Die begin van n nuwe avontuur

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
      Die winter van 2010 word ek saamgenooi op n 4x4 toer deur die Kaokoveld.Tussen Twyfelfontein en Palmwag loop ons n Duiser(Axel) raak.Hys op reis tussen Kaapstad en Hamburg via Oos-afrika per motorfiets.Die aand op Palmwag kamp hy langs ons aan die windkant.Die nag bekruip n vreemde virus my,maar ek kom dit eers later agter.Toe ek my kom kry,skaf ek n 95 Funduro aan.Die probleem is dat ek nog nooit in my 60 jaar op n motorfiets gery het nie,maar n koors is boggerse ding.
      Vir julle ou Honde wat van kleins af al op 2 wiele is ,mag dit vreemd klink,maar ek moet n oorkruis kopskuif maak tussen my linkerhand en linkervoet vir die koppellaar en ratte,om nie eens van die ander aanpassinkies te praat nie.My oefenterrein is die Oubergpad ,met min ooggetuies en baie oppies, affies,draaie en swaaie.So met die tyd saam,raak ek darem die die ding so stadig baas.Maar my rytyd raak min en die koors wil nie bedaar nie.Aan die einde van 2011 vaar ek die vreemde in met meer moed as verstand en ek sien dele van ons land waarvan ek nog net gelees het.Die nuwe avontuur het begin.In 2 jaar se tyd het ek al 30,000 kms afgele en wat n plesier.Terloops,die virus het ook vir Cutting Torch (vroulief) gebyt en dit maak die plesier nog groter.
      Ons kamp op Palmwag.
 

Attachments

  • Palmwag.jpg
    Palmwag.jpg
    178.7 KB · Views: 340
Top