Kom ons gaan haal gou water

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
3,958
Reaction score
1,066
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Saterdag gaan haal ek water en ry in Jim die Skotsman wat pal "lekker" se en sommer heelwat Afrikaanse woorde ken vas in Barrydale. Lekker ou, die Jim.
Sien, as ek lus voel om bietjie bike te ry, bederf ek soms my vroutjie. Sy vrek oor fonteinwater. Dan laai ek n paar 5L waterhouers en ry die berg in en maak die waterhouers vir haar vol.

My seun wou Saterdag saamry maar ek se ek wil ver ry, so hy kan nie saamry nie. Die verste wat hy nog gery het was seker so 20 km. Hy het my daardie dag gevang toe hy skielik huis toe wou gaan. Ek onthou sulke dinge - as iemand inmeng met my bike ryery.

Hy bly toe maar Saterdag agter en dit was seker beter so want daar was maatjies by hom toe ek terugkom. Maar hy laat my toe belowe ons kan Sondag in draaitjie gaan ry. Want dis nou skoolvakansie en nie sondagskool nie.

Ek se toe Sondag oggend voor die vroumense wakker word, maak ons twee dat ons wegkom. Hy vra hoe laat ons dan gaan terugkom en ek spot en se 4 uur. Stilletjies beplan ek om hom met n bikers breakfast by die Pampoenwinkel te verras. Dis nou as hy so lank kan stilsit dat ons daar kan uitkom.

Sondagoggend kom en ek is vroeg wakker. Nie lank nie toe kom mannetjie uitgestap. Gestewel en gespoor. My vrou le nog maar roep my. Hoe laat kom julle terug?
Nee, seker nie lank nie, jy weet mos hy kan nie so ver stilsit nie.
O se sy, hy se julle kom 4 uur terug.
Ek lag - Nee wat sommer gespot.

So ry ons. Deur Tradouwspas. Ek wag heeltyd dat hy my op die skouer klop. Hy hou daarvan om teen die rotse uit te klim so sal seker wil stop. Op n stadium vra ek of sy boude al seer is en hy herrinder my daaraan dat hy twee maal n week perdry - sy boude is tough. Maar ons is later deur die pas en nog nie gestop nie. Ry Barrydale binne. Ek sal moet petrol ingooi nie gedink ons sal so ver kom nie, maar kom ons gaan eet iets.

By die Pampoenwinkel bedank n klient (later vir Bokveld ontmoet) sy Old Brown Sherrie en ek kry dit. Kort daarna bring hulle nog een. Ons is mos twee bikers maar hy is nog maar net 9 so ek vat n groot hap en los vir hom so bietjie. Raak aan die gesels met die ou by die tafel lansaan en vind uit dis Bokveld van Montagu wat langs ons sit.

Gou nooi hy ons saam Ladismith toe. Vir Veldbrand gaan groet en kaas koop. Ek het al Veldbrand se plek gaan soek en wil graag n draai gaan maak maar ek is nie so seker dis n goeie idee nie. Ons het reeds verder gery as ooit. Ladismith is nog 70km verder (en net so ver plus 45km weet terug tot by die huis) maar Aidan se hy is in, ons kan ry. Ek is lus vir ry so dis n maklike besluit.

Nouja toe ry ons! En dit was een van die beste dae se bike ry wat ek nog gehad het, en definitief die begin van groot dinge.
Ons het toe op die ou einde NA 4 eers by die huis gekom en ek sukkel om vroutjie te oortuig dit was nie beplan nie!

Vannaand kla hy sy rug is seer (dit was toe net sonbrand).
Ek se dis seker van te veel bike ry.
Hy kyk my aan en se: "Daar is nie so iets soos te veel bike ry nie."

Hier is n paar fotos. Jammer vir die crappie sel fotos my BB is verlede week gesteel en het die ou foontjie in die laai gekry.
 

Attachments

  • Photo-0052.jpg
    Photo-0052.jpg
    83.1 KB · Views: 217
  • Photo-0050.jpg
    Photo-0050.jpg
    65.3 KB · Views: 218
  • Photo-0051.jpg
    Photo-0051.jpg
    92.8 KB · Views: 216
  • Photo-0049.jpg
    Photo-0049.jpg
    96.9 KB · Views: 221
  • Photo-0048.jpg
    Photo-0048.jpg
    69.3 KB · Views: 218
Top