?Hou op sanik en spring aan die werk, Klopper. Dis lekkerrrrr?
As daar een goeie ding te s�ª is oor my weermag dae is dit die volgende: Hulle het my lewe hel genoeg gemaak dat dingetjies soos hierdie na sports lyk.
Die ys is maar so koud soos wat ys is. My hande is gou-gou gevoelloos maar ek grawe. My bene verloor lewe maar ek grawe vir al wat ek werd is. Uiteindelik sien ek al my moeite in duie stort terwyl die ys terug sak rondom die GS.
Ek gaan sit op ?n klip en rook ?n ?Lucky?.

Grawe een meter oop agter die fiets
Grawe die fiets oop
Stoot die GS terug. Dis nie so maklik nie. Die grond onder die ys is pure klei vanwe�« die haelkorrels wat besig is om te smelt.
Grawe een meter oop agter die fiets
Grawe die fiets oop
Stoot die GS terug.
Oor en oor herhaal ek die selfde roetine.
Eindelik is die GS vry en ek parkeer haar eenkant op dro�« grond.

Nou moet ek net ?n pad bou deur die vlakker haelkorrels in die veld. My voete is teen hierdie tyd gevries en ek verloor amper my balans oor die polletjies Boesmangras.
Dis moeilike werk maar ek maak seker dat my paadjie breed genoeg is... ek sal dalk deur moet jaag...

Die pad is klaar. Daar is nie tyd vir ?n naam gee seremonie nie, ek het reeds ?n uur hier verloor. Die GS spring aan die lewe met haar kenmerkende murmer.
Hier gaat ons!
Sit-skuif, glip-gly, sit-staan. Ons is deur!
Ai, waars die kamera...
Aan met die pad met ?n lied in my hart. Die leegtetjies en driffies kom en gaan. Strome spat uitmekaar soos ek en my getroue waterbuffel deur hulle bars.
Wie sou nou ooit kon dink dat daar so baie water in die Karoo kon wees.

Voor my l�ª ?n leegtetjie met ?n stroompie, niks erger as die ontelbare waardeur ek al reeds is nie. Iets laat my egter huiwer en ek trap briek vir hierdie skynbare skadelose, 3meter bre�« stroompie. Ek gaan hierdie een stadig benader.
Die beste oorsteek plek is aan die bokant, s�ª ek vir my self.
Die voorwiel is in teen 5km/h. Dis diep, o hel...
Die wiel steek vas en ek skop my voet uit om te keer maar daars niks. Nog voor ek kon afspring druk die water my eensklaps onderstebo. Ek snak na asem en voel hoe die modder water in my keel af glip. Ag nee, dat ek nou moet versuip in ?n kniediep vloed.
Ek kruip met moeite onder die fiets uit en lig, lig die dekselse swaar ding maar niks gebeur nie. Ek skree.
Niks.

By the Power of Greyskull!
?HE-MAN!? antwoord die hemelse koor
Ek het die GS bo water.
Miskien was ek betyds om te keer dat die enjin water suig...
As daar water in die silinder kamer l�ª en ek swaai nou die enjin kan iets dalk buig of breek... maar as daar selfs net ?n geringe kans is om hier weg te ry met net ?n nat broek moet ek dit vat!
Druk die skakelaar ? kliek ? niks
Ek strek oor die fiets en beweeg die rathefboom na die neutrale posisie.
Druk weer die skakelaar ? kliek
Absoluut niks

Dit verg al my krag om die fiets bo te hou en daar is niks in my spiere oor om haar uit te trek nie. Ek wieg die voorwiel en draai die fiets effe stroom af. Vir die volgende halfuur wieg ek die fiets stadig heen en weer. Uiteindelik beweeg die GS en ek gebruik die stroom se krag om die fiets uit te stoot.
Ek hyg na asem. My valhelm is steeds op my kop en ek pluk dit af om meer lug te kry. Ek gaan sit... stom geslaan. Ek hoor die gebruis van bloed deur my kop maar die gehamer van my hart dreig om alles rondom my stil te maak.
Dit voel asof al my energie, wilskrag en breinkrag in daai stroom weggespoel het.

Ek weet nie hoe lank ek al hier langs die pad sit nie maar ek probeer nog een keer om die GS aan die gang te kry.
Ek verwag nie dat die silinders gaan vuur nie... en dit gebeur ook nie...
Bogger dit! Ek gaan nie hier rond sit en wag dat iemand my kom help nie. Ek gaan my self help. Ek merk die fiets se ko-ordinate op die GPS en rook die laaste sigaret in die pakkie. Aanstap rooies die pad is lank en swaar.

En net daar begin dit weer te re�«n.

