Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.  (Read 1699 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,478
  • Thanked: 311 times
SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« on: December 19, 2012, 11:04:38 am »
Wat kan ek s, die knieg is uigesort, die Dr is happy, die vrou is happy en ek is happy.   :biggrin:  Die vorige week se toetsrit,
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=113234.0
was n sukses, so dit was nou tyd vir n langer trip.   :deal:

Ons het al so paar kere daar in Oudtshoorn se omgewing rond gerits, maar ons staatmaker GPS, ChrisL  :thumleft:, het onlangs  vir my goeie inligting gegee aangaande Rooibergpas en onder andere Cloetespas.  Dit was langnaweek en ek skat ek kan die trippie inwerk oor 3 dae.
Ons beplanning was om die Saterdag uit King Williams Town te vertrek tot by De Rust, daar oor te slaap en die Sondag n sirkel roete doen oor Rooibergpas, dan Cloetespas en terug na De Rust.  Die Maandag sou dit weer terug King toe.

Dag een se roete.


Soos gewoonlik kan n mens die roete beplan na hartelus, maar die weer kan jy aan niks doen nie.  Die oggend was ons oudergewoonte vroeg uit die kooi en op die pad, reen en al.   :eek7:
 

Die reen het ons besig gehou tot net so voor Bedford, die kiekie is in Bedford geneem.


Bruintjiehoogte, oppad na Pearston


Die eerste stukkie grondpad vir die dag na Jansenville.  Vandat ek by die huis weggetrek het hol die bike die wereld vol, iets voel net nie lekker nie, maar ek skryf dit toe aan die nat teerpad, maar toe ek die grondpad slaan toe hol die fiets nog steeds in alle rigtings.  Ek stop maar en blaas die bande so bietjie af, maar nogsteeds dieselfde probleem.  Soos ChrisL s, smaak ek ry n ander man se bike.  Ons ploeter maar voort, want ek sien niks fout nie.   Die pad is wel stuk stuk modderig, maar niks ernstig nie.  Ek s vir myself dit is seker maar die modder wat so plek plek opduik.






So 10kilos voor Jansenville klim ons weer op die teer, nog so 4 kilos aan stop ons by die padstal vir n brekkie.
Die son sit  nog laag maar is klaar besig om sy krag te wys.  Die fiets staan maar in die skadu.


Daar is hordes van die op die pad.


Die manne daar op die Good food en Braai thread praat nou die dag van pie, chips en gravy, vandaar is ek so lus vir die bedryf.  :drif:


Ons was nog so besig om te eet, toe kom daar nog n biker en pillion ingetrek, hulle fiets is lekker vol modder.  Ons groet vlugtig en ek bekyk die fiets en sy se mense so onderlangs.  Iets wil n klokkie lui, maar ek bly maar stil, ek is maar van die skaam soort.   Die volgende oomblik staan die man hier langs my en s hy sien die Wilddog sticker en stel homself voor as Mother, dis toe dat die klokkie lui.  Ek volg die man se fotos van die Namibia trip draad ywerig en wou ook al een van sy jaar eind jolle bywoon.  Hier is die mense in lewende lywe.




Hulle is vroegoggend weg van Cradock en het so deur die modder aangeploeg gekom tot hier.  Hulle is nou min of meer op dieselfde roete as ons tot by De Rust.  Net daar besluit ons om so entjie saam te ry.  Ek het egter besigheid gehad om te doen in Klipplaat en skiet so paar minute voor hulle daarweg.  Ek sluip Jansenville binne, Bie se dorpie, maar sy skerpskutters is vas aan die slaap en ons sluip daardeur  sonder om opgemerk   :peepwall:  te word en is veilig oppad na Klipplaat.
Klipplaat se ou kerkie


Terwyl ons vir Mother wag speel vroutjie alweer.  :biggrin:


Mother daag op en ons slaat so agterpad na Willowmore, dis die eerste keer vir my op die pad, ChrisL het ges dis n mooi pad.
 

Die donderwolke staan stewig, maar ons ry onder hulle uit.


Die wreld moes goeie reens oornag gehad het.


Mother briek hande viervoet toe hy die skillie sien, hy s dis die grootste een in n lang tyd wat hy gesien het.


So paar kiekies van die lekker pad.


Die mense geniet die langpad.












Toe is dit op die enkel sementpad tot in Willowmore.
 

Willowmore moes ons gou sousies tap en Mother het nog n paar honderd kilos wat vir hom voorle en besluit om teerpad te slaan om tyd op te maak.  Ons groet soos ou vrinne en elkeen slaan sy eie rigting in.  Veilig ry julle, dis was 'n voorreg om julle te kon ontmoet.  Hoop om binnekort weer raak te ry.   :thumleft:


Ou Skollie is die tjor se naam.


