Lee is al doenig met motorfiets steel vir 15 jaar lyk dit my.
Van Beeld se argiewe - 1997:
Drie in hof ná inbraak, diefstal van motorfietse Nog voorvalle aan O-Rand bekyk
Sarie van Niekerk
Brakpan. Drie mans het gister vlugtig hier in die hof verskyn op
aanklagte van huisbraak en diefstal nadat hulle na bewering die
naweek by 'n sakeonderneming hier ingebreek en twee motorfietse
gesteel het.
Die verskyning van mnre. Lee Towsen (19), Abraham Johannes Mathee
(43) en Frank Hendrik Sandilans (20), almal van Johannes burg,
spruit uit 'n voorval Sondagoggend toe hulle na bewering by P.D.
Motor Cycle in Dalview ingebreek en twee motorfietse gesteel het.
Die motorfietse is binne 'n uur ná die voorval ongeveer 10km van
die onderneming teruggevind waar dit op die bakkie gelaai was.
Die drie verdagtes is Maandagoggend en -middag in Johannesburg
aangekeer.
Al drie die beskuldigdes word aangehou totdat hulle weer op 10
April in die hof moet verskyn. Hulle sal na verwagting op dié dag
aansoek doen om borgtog.
'n Woordvoerder van die Polisie in Brakpan het gister gesê verskeie
soortgelyke voorvalle word ook teen die beskuldigdes ondersoek.
Twee soortgelyke voorvalle in dieselfde winkel, 'n soortgelyke
voorval in nog 'n motorfietswinkel in die omgewing en 'n soortgelyke
voorval in 'n winkel in Benoni vroeër die naweek word teen die
beskuldigdes ondersoek, het die polisiewoordvoerder gesê.
Hy het gesê die moontlikheid word ook ondersoek dat die drie
beskuldigdes by nog voorvalle betrokke was.
Enigiemand met inligting wat die Polisie in hul ondersoek kan help,
kan sers. Jan Venter bel by (011) 740-1146.