Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

woody1

Bachelor Dog
Joined
May 21, 2012
Messages
13,203
Reaction score
1,998
Location
Riversdal Weskaap
Bike
Yamaha Super Tenere
Na my en TVB se trein ry trippie was dit nou my en my seun Francois se beurt om die mooi land te verken.
Hierdie keer het ek 'n paar dinge op die lys gehad wat ek wou sien en doen.
1. Gaan ry deur die Tonnel by Van Reenen rigting Ladysmith
2. Gaan wys my seun die Mooi Rivier Waterval
3. Ry weer die grondpad van Nottingham Road na Underberg
4. Gaan foutloos Sani Pas op.
5. Drink 'n koue Maluti biertjie (660 ml) bo op Sani en koop vir hom die Sani Paspoort.
6. Ry via Thaba Tseka tot by Katse dam.
7. Besoek damwal.
8. Ry die westelike pad OM Katse.
9. Gaan wys hom waar Katse se water anderkant Clarens uitloop
10.Kom veilig by die huis aan.
Ek kan se dat ons 1715 km die naweek afgele het met net een MODDER MONSTERTJIE wat 'n Blou Smurfie gehap het... gelukkig niks erenstig nie.....Francois was 'n bietjie styf maar het deurgedruk.  Sal later alles vertel.

Nou al die foto's en video bewerk en dan kan julle begin kyk..
DON't RUSH me.... ek is oud en stadig en moet ook nog more werk !!!! so WAG !!
 
Top