Ek en vroutjie is weer op die pad na Klaarstroom.
Iemand het die boom net halfpad gesaag


Die pad ry te lekker en die fiets is al hoe stewiger op die pad, daars niks van rondhol meer nie.  Ek reken toe maar dis die nuwe agterband wat ek laat opsit het wat nou lekker ingeloop is.


Vroutjie het tot tyd vir speel.
Die goggas het ons al lekker bygekom, kyk net hoe vuil is die helmets.   ::)




Gou n draai gemaak by die siding.
Vondeling stasie


Ai, dis  hartseer om die gebou so te sien.


Hierdie riviertjie was lekker vol.




Nog so paar kiekies van die pad na Klaarstroom.






Die ou het met 'n slakkepas van voor af gekom. Ek weet nie waarheen hy oppad was nie, maar problem sal hy voorentoe kry. 








Die uie staan mooi.


Toe kom ons uit op die N9 teerpad net noord van Meiringspoort. 
Meiringspoort oppad na De Rust.






In Meiringspoort stop ons by die watervalle, maar dis net karre waar jy kyk, smaak my die hele Vrystaat, Transvaal (Noord, Oos, Suid en Wes) is hier, dis net mense waar jy kyk.   :eek7:   Ek vat so rustige draaitjie om te parkeer.  Ek hel lekker oor vir die draaislag, maar my spoed is ver te min, en net daar donder ons neer, voor al die mense.  Ek sal nie s wat my vrou ges het nie, anners sal ek n ouderdomsbeperking op die RR moet sit.  Ek het lekker gat gevoel, maar rustig die bike opgetel asof ek n ou pro is, sidestand uitgeskop , n sigaret aangesteek en rustig gerook.  (Met die helmet op)  :-[   








Die ou verkoop roosterkoeke, nadat ons ingeboek het is ek terug om n paar te koop vir die aand se braai net om uit te vind die man is weg.  Ai tog.


n Welverdiende lafenis na n lekker, maar lang dag in die saal.


Dag een was afgesluit met n heerlike braai.

Dag 2 volg...............
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline Brandt

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,496
  • Thanked: 1 times
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #1 on: December 19, 2012, 11:14:29 am »
Baie mooi, lyk na lekker trippie  :thumleft:
 

Online Grrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,791
  • Thanked: 569 times
  • HKGK !!!
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #2 on: December 19, 2012, 11:17:10 am »
Ons het mekaar toe net mooi misgery die naweek. Soos julle opkom het ek net 'n rukkie na julle afgegaan. Gister toe ek deur daai tweespoor rivierbedding naby Vondeling is toe is hy kurkdroog, maar ek misreken my toe lelik met die nat sand en is amper gat oor kop.
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,343
  • Thanked: 67 times
  • East London
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #3 on: December 19, 2012, 11:18:03 am »
Polse is gesny omdat ek nie saam is nie . . . . . . . .  :(

Ons ry lekker saam  :biggrin:

Soos altyd 'n fees om te lees.
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,186
  • Thanked: 842 times
    • dustriders.co.za
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #4 on: December 19, 2012, 11:41:12 am »
Bie se skerpskutters  :imaposer: :imaposer:

Net n interssantheidjie oor die uie wat so mooi staan.
Praat gister met n klient in De Rust. Vanjaar om een of ander rede wil die bye nie werk op die uie.
Hulle het al n biddag vir byebestuiwing gehou!! I kid you not!!
Vir hom wat n groot uiesaadboer is beteken dit vanjaar verlies aan inkomste +- 14 miljoen en dis nadat
3500 volstruise van hom geslag is en onder die grond begrawe is omdat hul volgriep het. :eek7:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,343
  • Thanked: 67 times
  • East London
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #5 on: December 19, 2012, 11:56:20 am »
Bie se skerpskutters  :imaposer: :imaposer:

Net n interssantheidjie oor die uie wat so mooi staan.
Praat gister met n klient in De Rust. Vanjaar om een of ander rede wil die bye nie werk op die uie.
Hulle het al n biddag vir byebestuiwing gehou!! I kid you not!!
Vir hom wat n groot uiesaadboer is beteken dit vanjaar verlies aan inkomste +- 14 miljoen en dis nadat
3500 volstruise van hom geslag is en onder die grond begrawe is omdat hul volgriep het. :eek7:

Dooie ouers!!
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,478
  • Thanked: 311 times
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #6 on: December 19, 2012, 11:59:52 am »
Ek gaan nounou komentaar lewer op julle se goed, maar hier is eers so stukkie van die 2de dag.

Dag 2

Die 2de dag sal maar in sarsies gedoen moet word, vroutjie was weer lekker laf met die neem van die kiekies
Die roete.


