Bonsai doen Catembe na Ponta do Oura

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bonsai

Pack Dog
Joined
Dec 9, 2010
Messages
81
Reaction score
0
Location
PTA North
Bike
BMW R1200GS
Nou hier aan die einde van Jan vanjaar was dit toe mos weer onse "anua"l Ponta trip, dis nou die repeat van daai een wat ek laaste jaar my moer op suur geval het en myse scooter afgeskryf het. (Daai een van lugfoto faam) Nou die slag was ekke vasberade ekke moet hom maak nie so seer om die anner te wys lat ekke kan nie maar na daai neermoer was my kop nie so wel met die grond/baaik storie nie en ek moes 'n kopskuif maak en my selfvertroue herwin, ekke het dus seker gemaak ek is redelik fit en ek het skool geloop daar by BM maar die grootste besluit was lat niemand maar niemand my gat aanjaag en as die pas te vinnig is virrie ou top met min ervaring moet hulle maar aanfok ek sal dit dan op my eie tyd en pas op my mannier doen. Dit is wat ekke gedoen het en dit het gewerk vir my. Die ratse maargat brawe laaities het daai 128km in 6 ure gedoen ekke die ouman het dit in 9uur 20min gedoen ek het 4 keer innie modder omgedop en in daai 2 spore oor die duine het ek by 5 ophou tel (daar is bewerings van oor die 20 keer) maar ek het dit gemaak en die ouens wat weddenskappe gevat het verkeerd bewys. Die Fernados se hele pub het my staande toegejuig toe ek daar stop nie net die groep saam met my nie.

Die groep van ons net buite Catembe
moztrip2207.jpg


En toe sous dit
IMG_1570.jpg


En die pad veranner in snot
IMG_1576.jpg


En party van ons moer neer (hel ek was nie eerste nie)
moztrip23227.jpg


En dis gate en damme en snot allie pad die eerste 70 km
MOZTRIP125.jpg


En toe is dit sand maar daai was oraait want hulle was klam en ek het lekker gery
IMG_1673.jpg


En toe is dit daai 2 spore oor die duine hier het ek gek@k drolle dikker as Wim99 blikke
moztrip2251.jpg


So val 'n man 'n 1200GS
IMG_1710.jpg


En weer
moztrip2246.jpg


Maar anner manne het ook opgetel
IMG_1703.jpg


En toe baie later is ek klaar en ek het my skoeter by Fernandos en die ry klere is uit party tyd
IMG_1758.jpg


R&R tyd
MOZTRIP190.jpg
 
Top