Manne, ek skryf Afrikaans die keer............ Seeing that everyone is doing it in Eng.
Wat staan uit van die Bashes:
1. Die befarkte paaie soontoe en terug. Soms met 'n Trailer, soms sonder 'n trailer.(COST'S)

2. Ek drink en rook en hou van vleis, so vir my is die Bashes sommer bitter bedonnerd want baie manne/dames gooi 'n doppie en tjoppie saam met my en die wat nie drink nie kom ook altyd hallo se'.
3. Vriende.......... Ek het in die laaste klompie jare vriende gemaak hier wat ek sal saamvat oorlog toe.
4. Nog nooit was ek al op 'n bash waar die ablusie nie voldoende was nie. As ek nie kon stort nie het ek sommer geswem by die waar rivier/dam naby was.
5. Die kak praat........ Ek ruil dit vir niks
6. Die lag........... Dit gebeur onophoudelik en soms ten koste van myself.
7. Kontakte wat gemaak word het my al gereeld uitgehelp.
8. Die koste van hierdie Bashes het my sak nog altyd gepas al moes ek sny a.g.v sommige afstande op die drank inname.

9. Die organisasie van die Bashes was nog altyd PUIK, hoe minder reels hoe beter soos Veldtie gese' het pas my ook. Was lank genoeg op skool/Varsity
Dis my eerlike opinie en ek sal soveel moontlik in die toekoms ook bywoon. Sou graag die Eco ook wou doen maar hulle gattie my fiets daar like nie, maar ons groep is deel van Donford Motorrad so dalk kry ek dit reg om 'n bike by hulle te skollie en self te gaan ervaar hoe dit is.