Vroegoggend weer in die saal en net uit De Rust sien jy die mooie tonele.




The BIG Blue




Op die pad na die Oude Muragie.  Dis darem n lekker pad die, lekker draaie en op en af.










Kobus Raubenheimer dam


Skade van die vorige dag se omval, toets geslaag.


Toe is ons al langs die Swartberge na Groenfontein.   Ek het baie lus gevoel om gou n draai daar bo te maak en weer terug te kom, maar geweet die tyd sou my inhaal.


So paar langnekke.  Ons het redelik wild gesien.




Nog oppad na Groenfontein




Groenfontein toe draai ons links, ek het al voorheen regs gedraai en ken daai gedeelte.
Ek kannie onthou wat noem hulle die poort nie, Rooipoort of so iets.  Maar wat n mooi poort.






















Sien jy die gat.......


Dag 2 vervolg......
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,186
  • Thanked: 842 times
    • dustriders.co.za
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #7 on: December 19, 2012, 12:05:06 pm »
Kruisrivier se "Hole in the Wall" :thumleft: ;)
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline buzzlightyear

  • I'm Buzz Lightyear. I come in peace.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 7,963
  • Thanked: 21 times
  • To infinity and beyond
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #8 on: December 19, 2012, 01:07:47 pm »
En die snaakste is daai rooi is nooit dieselfde op fotos nie. Baie mooi om dit te sien  :thumleft:
"All that is necessary for the triumph of evil is that good men do nothing." (Edmund Burke)
 

Offline Riebeeker

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,812
  • Thanked: 1 times
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #9 on: December 19, 2012, 01:48:16 pm »
Tipies nuwe Suid-Afrika alles tot in Willowmore moet verander  :imaposer:

Sien Ollie se naam is verander na Skollie en het darem 'n nuwe Plascon-baaitjie ook gekry!
Don't argue with an idiot. He will drag you down to his level and beat you with experience.
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,478
  • Thanked: 311 times
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #10 on: December 19, 2012, 02:11:09 pm »
Ons het mekaar toe net mooi misgery die naweek. Soos julle opkom het ek net 'n rukkie na julle afgegaan. Gister toe ek deur daai tweespoor rivierbedding naby Vondeling is toe is hy kurkdroog, maar ek misreken my toe lelik met die nat sand en is amper gat oor kop.

 :laughing4:

En die snaakste is daai rooi is nooit dieselfde op fotos nie. Baie mooi om dit te sien  :thumleft:
Praat jy, ek was heel geskok toe ek die fotos sien, glad nie soos ek dit daar gesien het nie, maar dit bly mooi.

Tipies nuwe Suid-Afrika alles tot in Willowmore moet verander  :imaposer:

Sien Ollie se naam is verander na Skollie en het darem 'n nuwe Plascon-baaitjie ook gekry!
:imaposer:  Sorry Riebeeker, die tjor se naam is nog dieselfde, Ollie, ek kon onthou dit was so iets maar kyk toe nie op die kiekie nie, maar aan die ander kant, hy lyk soos 'n skollie.   :biggrin:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,478
  • Thanked: 311 times
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #11 on: December 19, 2012, 02:18:33 pm »
Van hier was dit n vinnige draai in Calitzdorp vir petrol en koeldrank en water, want die son het nou beginne met sy stront.   Dit was nog voor nege en die kwik het al op 27 gestaan.  Ons het geweet ons gaan vandag braai, maar vleis sou dit nie wees nie.
Van Calitzdorp was dit oor Rooibergpas na Van Wyksdorp.  Hier is die kiekies.






























Die rivier het so baie klippe, ek noem hom sommer Kliprivier.


Van Wyksdorp


Ons was so bietjie vroeg hier, toe besluit ons om maar ChrisL se raad te volg, ry deur na Veldbrand se plek, Koedoeskloof en eet so ietsie daar.

Oppad na Ladysmith.






Koedoeskloof.


Daar kry jy die heerlikse Kuduburgers, flippen groot vertel ek jou.


En die gaafste mense


En natuurlik tyd om te groet.  Dit was baie lekker gewees om julle te ontmoet, ons sien julle defnitief weer.
Veldbrand, jors troelie homself.


Dag 2 vervolg

No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,478
  • Thanked: 311 times
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #12 on: December 19, 2012, 02:24:24 pm »
Toe is dit weer die pad terug na vanwyksdorp, vandaar was dit Cloetespas, hiers die kiekies.




Peepee met n view




Die Gouritz rivier






Teen die tyd was dit bloedig warm, tyd om die klere so bietjie nat te kry.




Toe is dit weer vort na Hagenkraal




Pragtige wreld hieraf.








