Die ervaring van trails

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

cassiebotha

Race Dog
Joined
Nov 17, 2009
Messages
1,265
Reaction score
0
Location
George
Bike
Kawasaki KLX 400SR
Na paar maande bike loos het ek gister weer opnuut saam met een pel die pad gevat en trails gaan soek.  Watter avontuur was dit nie! 

Baie mense weet dat meeste trails kruis oor plaas paaie asook bosbou paaie.  Wel die trails wat ons gister opgespoor het was oop,  geen borde geen waarskuwings of hekke nie!

So is dit wettig?  Niemand weet?  Maar die beste gedeelte van die ry is die ontdekkings vase.  Waar gaan die pad heen?  Waar draai daai pad af?  Waar is ek nou? 

Dis die woorde wat die trip ongelooflik interessant maak!  Vergeet lang oop boring grond paaie!  Dit kan ek ry met my bakkie!  Vergeet die groot bikes.    Vergeet jou gps. 

Ek het weer my scrambler ervaar in die natuur. 
Of ons oortree weet ek nie.  Maar die ervaring van " kan ek daar af ry of daar op ry" maak die avontuur soveel beter.  En die beste van als is die hele dag kan jy net 50 km hoef te ry in die bos. 
 
Top