Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe  (Read 1722 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« on: October 21, 2012, 12:46:42 pm »
Daar is twee dinge wat my aan die plaas vasgom:  die winter as dit brandseisoen is dan durf jy glad nie verder as 10 minute se ry (OK dalk 30 minute) van die plaas af wees nie,  en my lamseisoen:  1 herfs en 1 lente.  Nou as dit lente is dan loop die einde van die brandseisoen en die begin van die lentelammery in mekaar en dan kry ek erge grotkoors (this means cabin fever for you Ingelse  ;D ).

Nou ja,  Woensdag toe sien ek of ek sal moet gaan ry om kop skoon te maak of iets of iemand hier gaan gebreek raak.  En waaragtig,  Donderdagoggend is die mooiste dag wat ons in 'n lang tyd gehad het.  Niks wind nie,  sonskyn, oop vars dag net vir grondpadry gemaak.  Maak gou my fles tee (daar word nerens sonder tee of 'n stofie gery nie), pak die tailbag en laai op dat ek kan ry.

Ek was 5 weke laas op die 800 gewees, moes al amper weer vir opleiding gaan.  Ek los die training wiele af, ek sal seker kan regop bly sonder hulle.



Dis ou Os, my Boerboel daai.  Hy moet ook kom groet en bene rek.



Ja, dis ek oppie fiets.  Ek moet ook bene rek.

Dis lekker om so vroeg op die ooppad te wees.  Die lug is so lekker vars en klam.  Ek is sommer lus en haal die oorpluisies uit dat ek die wÍreld om my (en die fiets) beter te kan hoor.  Ek stop so net voor die grondpad weer begin om 'n foto of twee te neem maar die muggies is so kwaai na die afgelope paar dae se reen dat en nie lank talm nie voordat ek weer die padvat.  Die dem goed vlieg in my valhelm in en dan is dit nag as jy ry.

Ek mis koppe, rante en berge daar by my so ek neem maar af en geniet diť wat ek teekom.  Hierdie buiterant van die Vredefort Koepel is sulke mooi geronde koppe en hulle vertoon mooi in die vroeŽoggend lig.







« Last Edit: November 04, 2012, 03:16:53 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #1 on: October 21, 2012, 01:01:32 pm »
Verlede jaar was die laagwaterbrug by Schoemansdrif onderwater en het daar omtrent al die teer op die betonryvlak weggespoel.  Maar dis baie mooi hier en vroegoggend lÍ die Kolganse, Reiers, Kormorante en ander voŽls sommer lekker op die klippe en bak.  Daar aan die anderkant van die rivier is 'n bondel blouape wat baljaar en lyk hulle kompleet soos 'n klomp stout skoolkinders wat AWOL.


Stroomop met die Vaalrivier




Ek voel ook soos diť kolganse: vry en lus vir die lewe




Ek spandeer bietjie tyd hier op die bruggie, dis salig en niks pla nie.  Daar's nie 'n selsein nie so niks kan my hier pla nie.  Nadat die blouape oor die brug is oppad na hulle kattekwaad, ry ek maar verder.  Dit lyk my hierdie week was daar so 'n paar kwaai donderstorms hier deur want die opdrifsels lÍ sommer so wyd oor die grondpad en plekplek moet 'n ou maar mooi mik om nie in 'n spoelsloot te beland nie.

Dis nie hoe lank nie en maak die ou kontantwinkeltjie sy verskyning.  Dit is nog 'n droom van myne:  om 'n glans fotoboek oor kontantwinkeltjies die lig te laat sien.  Mens kry mos alles van 'n naald tot 'n trekkerband in diť winkels.  die hartseer is hulle raak al hoe minder.  Daar is nie sulke goeters soos kitsbanke, debietkaartbetalingsfasiliteite, cafť lattes, gestremde parkering en ander nonsens by hulle nie.  Hier stop jy jou ou fodde bakkie (soos daai ou blou Chev Luv in die foto) buite, los die sleutels in hom, gaan koop jou Boxer twak en 5kg binddraad, gesels bietjie met die IndieŽr eienaar wat vir almal krediet gee - sonder om honderde vorms in te vul - en dan gaan jy rustig aan met jou dagtaak.



Dis nog vroeg, die stoepsitters sal eers later hulle opwagting maak, dan raak dit mos heel gesellig by so 'n winkeltjie.


Reg oorkant die winkel (agter my) wei die beeste sommer so langs die pad.  Min gepla.  

Maar nouja,  ek is hier om te ry, so kom laat ek maar ry.

