OK manne, laasnag terug vannie
slagplaas hospitaal af. Dr stuur my gisteroggend soëntoe om die Hemotoom (erge bloeding in die weefsel) te verwyder, dreineringspyp in te sit en bietjie skoon te maak. Voel darem nie vandag heeltemal so eina nie. Loop nou met 'n sakkie saam vir 3 dae dan kom hy uit die arm uit.
Kan so 'n verdowing jou nou lam maak. Ek het geëet, 2IB my by die hospitaal kom haal, terug plaas toe, skynbaar met die dokter en nursies in die hospitaal gepraat, by die huis tee gedrink. Onthou niks daarvan nie. Gaan my roes vandag afslaap. Dankie vir al die beterskap wense (en grappies julle

)
En ou Os het my ook mooi vriendelik gegroet.
JK: kwat sê jy? Geen manier nie! Ek sê vir Simon, my voorman, ek ruil hom die XR vir sy dikwiel. Hy lag so hard hy val amper om.
Dwerg:daai is 'n lekker eina plek om te val. My kneuse is al so geel ek kom sonder 'n paspoort Sjina in

Aangesien ek so lelik is en daar so baie is wat van ou Os hou, pos ek sommer nog 'n foto van hom toe hy bietjie jonger was: