Kransgat jou lekke deng. Post julle pics hier

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Hinksding

Race Dog
Joined
Sep 12, 2010
Messages
2,991
Reaction score
204
Location
LOERIESFONTEIN
Bike
Honda XR125L
Hel, weereens was Kransgat 'n lekker affere vanjaar.  Dankie Mof, en die plaasmanne vir die voorbereiding en relings.  Weet nie hoeveel fotos daar gaan uitdop, die die kuier het ons uit die kameras gehou.  Dankie Chinaconnextion en Subie vir die ver travel uit die Transvaal, was lekker om julle ook te leer ken.  Ons almal was maar net teleurgesteld dat Subie nie lyk soos sy Avatar nie.

Vrydagaand was maar koel maar die vuur en sous het lekker van buite en binne warm gemaak.  Soos gewoontlik was daar weer 'n constant flow van kakpraat.

Ek moes Saterdag huistoe omdat my fam uit Windhoek kom kuier het.  Saterdag oggend het ek en Dikkobra in die pad geval, duskant Calvinia was die reen meer en die pad was kekglad(foto2), ek en Kobra het ons hande vol gehad om die scooters regop te hou. Ons het later so stadig soos 2 ou Aunties oppad kerk toe gery.  Ek kon nie help om te dink aan ou Harry wat verlede jaar sy moses so teegekom het op dieselfde pad nie (foto3)

Nouja, hoop julle ander kan ook bylas.

1.  Voor Kransgat.  Meeste van my luggage was komberse vir die koue.

2.  Pad tussen Loeries en Calvinia

3. Harry's pig in the mud

4.  Tuis

 

Attachments

  • P1030331.jpg
    P1030331.jpg
    120.3 KB · Views: 635
  • P1030341.jpg
    P1030341.jpg
    89.6 KB · Views: 628
  • IMG-20120901-01133.jpg
    IMG-20120901-01133.jpg
    355.9 KB · Views: 619
  • IMG-20120831-01131.jpg
    IMG-20120831-01131.jpg
    236.6 KB · Views: 634
Top