8- 10 Feb 2013 Ek soek ten minste 50 bikes op my 50ste! Pay Time!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Ek soek 50 bikes op my 50ste verjaarsdag om saam te gaan kamp. Ek het 15 kampplekke bespreek by die Watervalle op Porterville vir die naweek en daar kan 6 persone per spot kamp so dit gee ons 90 mense so jy mag jou vrou / skelmpie of handbriek saam bring.
Ja daar is swemplek, want Februarie is dit warm!

Julle kan hier kyk na die plek:     www.laatson.co.za

Ongelukkig moet mens vir twee nagte bespreek op 'n naweek so ons bespreeking is vir die Vrydag-aand en Saterdag-aand. So die wat wil kan reeds die Vrydag middag al kom tent opslaan. Die wat wil kan die Saterdag oggend saam met my 'n roete gaan ry voor die party begin.

Kostes is R250 pp vir die naweek!
Dit sluit in:

1. Jou kamp plek vir twee nagte.
2. genoeg ys
3. Saterdag middag ete (Boerewors rol x 2)
4. Saterdag aand ete Braaivleis met artapels en brood
5. Sondag oggend se ontbyt.

Wat elkeen moet bring:
1. jou eie slaap goed (tent, slaapsak en matras en stoel as jy nie op die grond wil sit nie)
2. swem klere
3. jou eie bord en eet gereedskap
4. jou eie drank en glas.
5. kos vir die Vrydag aand en Saterdag oggend.

Bank besonderhede:
HD van Heerden
ABSA bank Malmesbury
rek# 9274991183
tak kode 632005

ASB gooi R10.00 by as jy kontant betaal vir die bankkostes.

Laaste dag van betaling is die 11de Januarie 2013
 

Attachments

  • 50th-birthday-gift-t-shirt-experience-400.jpg
    50th-birthday-gift-t-shirt-experience-400.jpg
    39.3 KB · Views: 920
Top