« Last Edit: October 21, 2012, 02:34:48 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,985
  • Thanked: 436 times
    • dustriders.co.za
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #2 on: October 21, 2012, 01:04:43 pm »
Ek ry lekker saam Dorsland :deal: :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #3 on: October 21, 2012, 01:07:21 pm »
Ek ry lekker saam Dorsland :deal: :thumleft:

Dankie Chris, jy moenie weggaan nie, ek skryf nog dat die stof so staan :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline eikeboom

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 979
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #4 on: October 21, 2012, 01:15:35 pm »
Dis reg, ons wag
 :ricky:
Let's go into the mountains...there's likely to be peace and quiet
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #5 on: October 21, 2012, 01:15:39 pm »
Julle weet mos hoekom 'n soetdoring so genoem is.  Hier in die lente as hulle netnet wil beginne blom dan ruik dit mos amper soos 'n lemoenboord in die veld. Dis die lekkerste, varste reuk wat vir mens vertel die luilekker somerdae is op pad.  Die hele veld ruik na soetdorings.  Ai mense dis lekker om vandag grondpad te ry!

Maar binnekort is ek uit daai koppiewÍreld uit en lÍ die Vrystaatvlaktes oop voor my.  Orals is dit lekker nat en die dinge word groen en groei en die kalwers baljaar en alles is lus vir die lewe.  Ek stop bietjie by die windpomp en tuur oor die vlaktes na doerie koppiealleen wat op die horison staan.  Lyk my hier was 'n erge veldbrand diť winter hier deur.  Maar die Here se genade maak weer alles mooi groen na die reŽn.



As jy mooi kyk dan sien jy volgende jaar net skuins links van daai koppie  ;D

Ek kappit weer flou oor daai lang reguit stukke vlakte.  Daar skaars stof te make dis so lekker nat.  Maar kyk, 'n man is nie 'n klip nie.  Of soos 'n vriend van myne daai tyd altyd gesÍ het: ook nie 'n Magirus Deutz nie.  Ek soek 'n plek met bietjie koelte want dit begin nou al warm te raak.  Hier onder diť bloekombome lyk vir my soos 'n teeplek en ek stop om keel nat te maak.



My 2IB sorg goed vir my: die tee is lekker soet en die beskuit kraaakvars.  En daar is sommer twee pale waar ek die kamera kan opstel en my pose kan hou  :biggrin:

Toe ek weer ry, kom ek net op spoed toe ek die SekretarisvoŽl vlak langs die pad kry.  Ek briek - maar ook nie te vinnig nie want dis modderig en ek wil nie nog aasvoŽls ook lok nie - maar teen die tyd wat ek weer naby genoeg is om n mooi foto te neem, is voŽl se kind al verder die veld in.  Ek soek die tweede voŽl (hulle is mos gewoonlik so in pare) maar sien niks nie.  Bly maar besonderse voŽls hierdie.




« Last Edit: October 21, 2012, 02:34:16 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #6 on: October 21, 2012, 01:39:29 pm »
In Kroonstad aangekom, is ek nie lus om by 'n Wimpy of soortgelyke plek te gaan ontbyt eet nie.  Die oop vlaktes lÍ nog te vars in my kop om my nou in die dorp te gaan vasdruk.  Ek ry so 'n paar draaie buite om, gastehuise, 'n kwekery en ander plekke maar niks nie.  Selfs die Ultra City op die N1 het net 'n Steers.  

Ek ry toe die dorp binne en stop by die Toerisme Inligtingkantoor wat in die pragtige ou Stadsaal gehuisves is.  Daar is Alta Nel, die inligtingsbeampte, baie behulpsaam en deel padkaarte en brosjures links en regs uit.  Ek moet net keer want my tailbag is reeds vol.  Maar dan neem sy my deur die gebou waar hulle op private inisiatief en geld besig is om die pragtige ou gebou te restoureer.  Hy dateer uit omtrent 1846 uit en alles spreek van 'n vervloŽ era van deftigheid en vakmanskap en beskawing.




Hierdie is die raadsaal waar Kroonstad se toekoms daai tyd beplan en bespreek is.


Die einste stoel is op elke buergermeesterfoto wat al om die raadsaal gehang is, te sien.  Kyk so 'n stoel gaan jy nie vandag by Lubners koop nie






Daar is die pragtigste loodglas vensters en deure in die gebou.


Al die houtwerk se lae verf word sorgvuldig afgeskuur en skoongemaak om weer na die oorspronklike prag terug te keer.

Na 'n baie interessante en onverwagse uur of wat hier, en na ek lekker met Alta gesels het en sy my beduie het waar ek (in die middedorp) lekker ontbyt kan eet, is ek daar weg.  As julle Dawgs daar in Kroonstad kom en julle wil lekker ontbyt eet, val sommer daar by Plumbago Kwekery in, so een straat weg van die Stadsaal af.  Lekker kos, vinnige diens, billike pryse.  En ons mense wat daar werk.

