Hier is my eerste baaik wat ek met my eie geld gekoop het! Het hom tweedehands by Mean Machine, Menlyn, gekoop in 1995 vir R22 500 as ek reg onthou. Was dit dalk 'n Willehond se baaik? Ek het hom weer in Feb 1999 uit die hand aan 'n mnr André Janse van Rensburg van La Montagne verkoop. Is hy dalk 'n Willehond?
Ek het baie lekker met hom gery - ook 'n heelpaar verpaaie van Pretoria af, o.a. Kosibaai, Oos-Vrystaat, Oos-Transvaal, Upington, ens. My bagasie was sommer so in my voetslaan rugsak op die rug. Daai Kenda noblie-agterband was 'n riller op 'n nat teerpad

Die petroltenk het 'n klein lekkasie gehad, wat waarskynlik die rede was hoekom die vorige eienaar van die baaik ontslae geraak het. Ek het die lekplek laat toe "braze" en toe was die wêreld weer reg
