Storie van 'n jong biker op 'n ou bike!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Old School Biker

Pack Dog
Joined
Mar 14, 2012
Messages
425
Reaction score
0
Location
Villierdorp
Bike
Yamaha XT 660 Z
Right die lang verwagte trip het uiteindelik gekom :biggrin:. Ek het my bure 7 uur al wakker gemaak deur die lekker ou thumper op te start. was so opgewonde oor die trip kon nie gou genoeg die bike aan die gang kry nie. Het seker so 7:15 by die shell ingetrek en so bietjie rooi sous in sy pens gegooi. Right nou net vir die ander om te pitch. :sip:.

So teen 7:45 se kant het ek die ouens die dorp sien inkom. Ons het gegroet en blad geskut en toe die yster perde op gestart en begin met my eerste breakfast run. By koppies se afdraai toe wag daar nog so paar manne. Was baie bly om oom Fourie daar te sien. het toe ook agter gekom dat die ou thumper wou blind ry want hy was te moeg om te kyk. Ek was bietjie down maar het toe besluit solank die motor loop en die wiele draai gaan ek aan.

Vandaar af is ons die koppies pad deur waar die grondpad so lekker onder die bike se tires deur gerol het. Was die lekkerste gevoel om so saam met die ouens opi pad te wees, een van die manne. So het ons by die scherpenheuwel afdraai vir die agter osse gewag  ;D. Gelukkig nie te lank nie toe vat ons weer die pad aan. Toe ons weer stop het die groep aansienlik gegroei en dit was awesome gewees. Was so lekker om so baie bikes saam te sien en lekker met die manne te gesels en maar net lekker saam te lag oor al die grappies oor die vreeslikke lang trip en die lack aan backup voertuie, tente en petrol  ;D.

So ons het weer op die bikes geklim voor hulle te koud geraak het. die pad daar verby Amatunzi was stunning gewees, lekke tussen die bikes gery en nie weer voor nie ;), was lekker om 'n bietjie stof te vreet. Het in Robertson gestop by die dros maar hulle was nog nie reg vir die klomp honger bikers wat so lang stuk pad al agter die rug het nie. Ek en 2strokedan het toe maar ons perde gaan water gee en Rooiberg kelder toe gery. Seeduiwel het lekke vir ons georganize om almal saam om die tafel te sit. Dit was heerlik. Lekker kos en nog beter geselskap :3some: :thumleft:. So ja aan die einde van die lekker ontbyt en koffie was my pens en my perd sin vol. Het weer die ou man an die gang geskop en het die pad weer an gepak tot by Bon Cap. Het daar amper 'n troue gaan gate crash >:D.  Roelf julle het regtig 'n stunning plek. Ons het lekker gekuier en lekker in die sonnetjie gebak en lui geraak. Na 'n lekker gesels en vriende makery :3some: het ons toe maar weer besluit om aan die gang te kom want die troue was maar 'n paar ure weg en ou see duiwel moes nog gan skoonmaak na al die stof  :lol8:. Ons is toe maar weer terug Villiersdorp toe en het weer mekaar gegroet by die shell waar ons weg getrek het. Was jammer om die manne en Vrouens te groet het so lekker gery en was speit die dag was om. Maar gelukkig het hierdie nat nuwe biker geweet daar sal nog lang trips wees wat voorle. Baie dankie aan almal wat gekom het en wat saamgery het en vir al die nuwe pelle wat ek gemaak het. Kan nie wag om weer saam met julle te ry nie. :ricky:
 

Attachments

  • IMAG0059 2.jpg
    IMAG0059 2.jpg
    85.7 KB · Views: 259
Top