Saterdagmiddag skiet ek 'n geelslang hier amper op die voorstoep. Sondag toe hoor ek die voëltjies gaan kwaai tekere hier in die boom op die hoek van die huis. Ek vat toe die haelgeweer en gaan kyk. Ek soek hom, ek soek hom, ek kry hom hy's weg. Ek sien aanvanklik geen slang nie. Toe loer ek bietjie mooi in die boom en sien vir boomslang se kind wat agter die voëlkuikens aan is. Nou is die slang half op die dak en half in die boom so ek kan nie skiet nie anders slaap ons nat.
Ek los hom toe weer so 'n rukkie en gaan toe terug toe het hy al na die dakbalke van die stoep gevorder. Ek druk druk ou boom oom met die haelgeweer se loop maar toe kry hy spoed en is hy daar weg in die boom, nie weer gesien nie
