Middel vannie week agterpaaie Kroonstad toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Daar is twee dinge wat my aan die plaas vasgom:  die winter as dit brandseisoen is dan durf jy glad nie verder as 10 minute se ry (OK dalk 30 minute) van die plaas af wees nie,  en my lamseisoen:  1 herfs en 1 lente.  Nou as dit lente is dan loop die einde van die brandseisoen en die begin van die lentelammery in mekaar en dan kry ek erge grotkoors (this means cabin fever for you Ingelse  ;D ).

Nou ja,  Woensdag toe sien ek of ek sal moet gaan ry om kop skoon te maak of iets of iemand hier gaan gebreek raak.  En waaragtig,  Donderdagoggend is die mooiste dag wat ons in 'n lang tyd gehad het.  Niks wind nie,  sonskyn, oop vars dag net vir grondpadry gemaak.  Maak gou my fles tee (daar word nerens sonder tee of 'n stofie gery nie), pak die tailbag en laai op dat ek kan ry.

Ek was 5 weke laas op die 800 gewees, moes al amper weer vir opleiding gaan.  Ek los die training wiele af, ek sal seker kan regop bly sonder hulle.

dscn2300g.jpg


Dis ou Os, my Boerboel daai.  Hy moet ook kom groet en bene rek.

dscn2302k.jpg


Ja, dis ek oppie fiets.  Ek moet ook bene rek.

Dis lekker om so vroeg op die ooppad te wees.  Die lug is so lekker vars en klam.  Ek is sommer lus en haal die oorpluisies uit dat ek die wêreld om my (en die fiets) beter te kan hoor.  Ek stop so net voor die grondpad weer begin om 'n foto of twee te neem maar die muggies is so kwaai na die afgelope paar dae se reen dat en nie lank talm nie voordat ek weer die padvat.  Die dem goed vlieg in my valhelm in en dan is dit nag as jy ry.

Ek mis koppe, rante en berge daar by my so ek neem maar af en geniet dié wat ek teekom.  Hierdie buiterant van die Vredefort Koepel is sulke mooi geronde koppe en hulle vertoon mooi in die vroeëoggend lig.

dscn2305zr.jpg


dscn2308s.jpg




 
Top