Geelkaart virre broodwinner

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
    Die laaste paar weke het dit maar dik gegaan hier by my.(werk vir myself) Op die besluit ek om vandag n slag vir Cutting Torch uit te neem vir n trippie.Toe sy met die oggendkoffie instap,gee ek haar 3 roete-opsies vir die dag.Baie dankie,maar sy is bang haar seer skouer pak op en beduiwel my dag.OK,dan los ons dit maar.O nee,jy gaan op jou eie ,want as jy hier bly,loop die masjiene kort voor lank weer.Ry na Veldbrand se plek,eet iets en koop sommer vir ons n slag kaas op Ladismith.Dit klink vir my soos n GEELKAART en ek is die broodwinner.Kyk,dis nie maklik om n man te wees nie.Dis 150 km. oor rowwe terrein,in wind en weer ,maar nou-ja,n geelkaart is n geelkaart.
    Ek het al my flikker aangesit vir die Ouberpad,toe besluit ek daarteen en hou die teerpad na Barrydale.Koffie by die Country Pumpkin.Ontmoet daar gawe egpaar wat van Middelburg oppad is Vredenburg toe na hul dogter op n bielie van n bike.
 

Attachments

  • Topklas.jpg
    Topklas.jpg
    188.9 KB · Views: 434
  • Egpaar.jpg
    Egpaar.jpg
    156.4 KB · Views: 432
Top