Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Dorsland tref Os  (Read 2641 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,051
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Dorsland tref Os
« on: December 06, 2012, 03:15:45 pm »
OK daar vang ek julle nou lekker met daai opskrif  :biggrin:  

Maar ek het vir Os,  my Boerboel wat 68 kg weeg, raakgery.  En nou voel ek die afgelope paar dae baie jammer vir myself en hy nie so baie nie.  

Ek ry verlede Vrydagmiddag na die bokke toe met die XR, lekker stadig, rustig, dis oppie plaas, wat kan nou eintlik gebeur.  My ATGATT bestaan uit 'n kortbroek (darem khaki), kortmou hemp (darem nie 2-tone nie), vellies, my R30 koperasie grinderbril en my hoed.

Os draf so eenkant saam om vlakvarke te gaan kyk.  Ons is nie ver van die huis nie, daar sien hy toe vlakvarke en hy laat waai. Ek ry toe bietjie vinniger agter hom aan - seker so 40km/u of so. Dis lekker harde tweespoor met klippe omtrent helfde die grote van 'n mens se gebalde vuis wat deel van die tweespoor uitmaak.

Julle weet wat kom volgende nť!

Os slek toe so bietjie af sodat hy hier regs van my draf en skielik toe sien hy weer die vlakvarke links van my en hy laat waai met 'n spoed.  Ongelukkig is die XR se voorwiel en hy op 'n neerdonder trajek en ek tref hom toe so hier agter sy pens op die lies.  

Mense, as julle nou van neerwetter gehoor het dan is dit wat ek toe daar in die veld gedoen het.  Die laaste keer toe ek van 'n motorfiets afgeval het was 1985, en ek het nou bewys dat ouer balle nie meer so lekker hop nie!  Ek val my wind skoon weg, dis stof en bloed en 'n gekners van tande.  Ek het grootendeels op my linker voorarm geval maar 'n gekraakte rib, velaf op my regter knieg en elmboog en die linkerarm is effe moeg en wil gaan lÍ.  Ek dink al wat nog nie pimpel en pers is nie is my tandvleis!

Nou ja, uit 2 elmboŽ en 2 knieŽ is daarem 1 knieg ongeskonde.  Dis iets.

Os?  Hy's bietjie velaf en het toe nie die vlakvark ingehaal nie maar verder ongedeerd daarvan afgekom.  Die XR?  Hy's vol stof, die Zeta handguards het bietjie skiet gegee maar daarem nie gebuig nie, die vurke het in die klampe gedraai maar dis al reeds reggemaak en so paar skrape op die voor modderskerm en een kantpaneel. Ekke?  Nog steeds jammer vir myself met 'n arm wat lekker eina is.

As julle 'n boertjie met 'n helmet op die plaas sien ry, dis ekke!

OK, let the abuse begin  :biggrin:




« Last Edit: December 06, 2012, 06:59:35 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Veldbrand

  • Super Saaiber Slet
  • Vendors
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,691
  • Thanked: 2 times
  • Hou die blink kant in!
    • Koedoeskloof Country Lodge
Re: Dorsland tref Os
« Reply #1 on: December 06, 2012, 03:22:00 pm »
Eisch, daai lyk sommer soos hard neer slet.
Bly om te hoor julle het dit altwee oorleef.
Gee maar vir Os 'n paar ekstra bene as vredesoffer...


Co-ordinates: S33 30.300 E21 10.258  http://www.koedoeskloof.co.za/  facebook - Koedoeskloof Country Lodge, Dwarsrivier, Ladismith, WC
Life is like hitch hiking, just when you think you're not going to get a lift, you don't.
 

Offline Eisbein

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,056
  • Thanked: 42 times
  • Kraaifontein Plugspanner!
    • Music Ramblings by a serial hobbyist
Re: Dorsland tref Os
« Reply #2 on: December 06, 2012, 03:26:18 pm »
Os is 'n mooi hond...


Bly dit was nie erger nie - al lyk dit maar na pyn.

02/02/12 - RIP Glen - the Arrow of Elliot and the little man with the big heart that truly was larger than life.

You have touched us and left us better for having known you - even if it was only briefly.

For grabbing the moment and living the day It's been way too early that you were taken away
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,550
  • Thanked: 394 times
    • dustriders.co.za
Re: Dorsland tref Os
« Reply #3 on: December 06, 2012, 03:26:42 pm »
Daai linkervlerk lyk nie lekker nie.
Jy moet dokter toe en binne laat kyk.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline RobC

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 13,576
  • Thanked: 224 times
  • Bloemfontein
Re: Dorsland tref Os
« Reply #4 on: December 06, 2012, 03:29:45 pm »
Laat kyk maar na daai arm.

Os lyk woes ontevrede... "As Baas nou nie voor my ingery hettie het ek nou vlakvark bene gekou!" :patch:
« Last Edit: December 06, 2012, 03:32:55 pm by RobC »
 

Offline Riebeeker

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,812
  • Thanked: 1 times
Re: Dorsland tref Os
« Reply #5 on: December 06, 2012, 03:38:47 pm »
Toe ek die opskrif sien dink ek dat Dorsland vir Stoetie gebliksem het!   :peepwall:

Sterkte met die herstel! As ek Os was sou ek daai voorwiel pap gebyt het  :ricky:
Don't argue with an idiot. He will drag you down to his level and beat you with experience.
 

Offline sandrot

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure S
    Location: Western Cape
  • Posts: 606
  • Thanked: 9 times
Re: Dorsland tref Os
« Reply #6 on: December 06, 2012, 04:01:20 pm »
hello ou dorsland

ek is ietwat besorg oor ou os, jy sal maar van daai pers sproei op daai wond van hom moet spuit.

o ja amper vergeet ek, hoop jy is ook ok.lol

strekte met die herstel ou maat.

