Pielas, het jy op die PUK geswot, jou aangesig lyk so baie soos 'n snr wat in 1991 saam met my in Caput Gang 1 was?
Norrafok, ek heeltemal te stupid om te gaan swot het. daai ou wat saammet jou in Caput was was seker befok sexy as hy soos ek lyk.
Die man is orals op Police File bekend. My kollega, Stella en haar man, Andrew Marshall het hom ook in de Wild Dog line-up uitgeken. Hy moes seker baie kak op varsity gemaak het.
Al rede hulle my erken is omdat Andrew gewoonlik sammet my in die lineup was. Stuur groete vir die Marshalls asb
Pielas was een van die soet outjies, kerkmens en so......................... PU vir CHO
Absoluut. Nou hier is n man wat my op Potch geken het. die ander verwar my met iemand anders. Ek was n voorbeeldige student!!
As Pielas se naam Eben is.......
Ek was die enigste 1ste jaar in die gang met 'n lisensie.... DUS ek was menige maal in die nag wakker gemaak om NOG drank te gaan koop, of om daai Jetta by Bourbon Street te gaan haal omrede hulle liewers terug gestap het Caput toe

Gladnie so nie. dit is alles leuns. Ek het aande in die biblioteek deurgebring, net daai jetta voor bourbons gaan stop omdat daar n cargaurd was. Ek probeer nou uitfigure wie jy is, maar kan bitter min van 1990, 91 en 92 onthou. Al waarvan ek weet in Liggies wat saammet my op koshuis was is Vaatjie ( nie seker of hy nog daar is nie) , en hy het heeltemal te min balans om bike te ry.