Ek weet ek stap ?n gemaklike spoed van 6km/h. Ek het dit al vantevore bepaal op my en Bran (die hond) se gereelde stappies wanneer Zanie vir werk weggaan.
Die padteken hier voor my beweer dat Calvinia 50km v�ªr is. As ek ?n spoed van 7km/h kan handhaaf behoort ek so teen tweeuur die oggend in Calvinia op te daag.... ?nice?...

Na 4km weet ek dat ek nie die pas sal kan volhou nie. Nie met my sopnat baadjie, die watersak op my rug en die valhelm in my hand nie.
Ek wou nie die goed agterlaat nie want ek was bang iemand steel dit. Plus, ek sal die baadjie nodig h�ª in die bitter koue nag, die water is noodsaaklik en die helm, wel, die helm is lekker sag binne en kan my kop droog hou in die re�«n.

Die wolke begin nou oop trek en die re�«n verdwyn oor die koppies. Ek erken dat die landskap asemrowend sou gewees het as ek nie so mismoedig was nie. Weereens krap ek my laaste bietjie moed bymekaar en glimlag breed terwyl die helder son op my neerskyn.
Die stoom trek uit die veld en ook uit my nat klere. Hoe in hemelsnaam kan dit van bitterlike koue na smeulende hitte verander binne enkele minute.

Baadjie oor die skouer, af in die wapad.

map23kl.jpg


Na ses kilometer sien ek ?n blou spikkel in die verte. 20minute later stop ?n jong mannetjie met ?n blou oorpak op sy swart dikwielfiets voor my. Hy is skugter en wil my nie in die o�« kyk toe ek hom vriendelik groet nie. Dit is ?n jammerte want ek het die hele dag nog net twee ander mense gesien en hulle was albei teen hierdie tyd in die bed op Sutherland.
Ek vra vir ?blou overall? of daar ?n plaas naby is waar ek om hulp kan vra. Hy wys oor sy skouer en mompel iets onbeduidend terwyl hy afkyk na sy voorwiel. Ek probeer hom vertel van my penarie maar dit lyk nie of hy enige begrip het vir my moeilikheid nie en staar net na die pad voor hom. Ek dank hom en hy lyk maar te verlig om van my kruisverhoor te ontsnap.
Die ge-kriek-kriek-kriek van sy fiets verdwyn agter my terwyl ek aanstap na die moontlike hulp �ªrens in die verte.
?n Uur en ?n half nadat ek die wapad aangedurf het sien ek ?n die eerste plaashuis. Die land rondom die opstal is lelik oorstroom en ek loop tot by my kuite in die modder water.

Voor ek by die huis kan uitkom sien ek egter ?n bakkie oor die vlakte aankom.
Wat nou, sal ek wag vir die bakkie of moet ek sommer net by die hek ingaan en die mense by die huis om hulp vra. Ek besluit om vir die bakkie te wag.

Die baba blou Isuzu bakkie bevat een boer en twee plaaswerkers agterop saam met ?n groen gasbottel. Hy luister aandagtig na my storie en knik sy kop. Ek kan maar inklim.

?Nee, die huis waar jy wou gaan aanklop is leeg, daar woon al jare nie meer mense nie.? S�ª die boer vir my.
Ook maar goed ek het vir die bakkie gewag, dink ek.
Ons ry die pad wat ek gestap het terug na my GS wat verlate langs die pad staan. Ek probeer die enjin nog een keer swaai maar daar gebeur niks. Ek weet daar is groot fout maar hoop is ?n snaakse ding.

Ek, die boer en ou Andries laai die GS agterop die bakkie terwyl Meitjie instruksies skree vanaf die kant van die pad:
?Tel hom vigsigtig op. Pasop dat hy nie skgaap nie. Dis geg ja. Stoet die wiel styf teen die baakie vas. Is daai bien van hom uite? Julle moet hom nou goed vasmaak k�ªgels. Ja nie, dis mooi. Lyk my hy staan stewig ja.?
Alles netjies vasgemaak en daar gaat ons... plaas toe.
Ons ry deur die stroom wat my gekelder het maar die water het nou gesak na ?n onbeduidende stroompie. Ek noem dit aan die boer en hy knik net sy kop.
?Ja, die water loop maar so vinnig in ons w�ªreld?

In die ry ruil ons name, syne is Koot van Schalkwyk. Dit is die meeste re�«n wat hulle in drie jaar gesien het en die eerste keer in ses jaar dat sy dam vol is.
Die huis is destyds deur sy pa gebou. Sy pa sou vanjaar 94 gewees het en is ook op die plaas gebore. Dis ?n familie plaas en as dinge so bestem is sal dit altyd so bly.