KTM 950 Adventure S
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,051
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland tref Os
« Reply #7 on: December 06, 2012, 04:27:38 pm »
Dankie vir die beterskap wense kerels.  Daai Os is my oog se appel en ek was baie jammer vir hom maar hy is waaragtig so taai soos 'n ratel.  Ek, aan die ander kant ...  

Julle het nou reggekry wat my 2IB nie kon nie, en dis om my te oortuig om die dokter te gaan sien.  More,  09h30.  Ek laat weet julle.

Os sÍ dankie vir die beterskap wense.  Hy sal julle nie byt nie as julle kom kuier  ;)
« Last Edit: December 06, 2012, 04:28:07 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline BlueBull2007

  • Caribbean
  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Other
  • Posts: 10,214
  • Thanked: 277 times
Re: Dorsland tref Os
« Reply #8 on: December 06, 2012, 04:31:31 pm »
Hau!  Dorsland, bly jy en die hond is ok!  Flip maar Os is n taai ding! Looks like you came off second best.  :lol8:

Baie snaaks! ;D
Rally nut. What could possibly go wrong?
Living the Rally Dream - Ride Report
Current bike: KTM 350 EXC   Previous bikes:  2010 WR450F, 2006 KTM450EXC,KTM 450RR, BMW800GS, KTM450EXC, BMW650 GS, BMW650 Dakar, and Honda XR250
 

Offline Pullaway

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Kawasaki KLE 500
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,310
  • Thanked: 15 times
Re: Dorsland tref Os
« Reply #9 on: December 06, 2012, 06:55:51 pm »
Hoop julle twee voel vinnig beter! Is jy seker die hond het jou nie dalk aan daardie arm kom byt, oor jy oor hom ry nie? In elk geval n lekker storie! :thumleft:
It's better to burn out than to fade away!
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,051
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Dorsland tref Os
« Reply #10 on: December 06, 2012, 07:03:27 pm »
 :thumleft: asseblief moenie blomme stuur nie, maar laat weet as ek die Dorsland VroeŽ Aftreefonds se bankbesonderhede hier moet pos  :imaposer:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline RassieGS

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: North West
  • Posts: 339
Re: Dorsland tref Os
« Reply #11 on: December 06, 2012, 09:01:25 pm »
Joe Dorsland daai arm lyk nie lekker nie. Jy moet maar laat kyk en rooi wyntjie vat om die bloed dun te hou.
 

Offline JK

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1090 Adventure R
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,984
  • Thanked: 20 times
Re: Dorsland tref Os
« Reply #12 on: December 06, 2012, 09:07:55 pm »
Eish eina man. Hoop nie te slegte nuus by die dok nie. Lyk my jy sal maar daai ZAR aan my moet verkoop en vir jou n kleiner cc fitsie koop. Miskien its met 4 wiele :pot:
 
When u are on tar u are lost  !
 

Offline Motties

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,989
  • Thanked: 1 times
  • Was Darksider
Re: Dorsland tref Os
« Reply #13 on: December 06, 2012, 09:10:33 pm »
Hel, dis 'n mooi hond!
'16 KTM 300 XCW
 

Offline roxenz

  • rocks make sense
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,368
  • Thanked: 78 times
  • cheerful yesterdays and confident tomorrows
Re: Dorsland tref Os
« Reply #14 on: December 07, 2012, 07:08:14 am »
Naais RR, Dorsland!   :imaposer:
 

Offline Buff

Re: Dorsland tref Os
« Reply #15 on: December 07, 2012, 07:33:29 am »
 :imaposer: :imaposer: :imaposer: Ek is moer jammer maar ek met myself nou fuktup gelag want ek sien die julle storie gebeur in my kop  ;D Dit is amazing hoe hard jy neerslet as jy dit nie verwag nie... Been there done that, got the scars  :-[
Bly julle is altwee redelik okay  :thumleft:
Present bikes: BETA 300RR, KTM 690, Yamaha WR250F

If you're dumb you gotta be tough !!!
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,127
  • Thanked: 30 times
  • East London
Re: Dorsland tref Os
« Reply #16 on: December 07, 2012, 07:41:33 am »
Sterkte Dorsland!  Os is ook seker 'n bietjie rustig en moerig  :biggrin:

Laat weet wat se die kwak.
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Swart Gevaar

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,119
Re: Dorsland tref Os
« Reply #17 on: December 07, 2012, 07:45:52 am »
Ouch, lyk moer seer
You know you've landed with the wheels up when it takes full power to taxi to the ramp.
 

Offline Dwerg

Re: Dorsland tref Os
« Reply #18 on: December 07, 2012, 07:53:09 am »
Eina daai arm lyk seer! Hierdie is hoe my heup gelyk het die dag na my val. 'n Week later het die hele regterkant van my lyf omtrent so gelyk. 2 ribbes ook af so ek simpatiseer 100%. Dis nou al 'n maand later en ek piepie nogsteeds so bietjie in my broek elke keer wat ek hoes of nies  :o
Current: KTM 690R
Previous: KTM 790ADV, 640ADV, 950ADV, 250XCW BMW F650GS Single, F650GS Twin, F800GS, G450X, R50/2 Honda CRF450X, CRF230 x 2, VFR400 NC30, Z50 Mini Trail Yamaha BWS100 x 2, LB80 Chappy
 

Offline WP

Re: Dorsland tref Os
« Reply #19 on: December 07, 2012, 08:01:44 am »
Ek hou baie van die manier hoe jy die storie beskryf... En Os is beslis 'n toepaslike naam vir die hond!

Sterkte met die beterskap!  :thumleft: