Arie,
Kry vir jou n' 690. Ek het nounet n' trip van 5600km van Pretoria na Arusha op myne gedoen. Ek het n' 2012 model, geen probleme nie. Die seat was effens nou, maar na n' paar dae raak jy dit gewoont. My pa het baie gesukkel in die sand en grond as wat ek het. Ek sal nie my 690 ooit ruil vir n' bm nie.
Ek het die ekstra tanks op gesit, vat jou range na so 450km toe wat baie gemaklik vir tour is. Verder het ek net n' alu bashplate opgesit en n' paar ander items van PSP racing, soft luggage van ATG en Flying Brick, meer as voldoende pakplek, en laaste n' Zumo 660 GPS.
Hoop dit help. O ja, die fiets het nie een oomblik se probleme gegee nie, en ek het selfs nog tread op my TKC oor na meer as 6000km.
Vra maar gerus as jy iets wil weet.
Drew