Na ek lekker ge-eet het, vat ek weer die pad, maar eers brandstof ingooi.  Ek ry uit to op die buitewyke van die dorp en stop by 'n vulstasie.  Terwyl ek betaal, sien ek hier stop so 'n stuk van 8 manne op BMWs en lyk my hulle wag vir my.  Ek saal op en ry en hulle ry voor.  Ek haal hulle by 'n stopstraat in en vra waarnatoe is hulle oppad.  Nee seg die een man, Clocolan.  Nee veilig ry seg ek. Eers nadat ek gery het, besef ek die manne is oppad na die Eco Challenge toe.  Sien toe ook nog so drie manne net buite die dorp wat ook stof opskop oppad soentoe.

Die res van die trippie was bietjie warm en nie heeltemal so mooi nie maar ek het dit nogtans baie geniet.  So 30km van die plaas af, hier gee die 800 so 'n hik en vrek hy.  Ek slek af en daar vat hy weer.  Ek dog toe dadelik dis die brandstofpomp en ek begin my al regmaak om vir 2IB te bel om te kom laai.  Maar die fiets ry aan, ten spyte daarvan dat hy kortkort nog so hikenvrek hikenvrek.  Ek kom toe daarem oppie plaas sonder te veel moeite.  Maar ek ry stadig, selfs 'n KTM kon my verbysteek as hy wou  :pot:

Die fiets is nou Maandag by Bavaria in Centurion inbespreek, daarem 'n waarborg jobbie glo ek.  Ek begin nou al my reg te maak vir die Groot Verkeer Pretoria toe.

En die teefles gaan saam!


« Last Edit: October 21, 2012, 02:36:22 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline frans1

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 697
  • Lewe elke dag voluit!
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #7 on: October 21, 2012, 02:21:21 pm »
Hi Dorsland. Dankie dat jy dit met ons deel. Hoop nie die GS gee jou enige verdere kopsere nie.
Hoop die verkeer pretoria toe is nie te erg nie.
groetnis
BMW 1200GSA (What a Machine!!!)
BMW R100RS (Busy with the repairs)
BMW 1200GS (Love the bike)
WR 450 Yamaha (Sold)
Yamaha 500 XT (Sold) Yamaha 175 DT (Sold) Honda 90 cc (Gave it away)
 

Offline Bokveld

Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #8 on: October 21, 2012, 05:16:22 pm »
      Dorsland jy het darem n gawe om n mens lekker te laat saamry.Dis seker van lank staan dat die 800 nou skielik wil begin aandag trek toe hy sien die trip is verby.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #9 on: October 21, 2012, 05:20:09 pm »
     Dorsland jy het darem n gawe om n mens lekker te laat saamry.Dis seker van lank staan dat die 800 nou skielik wil begin aandag trek toe hy sien die trip is verby.

Ek wou eintlik al Donderdag Steynsburg toe gery het vir daai Adenture Ride wat hulle gehad het.  Toe hou die dinge my bietjie vas hierso.  Dankie tog want ek sou my gestrip het om tussen erens en nerens met so 'n probleem te sit.  Altyd 'n rede hoekom dinge gebeur of nie gebeur nie.  Moreoggend vroeg is ek al innie pad om hom te gaan laat herstel.  Volgende week is al die NW Bash!
« Last Edit: October 21, 2012, 05:38:09 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Vaalseun

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 474
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #10 on: October 21, 2012, 05:27:19 pm »
Hey Dorsland, welkom in die Riemland. Kroonstad is my geboorteplek, en een van my gunsteling bestemmings vir 'n dagtrip. Dankie vir die tip oor die kwekery, ek het reeds met my laaste trip gekla dat daar net plastiek-eetplekke is en dat Kroonstad werklikwaar kan doen met iets meer outentiek. Sê maar as jy weer gaan, ek gaan graag saam. O, en dankie dat jy dit met ons deel.
« Last Edit: October 21, 2012, 05:28:19 pm by Vaalseun »
 

Offline subie

  • Local Mods
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,140
  • Thanked: 78 times
  • Liberalism is the ideology of Western suicide.
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #11 on: October 21, 2012, 05:27:41 pm »
Baie mooi  :thumleft:
Jy het darem n slag met woorde :ricky:
As time washes by, our footprints are all for naught
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #12 on: October 21, 2012, 05:28:56 pm »
Hi Dorsland. Dankie dat jy dit met ons deel. Hoop nie die GS gee jou enige verdere kopsere nie.
Hoop die verkeer pretoria toe is nie te erg nie.
groetnis

Frans wat praat jy.  Jy verstaan nie mooi hoe benoud daai verkeer my maak nie.  Dalk moet ek sommer 'n sterk brannewyn saam die tee in die fles gooi  :biggrin:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #13 on: October 21, 2012, 05:35:32 pm »
Daar was mos altyd so 'n plekkie daar teen die rivier oorkant die Shell vulstasie gewees.  Ek sien deesdae is dit 'n sekuriteitsmaatskappy wat daar kantore opgeslaan het.  Dis jammer, want dis 'n bitter mooi ou gebou daai. Ek probeer maar altyd ons eie mense en die klein besighede ondersteun waar ek kan en dis seker maar 'n ekonomiese feit dat sulke klein eetplekkies nie meer orals lewensvatbaar is nie.

