Blomme toer

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Julle manne wat die hele trip gedoen het moet maar die stories vertel en julle foto's hier gooi!

Saterdag oggend het die manne daar by my huis by mekaar gekom en ek het hulle meegedeel dat ek nie saam gaan nie aangesien my dogter die Vrydag middag opgeneem is in die hospitaal. Persies 08H00 het ek die manne gegroet en het hulle pad gevat Ceres toe waar daar nog Vier manne by hulle sou aansluit, onder andere Andy660 wat ek gevra het om my verantwoordelikheid as organiseerder oor te neem. Saterdag aand het ek vir Andy geskakel om te hoor hoe dit gaan en hy se toe dat almal darem veilig daar aangekom het en alles reg is, maar die mense mis my! Nou ja ek laat nie graag my vriende in die steek nie en vanoggend 06H00 spring ek toe op my GS en gelukkig daai tyd van die dag is die N7 stil. 'n uur later gooi ek gou op Klawer brandstof in, want as mens daai GS se oor heelpad vasdraai raak sy keelgat groot en sluk hy baie sous! Vanaf Klawer Vanrhynsdorp toe was nog so 5min se ry toe kry ek die manne waar hulle nog besig is om koffie te drink en goed op die bikes te laai! Hulle was heel verbaas om my daar te sien  :eek:
 
Top