Die Langkloof, 'n Verjaarsdag party, die Suid-Kaap en Veltie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Gerard

Teelhond
Global Moderator
Joined
Jan 16, 2010
Messages
37,729
Reaction score
2,129
Location
Port Elizabeth
Bike
Triumph 900 Scrambler
Meeste van die tyd laat ek dinge maar net saamval en gebeur, met so min as moontlik beplanning. Wat aanvanklik 'n naweek trip George to sou wees, raak toe 'n lekker vier dae bike trip. Hoe dan nou so ?

My oom, wat die patriarch in ons familie is, vier toe op 1 September sy 88ste verjaarsdag en ons besluit op 'n familiesaamtrek. Lyn en die Kleintjie sou eers ook saam, maar werk hou haar toe in Pretoria, en ek is op my eie.

                                                                                        BIKETRIP !

Laas week het Veldbrand en Veldblom afgetrek na hul plek daar naby Ladismith en ek reken, siende dat ek amper daar is, ry ek die Sondag oor en nooi myself om oor te bly.

Maar ek kan nie die heel Sondag se daglig mors nie, so ek laat weet die Suid-Kaap Honne ek is oppad, hulle moet vir ons 'n lekker ride reël op plekke waar ek nog nie was nie. Veltie hoor van die beplannery en hy is in.

Aanvanglik terg ek myself, dat ek eers Vrydag sal kom werk, en dan middeg se kant sou sleep Sedgefield toe, waar ek oudergewoonte op Hooggekraal sou oorbly. Se moer, ek ken myself beter as dit, en nie lank nie of die plan is om vroeg Vrydag te sleep, rustig Lankkloof deur en Prins Albertpas oor.

So rol dit toe.
 
Top