Koot se Ma groet my vriendelik en knip nie ?n oog terwyl ek in my gehawende toestand daar voor haar stoep staan nie.

Ons laai die GS by die waenhuis af om te probeer om die water uit die enjin te tap. Ek verduidelik aan Koot dat ons die vonkproppe moet uitdraai voordat ons te werk kan gaan maar dat BMW nie die korrekte gereedskap aan my voorsien het nie. Dit is ?n swak verskoning, ek het al drie maande gehad om vir my ?n vonkprop sleutel te koop.
Ongelukkig het hy ook nie die regte gereedskap vir my GS nie en ons kan niks verder aan die saak doen nie.
Die fiets sal maar in die waenhuis moet slaap tot die moreoggend. Dan kan ons Koot se p�ªl Koos by L.J. Motors gaan sien.

Koot braai vir ons skaap tjops. Dit lyk gaar genoeg om my Ouma Drieka te vrede te stel. Die tannie het gou-gou vir ons die heerlikste brood gebak en ?n Griekse slaai aanmekaargeslaan waarvan sy self nie wil eet nie. So tussendeur die braai drink ek en Koot twee dubbeltjies wat my kop lekker laat draai. Ek kom agter dat my tong besig is om los raak en my balans buite op die stoep agter gebly het. Ek besluit om minder te praat maar dis te laat. Altwee my gashere het ontspan met my in die huis en begin my stories vertel wat my laat skaterlag. Na ?n derde dubbeltjie roep ek hokaai en blameer my le�« maag.
Met die ete agter die rug word ek gewys waar my kamer is terwyl my bad vol lekker warm water loop.
Ons sit my skoene en sokkies netjies voor die kole neer met die hoop dat dit m�´re oggend droog sal wees.
Die bed is gemaklik, die komberse warm, die kamer donker maar my slaap is uiters onrustig.
Kort-kort word ek wakker met bekommerde gedagtes rondom my GS in die waenhuis. Sal sy ooit weer loop? Kan bekostig om haar te herstel?

Die oggend se koffie is heerlik en ek voel wonderlik ten spyte van die vorige nag se kommer. Koot rapporteer dat sy damwal stewig staan en dat hy reg is om te ry as ek is.
Damn Straight! You betcha!
Ek bedank die tannie en belowe eerlik om hulle nooit te vergeet nie.
Met die fiets weer agterop die bakkie is ons op pad na Calvinia en L.J. Motors.

Op Calvinia ry ons reguit na L.J. Motors. Koot stel my aan Koos voor en ons stoot die GS na ?n oop spasie op die vloer. Die werkswinkel is tjok-en-blok vol gebreekte voertuie geparkeer. Daar is baie werk en ek sien die man het sy hande behoorlik vol. Nogtans los Koos alles en spring aan die werk aan my fiets.

Eers is die vonkproppe uit en Koos koppel die GS aan ?n groot vragmotor battery.
Hy druk die knoppie en ?n straal water skiet 3meter v�ªr uit die enjin. Ek meet die water terwyl dit by my been verby vlieg en skat dis so twee koppies vol.
Dis darem nie te erg nie.
Dan draai hy die oliebak se prop uit.
Water! Omtrent 3 na 4 liter geel water stroom uit die enjin gevolg deur pikswart olie.
Ons wag 15minute en draai die prop terug.
Koos spuit ?n paar druppels olie bo-op die silinder koppe. ?Ons smeer hom net so bietjie? s�ª hy.
Vul die enjin met goedkoop, lae graad olie en swaai die enjin met die vonkprop drade ontkoppel.
Ons wag 5minute en dreineer weer die olie.
Die goed wat nou daar uitkom is nie olie nie. Dit lyk soos Koffie Melkskommel!
Ons wag weer 15minute en herhaal die hele proses vier keer totdat die olie helder uitloop.

Koos is tevrede dat die enjin geen skade gely het nie en klop my op die skouer.
?Jy kan gelukkig wees ou tjom. Hierdie ?boxer? enjin is taai maar as daai silinder se rotasie anders was het jy nou groot moeilikheid gehad?
Hy vertel my die storie van twee uitlanders op Africa Twins wat ?n ruk terug deur hulle w�ªreld gery het. Die een se fiets het in die water beland en die enjin was feitlik vernietig.

?Hou julle vingers vas!?
Ek gryp my wysvinger met my middelvinger vas terwyl Koos die skakelaar druk.
Die enjin swaai en swaai maar wil nie opvlam nie.
Ons probeer weer en weer en weer.
Skielik kom ek agter dat ek ?nicks? hou met my vingers en gryp eerder my duim vas en druk dit styf in die palm van my hand toe.
Die enjin spring aan die lewe!

