Vrydag oggend was my plan om al vroeg by die bash te wees om dinge daar reg te kry. Het bietjie later weg gekom en was BAIE verbaas om te sien dat ek nie die eerste een daar is nie. Wie anders as KilRoy (en sy kroos) en Patches sal al besig wees om kamp op te slaan! Joupa was ook al daar en het gou my eerste koue een in my hand gedruk.


Sand, die goedjies wat so baie van ons laat sukkel het.


Volgende was Dorsland om daar in te val.

WAAR IS DAAI FOTOS? Sal nie meer daaroor se nie.

Van so 3 uur af het die manne en maninne begin inkom, maar eers laat was ons voltallig. Die laatkommers was blykbaar dors en mos al wat 'n watergat opsoek.
Die kroeg is geopen (ok was al lankal oop), die vure is gestook en die party het begin.




Saterdagoggend was die ouens lus om te ry! Hulle het vroeg bymekaar gekom vir die outrides. Watter beter plek as REG VOOR Raka se deur. Moet se hy het maar oes gelyk toe hy daar uitkom om te kyk wat aangaan.

Sorry Dominee.


Twee bikes het met een moerse spoed daar aangekom met die rakkers op

net voor die outrides gery het. Dog eers daar is moeilikheid! Maar nee, dit is De Jager en sy pel wat 'n R500 boete los gery het om betyds vir die outrides te wees. Hulle WAS betyds en het deel van die "geheime" roete geword.
Old No.7 het 'n groep na die Marico Oog gevat, hulle het die roller-coaster gery tot by Groot Marico en ek dink daar ge-eet . Thanx Old no 7. Maar so van hom gepraat, vra vir hom hoe mount jy 'n bike nadat die stand nie meer werk nie. Beter nog......... Tuck & Roll?

Draadtang en Chom het die ander groep na die Botswana grens toe gevat, daai was 'n geheime trip want al wat ons weet is dat daar bees paatjies, sand en hope fun was. Verder niks! Julle beter post julle moegoes, ons WIL WEET.

Die Slow ride was ongelukkig af as gevolg van tegniese redes. Dit is al wat julle hoef te weet!

Volgende jaar sal ons hom roer!
Die van ons wat nie die outrides gedoen het nie het in die kamp gerus. Ok ok, party het gesuip......

Saterdag kom Davey Sprocket daaraan.

Nog nooit gesien hoe iemand sy forum naam so gestand kan doen nie! Hy kom wragtag met 'n nuwe sprocket en ketting in sy bagasie. Manne, daai sprocket van was gaar! Van nou af is sy forum naam net Sprocket!


Daai KLR vat toe wragtig 'n ingeneur om die sprocket af te kry!

Saterdag aand het ons gou die "pryse" uitgedeel en toe het ons 'n GROOT vuur gebou en gebraai en geparty. Van die ouens was maar moeg en het sommer langs hulle tente geslaap (weens moontlike tegniese probleme........ of sabotasie

). Thys sal die storie moet vertel en die fotos moet opsit.

Saterdag se brood.


Marisa hulle aan die werk in die kombuis.

Sondag oggend het ons, soos Saterdag, ge-koffie en beskuit. Die manne het vroeg begin ry en teen 9 uur was meeste al weg. Ons het so 10:30 gery en was van die laastes daar weg.
Baie dankie aan almal wat daar was. Die wat nie daar was nie wil ek net se julle het 'n MOERSE naweek gemis!

Nou kan ons begin beplan aan volgende jaar se bash.

Nog fotos:
Cyclops, ons verjaardag maatjie.

TVB

Raka

KilRoy







