Poortjieskloof - vandag

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
3,988
Reaction score
1,120
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Moes vandag gou Klein Karoo in vir werk en het besluit om die bike te vat. Gewoonlik is daar klomp goed wat moet saamgaan maar vanoggend was net n site survey so selfoon, laptop en GPS was al wat ek moes saamsleep, en dit pas sommer lekker in my nuwe padded rugsak. Ai die lente is darem maar lieflik!

Vroegoggend was dit bietjie koud maar tien uur toe ek moes ry het dinge al begin opwarm. Vinnig in Barrydale moes stop vir petrol en vat toe die R62 rigting Montagu. Die stukkie R62 was stil met min verkeer, die dag was absoluut stunning. Ek het tot begin warm kry in my dik baadjie en handskoene!

Elk geval, die plaas waar ek moes wees is toe naby die Poortjieskloofdam afdraai en ek sien die afdraai toe ek verbyry. Na ek my besigheid afgehandel het staan ek en die oom wie se plaas dit is en gesels en ek vra hom uit oor die Poortjieskloofdam. Ek was nog nooit daar nie en het al gewonder as ek die bord sien. Hy beduie my toe hoe om te ry en verseker my die bulle se gemoedstoestand is van so n aard dat ek veilig deur die kampe sal kom (blixem die goed is groot).

Daar is n paar stop plekkies langs die dam waar die lokals naweke gaan om bottels te breek, wat nogal sad is want dit is pragtig. Dis ook nie ver van die R62 af nie maar ek het geen siel teegekom nie. Die hele dam vir myself gehad!  

Die dam is lekker vol na die onlangse reen en ek beplan al klaar weer om n draai te gaan maak. Hiers n paar fotos:
 

Attachments

  • IMG-20120906-00191.jpg
    IMG-20120906-00191.jpg
    63.6 KB · Views: 383
  • IMG-20120906-00196.jpg
    IMG-20120906-00196.jpg
    64.5 KB · Views: 387
  • IMG-20120906-00198.jpg
    IMG-20120906-00198.jpg
    63.8 KB · Views: 379
  • IMG-20120906-00199.jpg
    IMG-20120906-00199.jpg
    64.5 KB · Views: 373
  • IMG-20120906-00193.jpg
    IMG-20120906-00193.jpg
    64.3 KB · Views: 369
Top