My 'maiden voyage' en eerste valletjie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

xrAngel

Puppy
Joined
Oct 8, 2012
Messages
30
Reaction score
0
Bike
Honda XR200
Ek, Wally en SuperDave66 het vanoggend belsluit om bietjie deur die Koepel te gaan ry. Die rit was 'n goeie kombinasie van teerpad, grond, los klippe, bietjie sand en ongelukkig kwaai wind met die terugkomslag. 'n Perfekte dag om baie te leer, die tipe goed wat jy self moet oefen want dit help nie iemand probeer jou leer nie. Die rit was skraps onder 140km, wat vreeslik baie was aangesien ek nog nooit meer as omtrent 15/20km op een slag gery het nie.

Terwyl ek op die grondpad klim, hersien ek gou al die tips wat ek by mense gehoor het: moet nooit 'optense' op die grond nie, wanneer jy los sand tref, versnel sodat jy voorwiel nie in die grond kan ingrou nie, wanneer jou voorwiel 'n groot klip tref en begin 'weave', moenie die stuur vasgryp nie.... Al die reels gaan deur my gedagtes, maar die goue reel van grondpad ry sit ek toe in die ensevoorts-boksie en dink nie eers daaraan nie- hence the fall!

Ek kry toe vir my 'n gemaklike spoed waar ek kan ry, met Dave vooruit en Wally agter my ingeval iets gebeur met my. Ek nader toe vir Dave wat op die hoek van die volgende draai staan en wag en met 'n spoed van -20km/h trek ek voorbriek op 'n pad wat vol los klippies is, op 'n draai en met my stuur gedraai sodat ek voor Dave kan intrek.  :ricky:  'nuff said! Ekt baie gelukkig net met 'n bloukol op die been weggestap en is op daardie oomblik toe baie bly dat ek al my gear aangehad het. Ekt net vanoggend voor ons gery het 'n tantrum gegooi omdat ek nie van die swaar skoene hou nie en omdat ek sukkel om daarmee te ry. Dankie tog Wally het nie genade gehad nie!

Altesaam was dit 'n wonderlike dag! Ekt baie geleer en besef hoe ontspannend en wonderlik 'n rit kan wees. Dis asof niks en niemand jou kan jaag nie- dis net jy en die pad voor jou. Spesiale dankie aan Wally en Dave vir die geduld vandag, en natuurlik omdat julle my bike opgetel het! Dit is 'n dag wat ek nooit ooit sal vergeet nie!  :thumleft:
 
Top