Unplugged die vreemde in.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
      Hierdie is my eerste beskeie poging om n RR te doen.
  Met meer moed as verstand,besluit ek om net voor Kersfees 2011 die lang pad te vat.Ek beplan om van af Montagu soveel moontlik grondpad te ry deur die Noord-kaap tot teen die Molopo.Dan al met die grens langs oor Mafeking tot by my draaipunt in Pretoria.In Pretoria n slag te was,alle moere weer vasdraai en dan terug deur die Oos-vrystaat en Oos-kaap Montagu toe. Alles moet so min of meer in 10 dae gebeur.Dit was redelik eenvoudig om dit alles op papier uit te werk,maar toe ek die oggend moet vertrek,was daar tog n paar vlinders in my maag,so half of ek skrikkerig is vir die besigheid.
    Die eerste deel van my reis tot op Sutherland verloop sonder noemenswaardige probleme,maar ek kom tog agter dat my vasmaakgoed nie op standaard is nie en skaf nog n stel rekke aan.Dis nou beter,maar oppad Fraserburg toe verloor ek my hoed wat ek sommer so tussen die rekke ingedruk het .My mikpunt vir die dag is Carnarvon.Die pad ry soos n droom .Hier en daar moet ek op die skouer trek,maar verder is daar nie klagtes nie.Ek oefen sommer ook om die middelmannetjies baas te raak.Soos my ou vriend JD altyd raadgee;val hulle aan.Hierdie stukkie raad sou later my redding wees.
    Teen sononder sleep ek Carnarvon binne,maak vol en ry n draai deur die dorp.Die karavaanpark is verlate,maar tog oop.Gaan drink eers n bier by die Blikkiesbar en toe gaan soek ek weer lewe by die karavaanpark.Nog steeds geen siel.Daars net een Camper en n ou karavaan wat op blokke staan.Die Camper behoort aan n Duitse gesin wat op toer deur SA is.Die Duitser ken die opset:Die opsigter is uit ,want hulle het vanaand n Kerskonsert by die skool,but no problem sir.You can camp any place and its cheap.Only R22.50 per night.Dis n winskoop,maar die geriewe is dienooreenkomstig.Ek slaan kamp op en eet my laaste padkos.My eerste les : Piesangs reis nie goed in die somer nie .Dit was n lang dag en ek kruip vroeg in.Teen 8uur steek daar n westewind op wat dreig om my met tent en al weg te vat.Iewers in die na-nag bedaar die wind en die volgende dag is dit perfek.Die vrou van die opsigter kom haal my kampgeld:R20.Moet dit nie R22.50 wees nie?Nee,meneer .Meneer was mos nie ingeplug nie. Ek was unplugged.UNPLUGGED IN CARNARVON.Dit klink amper so mooi soos BEAUTIFULL IN BEAUFORT-WES. Terstond besluit ek,ek gaan voortaan unplugged toer.Maar kyk,dis laat al en die pickup is op straat al.Ek sit net eers fotos op van my eerste kamp en my ou maat wat tuis na my belange omsien.
 

Attachments

  • Carnarvon.jpg
    Carnarvon.jpg
    152.7 KB · Views: 572
  • Wit.jpg
    Wit.jpg
    119.1 KB · Views: 567
Top