Jaloers en Begeer

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Blackie S

Puppy
Joined
May 30, 2007
Messages
22
Reaction score
0
Location
Oudtshoorn
Bike
BMW F650GS / Dakar
Kyk as ek nou al ooit gewonder het of ek die regte ding gedoen het toe ek weer 'n fiets gekoop het, is ek nou DOOD SEKER dat dat ek reg was.

Ek het nou van die ouens se foto's van hul toere gesit en deur kyk en liewe deug is ek nou jaloers.  Ek is nog absoluut 'n groentjie in die bedryf, het nog net padfiets gery,  maar kan nie wag om ook 'n tipe van 'n toer aan te pak nie.  My vrou is gelukkig ook baie "keen" so dit kan net 'n sukses wees.  Hier is regtig 'n klomp fantastiese foto's wat in enige buitelewe tydskrif kan uitstaan.

Maar julle manne met die pragtige 1150's, 1200's, 990's en al die ander groot menere (bedoel nou die fietse) maak dat 'n man ernstig oortree met die begeerte saam, maar wie weet.......... miskien eendag ..............

Dankie vir die deel van julle ervarings en ook vir 'n puik en leersame forum wat ondersteun word deur 'n klomp manne waarmee ek nogal graag 'n kampvuur sal wil deel.

Groetnis 
 
Top