Aleen Trip in November... Is nou klaar!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Johan14

Race Dog
Joined
Jul 14, 2010
Messages
528
Reaction score
0
Location
Somerset West
Bike
BMW F800GS
Hallo Honne

Ek het verlof vir twee weke en het besluit om n draai te gaan ry. Daar was nie regtig n roete beplan nie, maar ry wil ek ry. Ek sou alleen moes ry, alhoewel dit nie dit nie is hoe ek dit verkies nie, maar wat moet n ou doen. ???

Ek trek toe Dinsdag oggend so 7:30 in Somerset Wes weg “foto 1”. Die plan was om Rooiels om te ry, dan met die Hemel en Aarde pad tot by Bredasdorp. Van daar, oor die pond by Malgas na Vermaaklikheid en Stilbaai. Om te stop in Gourits.

Eers ry ek op tot bo by Steenbras dam “foto 2”. Daar is altyd n mooi view van daar af oor False Baai. Ek ry toe aan en stop by die manne wat kyk vir haaie. "foto 3-4” Hulle het blyk baar die dag voor die tyd 2 gesien. Volgens hulle was die haaie sommer vlak gewees.

Deur Rooiels, Pringelbaai en Betty’s Baai tot in Kleinmond. Daar gestop by die Sasol vir 2 “garage pies” en n Fanta. Die stuk pad van Kleinmond na die Karwyderskraalpad is maar boring en ek kan toe nie meer wag vir die grondpaaie nie. Regs gedraai by Arabella, Hermanus se kant toe en links op die Karwyderskraalpad.  Nie lank daarna nie is dit grondpad!!!

Daar was nogal baie padwerke gewees en soos dit my lyk gaan die Hemel en Aarde pad een van die dae n teerpad wees. Wat n jammerte. “foto 5”

Nadat ek regs gedraai het vanaf die Hemel en Aarde pad ry ek in Bredasdorp se rigting. Ry lekker op die goeie grondpad en stop om my “garage pie” en Fanta te geniet. “foto 6-7”

Stop in Bredasdorp om vol te maak en gesels toe met n oom wat so 20 jaar terug n donkie getref het met sy bike in Bredasdorp se hoofstraat. Shame, dink dit moes hard gewees het, want hy het n uur later in die hospital wakker geword en loop nogsteeds snaaks. :eek:

Van Bredasdorp vat ek die pad na Riviersonderend en draai af na die pond. Dit is altyd n mooi pad. n Ou kan n goeie spoed handhaaf en die plase is regtig baie mooi. Ek het die pad al n paar keer gery oppad na my ouers in Gourits. Die keer was daar n padskraper wat voor my wou inry maar die 800 het hom darm gemis. :peepwall:

Voor die Pond stop ek eers by die Brede Rivier Trading Post “foto 8”vir n koue koeldrank. Op die pond en oor die rivier. “foto 9” Die grondpad van daar tot deur Vermaaklikheid is “lekker” :biggrin: met  n paar baie mooi rivier driffies. “foto 10”

Ek ry toe deur Stilbaai na Oom Chris L se huis. Sy hek was toe en my wonderlikke foon het nerens sein gehad nie, ek kan net sowel n landlyn kry.  Van daar met die grondpad tot in Gourits. By die huis aangekom het ek afgepak en gaan kyk na die see. Soos meeste van ons se Ma’s maar is word ek lekker bederf die aand met ‘n heerlikke bord kos. (Jou Ma se kos is mos maar die beste!!!)



 

Attachments

  • 2.jpg
    2.jpg
    36.4 KB · Views: 586
  • 1.jpg
    1.jpg
    81.6 KB · Views: 594
  • 10.jpg
    10.jpg
    60 KB · Views: 569
  • 9.jpg
    9.jpg
    94.1 KB · Views: 573
  • 8.jpg
    8.jpg
    82.7 KB · Views: 582
  • 7.jpg
    7.jpg
    56.9 KB · Views: 580
  • 6.jpg
    6.jpg
    74.8 KB · Views: 586
  • 5.jpg
    5.jpg
    71.3 KB · Views: 583
  • 4.jpg
    4.jpg
    80.8 KB · Views: 589
  • 3.jpg
    3.jpg
    46.4 KB · Views: 591
Top