Ek maak dan sommer so in die toekoms:  ek pos die bestemming, vertrektyd, en datum en almal is genooi.  Diť wat kom, is daar en die wat ander keer wil saamry, maak dan so.  My ritte is gewoonlik sommer so op kort kennisgewing maar sal lekker wees as van die Dawgs saamry.

Dankie Subie vir jou vriendelike woorde, ander manne ook.  Ek het daarem Std 4 skryfwerk deurgekom, lyk my iets daarvan loop nog saam my  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 998
  • Thanked: 32 times
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #14 on: October 21, 2012, 06:35:53 pm »
Mooi foto's en storie!  Daai hout trappe is regtig iets besonders, dis jammer dat vandag se moderne style nie hierdie klas vakmanskap insluit nie. 
Maar vir die wat weet:  ek's bly ek's nie die man wat daai afskuurwerk moet doen nie...  hoop hy strip net die paint en nie sy m... nie!
 

Offline Sidpitt

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,340
  • Thanked: 21 times
  • Thumpers Rule!!!
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #15 on: October 21, 2012, 07:49:18 pm »
Dorsland, dankie vir die besonderse RR.
Ek het jou Donderdag net net gemis met jou besoek aan Kroonstad.
Ek sal jou graag wil saamwat op elke trip net om te kan lees hoe jy alles so mooi beskryf.

Dankie ook vir die positiewe kommentaar oor ons dorpie se inligtings kantoor, personeel en eetplek.
Dit is nie net 'n vooreg nie maar ook my plig om te sorg dat die geskiedenis van ons (eens pragtige dorp) bewaar word.

Gee net kans, as ons Besigheidskamer se planne uitwerk dan gaan Kroonstad binnekort weer mooi (en skoon) wees.

 
If you dont like something, change it!
If you cant, change your attitude.
Dont complain!
 

Offline Sidpitt

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,340
  • Thanked: 21 times
  • Thumpers Rule!!!
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #16 on: October 21, 2012, 07:55:30 pm »
Mooi foto's en storie!  Daai hout trappe is regtig iets besonders, dis jammer dat vandag se moderne style nie hierdie klas vakmanskap insluit nie. 
Maar vir die wat weet:  ek's bly ek's nie die man wat daai afskuurwerk moet doen nie...  hoop hy strip net die paint en nie sy m... nie!
Wees liewers bly jy's nie die ou wat hom moet betaal nie.....want dit wat hom nou al baie lank hy kwalifiseer amper al as "full time staff"
Die skrywerker het lang ure gewerk om daai trap mooi te maak, ons sal maar ons tyd wat om dit weer na die oorspronklikke glorie te herstel.
Kom kyk gerus as jy weer hier verbykom.
If you dont like something, change it!
If you cant, change your attitude.
Dont complain!
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #17 on: October 21, 2012, 10:10:57 pm »
Sidpitt:  jammer ek het jou gemis. Lyk my daar's 'n hele paar Dawgs Kroonstad se kant toe.  Ons moet dalk so 'n Kroonstad Bash reel   :biggrin:  Die dorpe het sulke mense soos julle nodig om dinge bymekaar te hou, dankie vir julle toegewydheid! Ons land het so baie allerpragtigste geboue en argitektuur wat eie aan ons is, dit mag nie verlore gaan nie.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline spoedvark

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,142
  • Thanked: 10 times
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #18 on: October 21, 2012, 10:28:35 pm »
Dankie Dorsland vir "n lekker lees en kyk!!! Jy mag maar!!!!! :ricky:
« Last Edit: October 21, 2012, 10:29:13 pm by spoedvark »
Go Big!
or
Go Home!!!!
Previous bikes:
Yamaha XS 400 Special Kawasaki ZX 10 Yamaha XT 550 BMW 650 GS BMW 1200 GS KEEP THE RUBBER DUSTY!!!!
 

Offline Dana3

  • Newbie
  • *
  • Bike: BMW R850GS
    Location: North West
  • Posts: 15
Re: Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe
« Reply #19 on: October 21, 2012, 11:07:09 pm »
Baie mooi, voel amper of ek saam was want dis hier op my agterstoep en die koepel bly maar n spesiale plek en ook my gunsteling as ek alleen wil wees. Die bruggie is ook my eerste afklimplek want jy kan nie net verby ry nie, jy MOET daar tyd spandeer. Sien jy gaan NW Bash toe, as Dr se dis reg wil ek ook graag gaan, sal Woensdag weet. Kan moontlik dan saamry.