XXXRRRRR, jou lekker ding!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Papwiel

Pack Dog
Joined
Nov 27, 2010
Messages
284
Reaction score
12
Bike
AJS (all models)
Ek en my swaer het laasweek in die Oos-Kaap (Lundin's nek, Bastervoetpad) gaan ry. (Ek met my XR650L ). Ons het n goeie kombinasie van grondpad en teerpad gehad.
Petrol verbruik het gewissel tussen 18-22km/l teen gemiddelde spoed van 110km/h (die wind was bedonnerd) :3some:. Die hantering van die fiets oor daai rowwe pad (moerse klipperig op plekke) was baie goed. Net dat ek n kortgat is wat my paarkeer amper gevang het  :eek:.
Wind het ons erg geboelie, veral aan die bo-punt van Bastervoetpad.
Net die idee dat as die fiets om moer dit nie te duur gaan wees om dit wat gebreek het reg te maak nie (AS iets sou breek) het my baie meer relaxed laat voel en ek het dit moerse geniet.
Vir eers is ek baie happy met die rooi ding tussen my bene (of eerder, onder my gat) :imaposer:
 
Top