Swart rook borrel uit die pyp maar word vinnig vervang met vaal stoom. Ons skud mekaar se hande en glimlag breed. Mens sou sweer een van ons het sopas pa geword.
Die water verdamp uit die pyp terwyl Koos se kollega vir ons koffie gaan maak.
Ek is onbeskryflik verlig.

Die 15liter olie en drie en ?n half uur se arbeid kos my bitter min en die kennis wat ek opgedoen het is van onskatbare waarde.
Koos verseker my dat die fiets reg is maar dat ek die lugfilter, oliefilter en olie moet vervang sodra ek kans kry in die Kaap.
Die selfaansitter klink glad nie gesond nie en Koot spot dat dit soos ?n Ford raas. Koos probeer my gerus stel en beweer dat dit maar net die eggo van die werkswinkel is maar ek weet daar is iets fout.
Ek wil nie hare kloof nie, die fiets werk en ek is reg om te ry.
Ek bedank Koos vir sy harde werk en vir Koot wat heeltyd by my gebly het terwyl die GS se lewe aan ?n toutjie gehang het.

Ek vul die tenk met brandstof en val in die pad. Net buite Calvinia maak die hemel sy sluise oop. Dit re�«n tot by Vanrhyns pas waar dit geleidelik ophou. Die mis hier is so dig dat ek my nood flikkers aanskakel en met die visier oop ry teen 50km/h. Ek gebruik ook die GPS om te sien waar ek ry. Ek ?zoom? in op die digitale kaart sodat ek betyds gewaarsku word van ?n opkomende swenk in die pad.
My bene begin pynlik brand van die koue en elke keer as ek rat verander dink ek aan Spekkop se spesiale Standerd 9 rottang wat sulke lang rooi strepe op my agterent gelos het.

Skielik verdwyn die mis rondom my en ek kyk uit op ?n asemrowende toneel. Die Bokkeveldberge eindig drasties en die vlaktes doer onder my lyk soos ?n savanna. In die v�ªrte sien ek die Sederberge wat die Noordelike rand vorm van die Swartland. My hart klop vinniger en ek snak letterlik na my asem. Dit is ongelooflik mooi.
Af met die pas tot onder op die vlakte waar dit warmer is.
Ek ry deur Vanrhynsdorp en draai suid op die N7.
Klawer, Trawal. Hier kom die re�«n al weer.
Clanwilliam is sop nat en ek stop vir bietjie petrol. Die aansitter raas lelik. Die GS se enjin murmer sag en die olie is steeds goud van kleur sonder enige melkerigheid.
Dit is Vyfuur as ek die hek oopmaak en Bran storm op my af. Oubaas se honne! Hy blaf en spring en moan!
Waar was jy? Hoekom los jy my so lank alleen? Die donderweer was erg! Ek was so alleen!
?Jammer ou Brannie. Dit was nie aspris nie. Oubaas se honne?

map36te.jpg


Die volgende oggend ry ek my waterbuffel na Trefco toe. John glimlag van oor tot oor terwyl ek hom my storie vertel. Hy klap my hard op die rug en s�ª:
?Good, good! I?m so happy that you know how to use your bike properly!?
?I love my bike more than ever now, John?, Straal ek.
?My pal, my pal? Hy glimlag breed ?I?m glad you enjoyed yourself!?
John vertel my stories van hoe hy ook in die water beland het en presies dieselfde oorgekom het.
Ons spreek ons misno�« uit oor mense wat net Sondae kus toe ry met hulle fietse en nooit ?n spikkeltjie modder of re�«ndruppels op hul motorfietse kry nie.

Later die dag maak ek weer ?n draai by Trefco om my Versekerings eis aan hulle te gee toe Gareth, die werktuigkundige, my eenkant roep.
?Do you want to see it? Do you want to see the damage?? Hy kyk grootoog na my.
?Yes, if I may? S�ª ek met ?n vroom gesig.
Hy lei my verby ?n ry motorfietse op besoek vir hul gereelde dienste. Eenkant in die hoek staan my buffel op die operasietafel. Nog steeds vol modder.
?The starter motor lost a tooth here... and here. The Ring gear lost a tooth here? Hy skyn sy flitsie in die donker holte sodat ek mooi kan sien.
?The starter must have ripped it?s own teeth out when it couldn?t get the engine to turn.? Hy kyk op na my en glimlag: ?I heard what happened to you man, Awesome!?
Ek glimlag verle�« ?Aw, s?nothing?
?No, it?s cool man! Tell the insurance company you got swept away in a flood!?

Ek glimlag net en knipoog: ?But that?s exactly what happened??
 
Top