Op die teerpad kry jy die padstal, hulle verkoop petrol per liter, jy gooi soveel liter en dit kos jou soveel rand, gin sente nie.  En die perde koop ook by die winkel.




Hiervandaan was ons opgebrand, en dit was Robinson pas uit na Oudthoorn en weer die Oude Muragie pad terug na De Rust










Ons het lekker warm en moeg by De Rust aangekom en maar min geet die aand, ons was nog vol van Veltie se kos.

Dag 3 volg
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,456
  • Thanked: 983 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #13 on: December 19, 2012, 02:49:34 pm »
Sulke bliksems!!
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,375
  • Thanked: 75 times
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #14 on: December 19, 2012, 03:26:17 pm »
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,478
  • Thanked: 311 times
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #15 on: December 19, 2012, 03:30:47 pm »
Dag 3

Die Roete


Dis altyd die slegste dag vir my, om weer terug te ry, maar kom ons maak die beste van n slegte saak.
Maak reg vir die pad terug


Ons is weer vroegoggend in die pad en ry reguit die son in.
So paar kilos buite De Rust oppad na Willowmore kry jy die mooi bergie.




Willowmore tap ons weer sousies en vroutjie neem weer kiekies.


Die voeltjie bou vroegoggend sy huisie.


Toe is dit al langs die enkelbaan sementblad na Steytlerville.


Ons het verskriklik baie van die skilpaaie op die stuk pad gesien, ek het later ophou tel.


By Steytlerville se Royal Hotel gestop en die pense vol gehou.


Die enigste skaduboom was reeds geneem, toe moes sy maar in die son staan.


Die vlae teen die koppie


Net buite Steytlerville na Noorspoort neem ons die grondpad links na Jansenville.  
Die pad is mooi met hier en daar tekens van lekker reen die afgelope tyd.
 







n Ou verlate kerkie tussen niks en nerens.


Toe is dit weer sulke tyd, ek moet deur Jansenville sluip sonder om opgemerk te word en waaragtig, ek kry dit virn 2de keer reg.  Bie, jou skerpskutter moet gefire word.
Net buite Jansenville klim ek weer daar op n grondpad wat later aansluit by die Waterford pad.  Dis n mooi stukkie pad die, ek sal hom nie graag wil ry as dit reen nie.




Ek vermoed dit is die Sondagsrivier daaronder


Die driffie was snotglad, ek het geen kanse hier gewaag nie en maar daar deur gepaddle, en ek wou nog steeds gly.




Nog so paar kiekies van die pad










En ons het nie van JMOL vergeet nie


Toe is dit met die Waterfort pad na Pearston, maar ons sal weer afdraai voor ons in Pearston kom


Die mannetjie probeer wegkom dat die stof so staan.


Die buffel was gelukkig aan die ander kant van die draad.


So paar kilos voor Pearston vat jy n links afdraai wat al langs en oor die Vogelrivier loop, dis die een wat ons nou ry.




Weer tyd vir lafenis




Die laaste stuk grondpad net voor Somerset Oos.


So kom n lekker trippie op n einde, die laaste 200km huistoe was n eentonige warm teerpad, maar ons het die huis veilig gehaal.

Dankie vir al die komplimente sover en dankie vir die lees.  Tot n volgende keer.

Die Arende
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline Tiger8

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure S
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,093
  • Thanked: 40 times
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #16 on: December 19, 2012, 03:37:10 pm »
Lekker RR, die wereld is darem mooi, 2 weeke terug was ek in daai kontrei en daai diep modder en water was nerens te sien nie, net helse baie stof. Sien uit om lekker met julle te gesels die naweek wag kom  :thumleft:
Don't Sweat the Petty Stuff & Don't Pet the Sweaty Stuff!
Triumph Sprint 1050ST
Yamaha WR450F
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,186
  • Thanked: 842 times
    • dustriders.co.za
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #17 on: December 19, 2012, 03:37:48 pm »
Dis nou n langnaweek wat van hoek tot kant volgebruik is. Lekker!! :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline krister

Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #18 on: December 19, 2012, 03:46:17 pm »
Lekker een!  Dankie vir die meedeel!  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:
Previous Bikes: Suzuki TS50ER; Suzuki GS1000G; Kawasaki Z1000; Yamaha XT500; BMW F650GS; BMW R1150GS; BMW R1200GS Adventure; BMW R1200GS
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,456
  • Thanked: 983 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: SOMMER SO HIERT JY LANGNAWEEK TRIP.
« Reply #19 on: December 19, 2012, 04:42:52 pm »
Wat?!!, twee keer by my verby sonder om te kom groet. Ek gaan dit nie gou vergeet nie.  :dousing:
Kom ons maak 'n stoffie.