Baviaans met n byt

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
        Terwyl ek nog op my Molopo-trip was ,laat vriend JD weet ek moet my regmaak om saam met hom die Baviaans te gaan ry tussen Kersfees en Nuwejaar.Dit vat nie veel om  my ou rubberarmpie te draai nie.Ons val die oggend van 27 Desember 2011 in die pad vanaf Montagu.Dis lekker koel en ons sleep met die Brandrivierpad af Vanwyksdorp toe.Die mall is nog toe .Toe vat ons maar Rooiberg oor Calitzdorp toe en daarvandaan Groenfontein deur De Rust toe.Die grondpad agter die berg af Willowmore toe is in baie goeie toestand en ons skop stof op.Die plan is om die eerste aand by Doornkloof te kamp.Die Funduro tel n kortsluiting op en brand kort-kort n fuse.Dit sou later blyk dat dit nog n nalatenskap was van die Molopo-trip.Op die Doornkloof-pad kantel die 1200 om in die water en ek laat vrek die Funduro.So kom ons hinkepink by die kamp aan.Ons kamp die aand heerlik.Later die aand word ons vergas deur ietwat luidrugtige seksuele eskapades van n jong egpaar wat langs ons kamp.Ons is egter twee deurwinterde ou soldate en laat ons nie daardeur ontstel nie.
 

Attachments

  • Mall.jpg
    Mall.jpg
    148 KB · Views: 606
  • Rooiberg.jpg
    Rooiberg.jpg
    120 KB · Views: 589
  • Bav. poort.jpg
    Bav. poort.jpg
    216.3 KB · Views: 600
  • Bav. poort.jpg
    Bav. poort.jpg
    216.3 KB · Views: 591
  • Doornkloof.jpg
    Doornkloof.jpg
    204.3 KB · Views: 591
  • koffie.jpg
    koffie.jpg
    152.9 KB · Views: 600
Top